Kits Suurdeeg Beskuit
Mei 22, 2008
Christine Nel soek dringend na ‘n resep vir beskuit, gebak met kitsgis. Bietjie soek en krap, en ek kry dit toe.
Christine, die enigste vereiste is dat ek terugvoer soek oor hierdie baksel. Samples ook welkom!
2 kg koekmeel
2 pakkies kitsgis
2 koppies suiker
1 e sout
3/4 koppie botter
3 koppies melk, gekook en afgekoel (sommer in die mikro gedruk)
1 1/2 koppies water
Gooi meel in menghouer, voeg sout en gis by.
Meng melk en water, en smelt botter en suiker daarin. Laat afkoel. (ek het nie ‘n clue hoekom die melk aanvanklik gekook moet word nie, search me!)
Voeg nat by droog, en knie vir ‘n goeie 15minute, maak toe en rys op warm plek tot dubbel die hoeveelheid.
Knie af, maak bolletjies en bak by 180 grade tot gaar.
Vir daai ekstra geur kan jy altyd anys bygooi.
Entry Filed under: Lekker maklike kos. .
10 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Amanda Botha | Julie 24, 2008 at 12:16 nm
Is daar dalk iemand wat my kan help met die resep vir artappel suurdeeg asb.
2.
skoor | Julie 24, 2008 at 12:26 nm
Aartappel Suurdeegplantjie
Rasper 1 aartappel baie fyn.
Voeg die volgende by:
2 teelepels suiker
1 teelepel sout
1 sakkie kitsgis – sommer hierdie 10g blou, groen of pers pakkies.
Die pers rys baie goed, want dit het Vitamiene C in.
Gooi dit dan in ‘n glas houer / outydse can fruit bottel.
Maak vol met lou water (seker omtrent so 500 ml ) – te warm water sal die gis doodbrand en dan werk dit nie. Sit sommer ‘n piering bo-op om toe te maak, want die aartappels gaan na boontoe styg en moontlik oorkook.
Dit moet die heeltyd by kamer temperatuur wees Dit is die teken dat dit gewerk het. – Jou plantjie is suksesvol.
As jy nou wil afskep om te bak, kan jy dit omroer en twee derdes gebruik om mee te bak. Die een derde wat oorbly, bly in die bottel en jy gooi dan net die suiker, sout, aartappel en water weer by.
3.
Amanda Botha | Julie 29, 2008 at 12:31 nm
Baie dankie vir die suurdeeg resep nou wil ek nogiets vra kan ek my gewone boerbeskuit resep gebruik of is daar ‘n spesiaale beskuit resep wat ek die artappelsuurdeeg by moet gebruik?
4.
skoor | Julie 29, 2008 at 12:43 nm
Amanda, kyk na hierdie resep wat ek gevind het. Miskien los dit meeste van jou vrae op!
Aartappel Suurdeeg
1 middelmatige aartappel (geskil en grof gerasper)
[2 pakkies suurdeeg vir ingeval die aartappel nie genoeg laat rys nie!]
4 koppies kookwater
12,5 ml sout (Dis nou vir 5 kg meel; sy het gewoonlik helfte broodmeel en helfte “Nutty wheat” gebruik)
Aand:
Gooi kookwater, sout en aart. in kastrol met digpassende deksel.
Sit 3 koppies meel bo-op sonder om te roer. Maak gaatjie in middel
Sit doek oor en deksel op Maak dig toe in kartondoos uitgevoer met koerante, kastrol toegedraai in kombers.
Laat staan oornag op ‘n lou plek of sit later ‘n warmwatersak by!
Volgende Oggend oorsuur:
Klits 1 koppie afgekoelde gekookte water in
Laat staan ±i uur in lou oond of warm toegemaak.
As dit nog nie rys nie, roer 1 sakkie suurdeeg in
Die suurdeeg is reg as skuim bo-op vorm.
Knie:
Meng die suurdeeg en meel, 3 E margarien, nog sout indien nodig
1,5 – 2 liter warm water om mee aan te maak en knie deeglik
Laat rys, knie af, dan in panne en laat rys weer, en bak by 180ºC vir 40 – 45 min.
**** Dit klink vir my na vreeslike harde werk, maar as jy kans sien daarvoor, haal ek my hoed vir jou af. Sterkte
5.
Ria van Dyk | April 25, 2009 at 4:25 nm
Ons is in die noorde van Angols, ‘n plekkie met die naam Soyo. Ek probeer met die bietjie wat ons hier kan kry(hier is geen winkels) bak. Sonder resepte is dit nogal moeilik hier en whala!!! hier kry ek die resepte. Dankie vir die hulp.
Ria van Dyk.
6.
Skoor | April 28, 2009 at 12:24 nm
Dan hoop ek van harte dat hier af en toe ‘n resep sal wees wat jy met jou min voorraad kan aanpak en vervolmaak, Ria. Welkom!
7.
R Herselman | Junie 29, 2009 at 11:52 vm
Ek is in d wolke oor die aartappelsuurdeeg resep maar kan ek bv die resep vir die beskuit bo aan die bl wat met wuurdeeg gebak word gebruik vir die aartappelsuurdeeg en net die aartappel suurdeeg ipv die gewone suurdeeg gebruik
8.
Skoor | Junie 29, 2009 at 1:29 nm
Hahaha! R Herselman, ek wens ek kon jou eerlik antwoord, maar ek het nognie daardie roete gevolg nie.
Wat ek wel vra, is AS jy dit probeer, gee ASB terugvoering hierso!
Dis miskien slim om die resep eers te halveer.
9.
Mariette | Augustus 21, 2009 at 8:08 vm
Ek het nou twee keer hierdie week hierdie beskuit probeer bak, maar dit rys eenvoudig nie genoeg nie – die beskuit lyk telkens soos kluitjies wat toegeslaan het! Het dit iets met die snerpende koue te doen? of doen ek dalk iets verkeers? Help!!!
10.
Skoor | Augustus 21, 2009 at 8:35 vm
Mariette, my ouma het altyd in die winter gesort dat die Jewel houtstoof van vroegoggend brand, en dat die vertrekkie vuurwarm was.
Dan het sy ‘n spesiale warmsak, so ‘n swarte onthou ek, gehad om onder die knie kom, in ‘n kombers toe te draai, EN die mengsel is in 2 komberse toegedraai en skuins op die stoof se sement werksblad gesit om te rys.
Dit was op ‘n plaas waar die sneeu nie skaam was om te val nie…
So ja, ek reken die snerpende koue kelder jou pogings, en knak jou geduld. Jy sal maar met die mengsel in die bed moet klim dat dit behoorlik kan rys, of wag tot die somer kom!
Sterkte!!