Kaas om die Franse brood in te dip
Maart 14, 2008
Hierdie is kaasdip met flair. Jy sal jou mede eters uitboul.
As jy ‘n camembert kan kry in sy houthouertjie, soveel te beter. Neem die kaas uit die houertjie, sny die boonste gedeelte van die wit buiteblad af met ‘n skerp mes. Die onderkant en die sykant kan sy wit buiteblad hou.
Sit terug in die houthouertjie, met die oop kant na bo. Neem vars tiemie, en trek van die takkie af. Sprinkel bo-op, asook ‘n kirts growwe sout, en ‘n drupsel olyf olie.
Druk in ‘n oond, en smelt die kaas vir ‘n paar minute.
Haal uit, kyk of die houthouertjie se kant nie wil afkom nie, hou die onderkant, sit op ‘n mooi bord en breek die brood met jou hande - gesnyde brood is so alledaags en boring – pak dit rondom en doop dit in die gesmelte kaas.
As jy nie van die houtverpakkings het nie, sit dit sommer in ‘n ramakin, of ander klein, oondvaste houer. Die idee is dat die kaas sy vorm hou, en jy dit ‘uitskep’ uit sy omhulsel.
Mmm, heerlikheid in oormaat.
Entry Filed under: Lekker maklike kos. .
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed