Broodjies vir as die kooklus op strike is

Mei 14, 2008

Ons probeer Skoorlief se jong seun betrek by kokery, met groot sukses.  Behalwe dat sy gunsteling maaksel, ’sousies’ is.  Die lewe bestaan nie net uit sousies nie, so ons push die boundaries so bietjie.

Gisteraand was dit dus sy beurt om kos te maak, wat hy met oorgawe aangepak het!

Neem ‘n groot blik, of 2 klein blikkies tuna in water.  In water, want as ek ekstra olie wil inneem, doen ek dit via die olyfolie- of druiwepit oliebottel.  Nie die olie waarin die vis dryf nie!

Dreineer en skep uit in ‘n bakkie, en roer ‘n teelepel mrs. Balls by, asook ‘n groot lepel of twee van jou gunsteling mayo.  Kirts ‘n paar draaie swartpeper in, en meng deur.

Rooster 2 snye volgraanbrood per persoon, en sit op ‘n bakplaat.  Skep hompies tuna op elke broodjie, en sorg dat die hoekies ook tuna kry. 

My ouma het altyd gese as jy brood smeer en die botter kom tot teen die kante, jy ‘n goeie stiefma sal wees.  Nou toe nou, ek is nou nie regtig ‘n stiefma nie, maar ‘n ekstra ma wat stoutighede het om ‘n kind te leer, is meer in die kol…  en bietjie van kosmaak, hopelik.

Rasper, of sny kaas bo-oor die tuna, gevolg deur ‘n skeutjie paprika (dis net vir die grandgeit, niks essensiele waarde hier nie) en bietjie gedroogte oreganum.

Druk onder die oondrooster tot die kaas lekker gesmelt is, en sit voor met ‘n slaai en lekker warm koppie tee.

Entry Filed under: Lekker maklike kos. .

7 Comments Add your own

  • 1. krista  |  Mei 14, 2008 at 5:18 nm

    Oooooooohhhhhhhhh lekker!

    Reply
  • 2. netjane  |  Mei 15, 2008 at 8:47 nm

    Haai – dit was my aandete gisteraand, en ek het nie eers die resep kom steel nie! ;)

    Reply
  • 3. Pikkelik  |  Mei 16, 2008 at 9:17 vm

    Dis een van my – daar’s nie tyd vir kos maak alles is te deurmekaar – gunstelinge!!!

    Reply
  • 4. Skoor  |  Mei 26, 2008 at 8:47 vm

    Jane, jy kan gerus ander broodjies wat jy met soveel oorgawe in die aand maak, se reseppies deurstuur dat ek dit plaas.

    Reply
  • 5. Lizet  |  Junie 23, 2008 at 4:54 nm

    MMMM dit klink lekker, ek gaan dit probeer. Jy het nie dalk nog lekker broodjie idees nie?

    Reply
  • 6. Skoor  |  Junie 23, 2008 at 5:03 nm

    Lizet, kom loer more weer – ek het gou met oom Peter Thomas gekontak.

    Hy gaan my ‘n link stuur na die broodjie resepte op sy webwerf, en dan sal ek dit vir jou hier sit.

    Daar is vreemde goed, maar as mens desperaat is, eet jy vreemd met ‘n bietjie chillisous oor. Lag-lag!

    Reply
  • 7. Skoor  |  Junie 23, 2008 at 5:06 nm

    Gouer as wat ek gedink het!

    http://peterjasie.co.za/resepte.html

    Cut en paste die link, en kliek op Wille Samies, onder-aan die lys. Dis sommer ‘n lekker webwerf vol snaaksighede en verassings.

    Reply

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


visitor stats

Wat kook nog?

Opskeploerders

Kommentare

heidihaasbroek on Kits Suurdeeg Beskuit
Skoor on Kits Suurdeeg Beskuit
heidihaasbroek on Kits Suurdeeg Beskuit
BB on Kaaskoek
Skoor on Kaaskoek
BB on Kaaskoek
Skoor on Om chillies te bewaar
ANDRE on Om chillies te bewaar
Skoor on Nog Kos!
Nadine Smuts on Nog Kos!
Nikita on Maak yoghurt. Jou eie!…
kaneelsuiker on Maak yoghurt. Jou eie!…
Skoor on Maak yoghurt. Jou eie!…
kaneelsuiker on Maak yoghurt. Jou eie!…
Wipneus! on Maak yoghurt. Jou eie!…

skoorbek@gmail.com

Inteken

Blogroll