RSS

Gemmerbier

18 Apr

Iets om die laaste sonstrale mee te vang – ‘n lekker glas gemmerbier wat lank genoeg gegis het om klein borreltjies in jou neus te skiet as jy aan die vloeistof ruik, maar gou genoeg gedrink is om nie sleg te wees nie.

GEMMERBIER

1 kg suiker
5.25 l lou water
1 Pakkie kitsgis
10 ml Jamaica gemmer
Handjie vol rosyne

Gooi alles bymekaar en roer.  Laat staan oornag.  Gooi in 2 liter plastiekbottels.
Alles tesaam maak 6 liter gemmerbier.

 
11 Comments

Bygedra deur op April 18, 2008 in Lekker maklike kos

 

11 Responses to Gemmerbier

  1. Wipneus!

    April 18, 2008 at 11:54 vm

    Dankie vir hierdie maklike gemmerbier resep, ek is mal oor gemmerbier!

     
  2. Skoor

    April 18, 2008 at 12:00 nm

    Wipneus, ek hoor graag of dit suksesvol was – ek het dit nog nooit self gemaak nie.

    Maar so met die laaste strale van die somer hier in die Kaap, is daar soms nog warm genoeg dae vir so iets lekkers.

     
  3. mykopop

    April 18, 2008 at 10:15 nm

    Laat my nou dink aan die goed wat ons op koshuis gebrou het, resep omtrent dieselfde, sonder die jamaica gemmer, gistyd nie oornag nie maar ‘n paar dae – tot ‘n plastiekan in een ou se kas met sy kerkpak ontplof het!

     
  4. Pikkelik

    April 19, 2008 at 10:33 vm

    Sal ek dit dalk so bietjie langer laat gis, sê so vir ‘n week en dan laat weet hoe proe dit??

     
  5. KruidjieRoerMyNie

    April 19, 2008 at 6:49 nm

    Ek en liefie het gemmerbier gemaak in die ‘maer’ jare. Ek wil my dood giggel as ek dit iewers ruik, want dit herinner my aan ‘daardie tyd’ en hoe ons amper ons woonstel opgeblaas het! (te veel gis, te lank laat staan, te dig – met verwysing na die houer en ons)

     
    • Alta

      Julie 28, 2011 at 7:21 nm

      Ek net gewonder hoe lank kan mens die gemmerbier hou?het dit ‘n “verval datum” of wanneer dit “af” gaan.
      Hoe langer dit natuurlik staan hoe sterker raak dit?

       
      • Skoor

        Oktober 14, 2011 at 11:59 vm

        Geen idee! In ‘n Boerehuis hou sulke lekkertes mos in elkgeval nooit lank nie :lol:

         
  6. Skoor

    April 21, 2008 at 9:03 vm

    Pikkelik, ‘n bitter gemmerbier is nou nie iets wat ek hier wil promote nie. Laat hom sy tyd gis, en dan voeg jy bietjie suurlemoensap en vodka by. Mmmm, ek hoor graag wat jy van daai enetjie se!

    Kop, ek dink baie seuns het een of ander ‘brousel’ storie saamgebring uit hulle jongdae. Vandag is dit nie meer vir die kinders ‘n berg om te wil oor nie – speel eerder rekenaar.

    Maar ek onthou ons buurplaas se seuns het probeer wyn maak, en om dit vinniger te laat gis, is die bottel begrawe. Ek herroep nie enige ontploffings van die bottel nie, maar die een outjie het ‘n goeie deel van sy naweek op die toilet deurgebring!!!

    Miskien kan jy en meneer Roer nou weer ‘n gemmerbiertjie aanpak ter wille van die memories. En daar is darem mos nou afstammelinge wat kan help drink voor die ontploffings!

     
  7. zena

    April 19, 2009 at 5:32 nm

    wat is kitsgis in engels?

     
  8. skoor

    April 20, 2009 at 12:24 nm

    Instant yeast?

    Dis daai pakkies wat naby die meel le. Pers, blou en groen.

     
  9. Nikita

    February 15, 2012 at 8:17 nm

    Gekry! Dankie!!

     

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers