RSS

‘n Boer se pannekoek

17 Mrt

Uit die Siel van ‘n Boer, laat weet daar uit ‘n nat Transvaal (seker al die rugby trane…) hy het die beste pannekoek resep, en as joune sou flop, is die eiers oud.  So simpel is dit.

Ek wil ook net iets se van self pannekoek aanmaak:  hierdie pre-mix goed wat deesdae op die mark is, is genoeg om mens suurkrop te gee.  Maak maar bietjie moeite en meet die meel af – die eindresultaat is soveel beter.

FAILSAFE PANNEKOEK

4 k meel
4 k water
4 eiers
1 t bakpoeier
1 t sout
1 k olie

M@*r alles bymekaar, klits ordentlik. ‘n Soplepel vol in ‘n 25cm pan bak ‘n
lekker grootte pannekoek, so teen die setting wat 5 sê op die meeste mense
se stowe.

Thanx Nico, eenvoudiger kan dit nie.  Ek hou natuurlik van so ‘n skeutjie brandewyn ook by die mengsel, voor dit pan toe gaan.  So saam met die kaneelsuiker, is die geur vreeslik gruwelik op die speekselkliere.  Los maar die 10jaar vir kaggelvuur sit, gooi sommer ‘n Klippie in die mengsel, niks daarmee fout nie. Probeer ‘n vulsel of ‘n bedruiping vir hierdie baksel – suiwer suurlemoensap, helder heuning, ‘n tuna in witsous met genoeg swartpeper, spinasie en ricotta, of as jy nie kan wag nie, ‘n bietjie gouestroop. 

 

 

 

 

Ek sal maar vanaand weer ‘n vleisie op die kole gooi, ons het immers 30 grade, maar bak julle Vaalies lekker – een van die dae volg ons jul voorbeeld.

About these ads
 
29 Kommentaar

Posted by op Maart 17, 2008 in Lekker maklike kos

 

29 responses to “‘n Boer se pannekoek

  1. boendoe

    Maart 18, 2008 at 11:34 nm

    Daar gee jy my nou ‘n idee met die spinasie! En dankie vir daai pannekoekresep. Ek het my Wenresepte by die huis gelos, en dis al resep wat sover failsafe was. Maar enige pannekoekresep wat soveel olie vra, sal ek glo. He? Dit maak ‘n helse verskil.

     
    • Willie

      November 15, 2012 at 7:58 vm

      Jis dankie ek as man is ma leke dom! Gaan vanaand, “Hoop dit reen leke” pannekoek maak.

       
  2. boendoe

    Maart 18, 2008 at 11:36 nm

    Oukei, Pa het nou net gese DIS wat hy vir lunch more wil he: pannekoek met spinasie en tuna! Jippie! Ek weet wat om te maak more!

     
  3. Skoor

    Maart 19, 2008 at 9:02 vm

    Jong, Nico sweer hierby, en ek sal darem graag wil hoor of jy dit beaam!

     
  4. boendoe

    Maart 19, 2008 at 1:36 nm

    Oukei, middagete het so pas leplek gekry in my maag, en hier is my terugvoering:
    Die pannekoekresep IS wraggies Failsafe, Foolproof, Flatervry en Fantasties. Selfs beter as Wenresepte s’n, want daar moet ek die eerste twee vir die hond gee. Hierdie het van Pannekoek 1 pragtig uitgekom.
    Die tuna, witsous en spinasiefilling het my man baie geval. Ek was dik na die eerste een, maar hy het ‘n tweede een gevat. En gewoonlik eet hy soos ‘n voeltjie. Ek verkies nou maar eenmaal my pannekoek met kaneelsuiker! Pa se egter dat die reseppie ‘morish’ is, maw I can make it more often!

     
  5. Skoor

    Maart 19, 2008 at 2:07 nm

    Dankie – ek is seker Nico sal dit like om te hoor hy het nie klei hier aangemaak nie.

    As jy die brannas onthou het, sal julle seker netnou bietjie skuinsle, of julle het wilde gestelle!!!

    Jou eiervrug oomblikke is op pad – teen more behoort ek dit op te sit. Tik so tussen die werk deur, ek hoop nie daar verskyn vreemde goed tussen-in nie ;-)

     
  6. skoor

    Julie 6, 2008 at 6:54 nm

    Nico, pas jou pannekoek as ‘n kwart van die resep gemaak, wyl reen die spel op Wimbledon onderbreek…

    Het ‘n halfkoppie melk ook bygevoeg en ‘n dunner beslag gehad, en toe sien ek die klippe EN die 10jr is op, toe gooi ek maar ‘n doppie Ouzzo in.

    Die resultaat: fantastiese, ligte, heerlike 12 pannekoeke! Greatstuff.

     
    • Ankia

      Augustus 23, 2013 at 3:05 nm

      Nee Skoor, jy maak die hele resep aan. As jy klaar gebak het, maak toe met glad wrap en sit in yskas. More bak jy verder. Gee net ‘n lekker roer en dalk so blerts water as te dik is. Het myne al vir 2 dae in yskas gehad en flop proof bly hy!

       
  7. Marli

    Januarie 10, 2009 at 4:53 nm

    Ek’t skielik vanmiddag ‘n “failsafe” pannekoek resep gesoek toe dit so begin reen het. En hierdie resep is FAILSAFE!

    Elke pannekoek was ‘n sukses – die eerste een was nie eens ‘n flop nie – Amazing :))

    Dankie…

     
  8. skoor

    Januarie 10, 2009 at 6:25 nm

    Dit sal gaaf wees as jy van daai reen, waarookal jy is, Kaap toe kan stuur!

    Geniet die ete.

     
  9. Lynette

    Maart 19, 2009 at 8:17 vm

    Hi,
    Ek is op soek na ‘n pannekoek stropie wat jy,in plaas van die kaneelsuiker oorstrooi,die stropie oorgooi.Enige iemand wat so ‘n reseppie het?
    Lekker dag almal!
    Lynette

     
    • Johan van Dyk, Saudi Arabia

      Desember 8, 2012 at 2:57 nm

      Lynette, probeer hierdie. 1 koppie suiker, 1 koppie botter, 1 teelepel Caramel essens, 1 eier, Smelt botter en suiker saam, klits eier in, voeg teelepel essens en gooi oor pannekoeke wat opgerol in glasbak is. sit in louwarm oond vir sowat tien minute. Wees gewaarsku. Hierdie is baie soet maar erg verslawend.

       
  10. Skoor

    Maart 19, 2009 at 8:20 vm

    Lynette, wat die vinnigste in my gedagtes inspring is om gewone gouestroop of heuning te meng met bietjie fyn kaneel, en dit dan oor te drup.

    Gevolg deur ‘n skeut suurlemoen sap en jy’t ‘n wenner. Kan natuurlik die kaneel uitlaat.

     
  11. christina

    Januarie 12, 2010 at 4:10 vm

    Dis soos hulle se – ‘n boer maak ‘n plan – dankie my boer uit Suid-Afrika – ons is ‘n gesin van vier in China, en ons smag na ons boerepannekoeke. Ek het tot dusver die ingevoerde wafelresepte probeer van die Amerikaners maar kom nie reg daarmee nie – die pannekoeke is ver te dik. Nico, ons gaan vandag JOU failvrye resep probeer – my kinders en man kan nie wag vir middagete nie. Wat betref die brandewyntjie – dit is minus 16 Celsius vandag en ons mag dit dalk net beproef!!!

    Sterkte in ons mooi land en ek sal laat weet hoe my pannekoeke uitgekom het – want ek is maar onnosel as dit kom by bak!!!! Maar nood leer bid en hier gaan ons!!!!!

     
  12. christina

    Januarie 12, 2010 at 8:40 vm

    help!!!! Ek het jou resep probeer Nico, maar die pannekoek het dik uitgekom, amper soos wafels – ek weet nie wat ek verkeerd doen nie! Kan die meel van land tot land verskil en dan veroorsaak dat die beslag te dik word? Sjoe, as ek dink aan die wonderlike pannekoeke wat ek altyd by bazaars geeet het, dit was lig en papierdun!!!!! Help!!!!

     
  13. Skoor

    Januarie 12, 2010 at 9:10 vm

    Christina, ek weet nie of Niklaas tans naby sy rekenaar is nie, so ek spring sommer gou hier in.

    Geen meel kan soos die meel van Afrika wees nie. Daar is net een plek waar die son so skyn :lol: Maar ek dink meel moet seker maar aan ‘n sekere standaard voldoen voor dit op die rakke mag verskyn?

    Wanneer beslag te dik is, gooi jy eenvoudig water by, meng dit en besluit of dit dik/dun genoeg is vir jou smaak.

    Ek vertrou jy gaan binnekort weer ‘n baksel aandurf!

     
  14. kdaisy

    April 8, 2010 at 9:16 nm

    Dankie vir dié reseppie… ek het eergisteraand die ene uit Kook en Geniet gemaak en moes iets verkeerd gedoen het want die goedjies was soos skoensole! Hehehe… maar die lus is te groot… die naweek is dit weer sulke tyd!! ;-)

     
  15. KOSIE

    April 16, 2011 at 8:42 vm

    SAL NIE MELK BY GOOI OM TE VERDUN. MELK MAAK GEWOONLIK PANNEKOEK TAAI. DIE BRANDEWYNTJIE DAARBY HELP OM DIT SAG TE HOU.

     
  16. Manie

    April 16, 2011 at 11:52 vm

    Moet ek nog olie in die pan ook gooi? Of sal die olie in die mengsel dit doen?

     
  17. Marietjie Visser

    Julie 2, 2011 at 9:32 vm

    Was lus vir lekker pannekoek….. en dit was heerlik en flopvry!
    Groete uit New Zealand

     
  18. antjie73

    Mei 4, 2012 at 10:55 vm

    Ek het gisteraand die resep vir die eerste keer gemaak en die pannekoeke het perfek uitgekom. Ek het eers ‘n paar sonder die brandewyn gebak en toe ‘n ernstige skoot brandewyn by die mengsel ingemeng vir die laaste paar pannekoeke. Het die brandewyn pannekoeke bedien met roomys en kaneelsuiker en dit was HEERLIK! Dis nou ‘n nuwe “favourite” by ons.

     
  19. Skoor

    Mei 7, 2012 at 1:03 nm

    Eish wenas! Ek het mos belowe ek lieg nie oor die pannekoek nie. En die drank daarin maak dit net eenvoudig ‘n jolige affering. Geniet dit almal. Hier is die winter weer – bak en eet. Kook en geniet.

     
  20. Sandra

    Julie 1, 2012 at 3:48 nm

    Jis, jy het my gered van drama in Franryk met hierdie foolproof resep van jou. Almal het hulle tjommeldik geeet aan daai lekker pannekoekke.

     
  21. Leonie

    November 8, 2012 at 2:43 nm

    Sjoe, vanaand is pannekoek-aand in ons huis!!! Gaan definitief die resep probeer, want het nog nooit ‘n goeie resep gekry vir flopvrye pannekoek nie…en die weer is net reg daarvoor!
    Kan nie wag om te proe nie, my mond water sommer al klaar, hahaha!!!

     
  22. Johanna Duvenhage

    Desember 2, 2012 at 11:21 vm

    Maklikste pannekoek deeg om aan te maak as jy kids het, en hulle ongeduldig is om te wag vir pannekoek. Thanx

     
  23. Johanna Duvenhage

    Desember 2, 2012 at 11:22 vm

    Maklikste pannekoek deeg om aan te maak as jy kids het, en hulle ongeduldig is om te wag vir pannekoek op ‘n reenerige dag. Thanx

     
  24. turksvy

    Desember 2, 2012 at 6:37 nm

    Goeie fnok. Time flies when you’re having fun… Na 4 jaar kom kyk ek nog altyd hier as ek wil pannekoek bak. Dalk moet ek maar die bietjie moeite doen en die reseppie afskryf. :wink:

     
  25. Skoor

    Desember 6, 2012 at 11:51 vm

    Nee man Turksvy, jy moet kom draai en sien of daar nie nog ietsies is wat jy kan maak nie. Watse ge-afskrywery! Klink soos skool :-)

     
  26. letitia

    Junie 5, 2013 at 9:10 vm

    Probeer pannekoek met Escort se cheese grillers, n pakkie mushrooms, room, tl bisto, sout en peper, 1 ui. Maak mushroom sous, as cheese grillers gaar is, rol in pannekoek met mushroom sous , gooi oorblywende mushroom sous oor, rasper kaas oor en bak bietjie in die oond! smullekker!!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 189 other followers

%d bloggers like this: