Speelklei vir die Kleingoed
Mei 22, 2008
Ek weet daar is hier en daar bloggers met kinders, en toe ek hierdie resep raakloop, het ek onthou hoe ons as kinders gespeel het met ons speelklei.
Neem 2k meel, 1k growwe sout, 1e kookolie, 1k water, voedselkleursel en 2 t kremetart (dit laat die klei langer hou)
Meng die meel, sout en kremetart in ‘n mengbak.
Gooi voedselkleursel in die water, asook die olie, en roer by die meelmengsel. Hou aan met roer tot die klei soos klei voel.
As die klei in die yskas in ‘n houer of plastieksak gehou word, hou dit nog langer.
Lekker speel!
Entry Filed under: Lekker maklike kos. .
20 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Pikkelik | Mei 24, 2008 at 4:13 nm
Heeeeeehaaaaa Skoor, daar spaar jy my nounet verskriklik baie geld. Ouboet lewe vir klei en het jy al gesien wat kos dit deesdae… Thanks a 1 000 000!!!!
2.
boendoe | Mei 25, 2008 at 9:06 vm
Ja-nee, dankie, ek sal dit ook aanmekaar slaan!
Van die os op die trekker. Ek het in Spar lemongrass ontdek. Wat doen mens daarmee??
3.
Skoor | Mei 26, 2008 at 8:45 vm
Gits Boendoe, lees jy nie die blog reg nie? Ek het vir jou ‘n spesiale stuk geskryf oor spinasie wraps, met een van die bestanddele LEMONGRASS! So ewe met ‘n prentjie ook by.
Lemongrass werk ook uitstekend in kerries. As jy dit gebruik in ‘n gereg wat gekook word, kap hom dat sy spriete hang – hy is baie hard, en die geur is opgesluit in klein selletjies wat deur vreeslike slierte beskerm word.
Ek sal nog lemongrass reseppies soek, en dit dan plaas. Dit is ‘n uitstekende geurmiddel, en lig die gereg waarin dit voorkom, tot ‘n nuwe vlak!
4.
boendoe | Mei 26, 2008 at 9:22 vm
Ja, maar eintlik moet ek dit gaan Google! Dis vir my ‘n totaal onbekende ding, al hoor mens baie daarvan. Ek het gevoel dis ‘n harde dingetjie. Seker nie geskik vir slaaie nie? Ek is mos nou op ‘n slaai-manie!
5.
Pikkelik | Mei 26, 2008 at 11:06 vm
As julle dalk ‘n tekort aan liewe ou lemongrass het, kom kuier, ek gee sommer vir julle gratis en verniet plantjies. Hiers baaaie….
Dis ook lekker as mens ‘oumeide in kombersies’ (jlle weet mos daai mincebolletjies wat in die koolblare toegedraai word,) maak en jy bind die afferetjie vas met platgeslaande grasspriete…
6.
Skoor | Mei 26, 2008 at 11:38 vm
Nou het jy ‘n ding beet, Pikkelik. Hoekom nie ‘n stafie lemongrass in die middel van die vleisballetjies sit vir die geur nie. Nevermind die vasbind daarvan! Dit sal ‘n geurontploffing veroorsaak.
Goeie punt wat jy daar maak.
Ai, ek het ‘n bos, seker so 2 en ‘n bietjie jaar oud, maar sy beentjies bly dun soos ‘n sop sonder vleis. Miskien is die Kaap maar netnie die regte plek nie. En gaan koop dit nou in die winkels. Nie onder R8 vir 2 spriete van so 1.4cm dik nie!!!
7.
Skoor | Mei 26, 2008 at 11:39 vm
O, nog iets Pikkelik – ek dink dis tyd dat die dis ‘n ander naam kry. Iets soos parlementslede onder leerbaadjies…
8.
netjane | Mei 26, 2008 at 7:19 nm
Skoor, my lemongrass bos het ook maar sieklik gelyk toe ek hom daar in Jo’burg gelos het, seker nou al dood. Liefie se ma het ‘n woeste bos aan die groei gehad in die Kaap, so jy moet jou sokkies optrek!
9.
skoor | Mei 26, 2008 at 8:00 nm
Myne staan in ‘n pot – miskien is die grond al bietjie skraps aan minerale en voeding.
Vra bietjie vir skoonma of sy piepie op die bos, of wat hom so laat groei!
10.
Pikkelik | Mei 27, 2008 at 12:59 nm
Wou net gou sĂȘ, die lemongrass bosse hou van semi-skadu. Verkieslik net oggendson EN gee vir die outjie Roosvoeding. Rerig, myne staan aan die kant van my rose. Kry gereeld van hulle kos. My pietersielie en aarbeie plant ek tussen die rose. Hulle is mal oor mekaar. Die een verbeter die ander se geur.
11.
skoor | Mei 28, 2008 at 9:18 vm
Pietersielie met ‘n skeut aarbeigeur? Jy moet maar daai resepte uitdink, ou girl, my kop kry writersblok, en my smaakkliere rol hulself op net by die gedagte.
Ek stuur jou my lemongrass, jy maak hom lekker vet, en stuur hom terug. Hoes daai vir ‘n deal?
12.
Pikkelik | Mei 28, 2008 at 4:04 nm
OK, dan stuur ek jou my snotneusies, jy maak hulle gesond en stuur hulle terug vir my!!!!
13.
skoor | Mei 28, 2008 at 4:41 nm
Vanaand: kook ‘n doppie se brandewyn in ‘n glas in die mikro, sodat die alkohol verdamp.
Voeg ‘n teelepel heuning en twee teelepels suurlemoensap by, en gee vir die kids.
Moreaand gaan hulle weer wil he. Dis wat Skoorlief se ene doen: vra nog, of voel kamtag sleg, alles net vir Skoor se brousels!
14.
Marelize | November 6, 2008 at 2:53 nm
baie dankie vir die klei resep. My kinders is al groot 12 jaar en hulle moet nog klei maak vir take kan julle glo!!!.
Ek het my blou gesoek vir ‘n resep want hulle is mos nie meer klein nie.
Baie baie dankie
Ek gaan sommer lekker saam speel.
Groete
marelize
15.
Skoor | November 6, 2008 at 2:59 nm
Geniet! Ten minste is hulle groot genoeg om te weet die moenie in die mond gedruk word nie.
Ek weet nou nog hoe dit proe!
16.
suzy | December 3, 2008 at 8:54 vm
baiedankie jy het ‘n groot probleem vir my opgelos.
17.
Skoor | December 3, 2008 at 9:21 vm
En die vakansie het nognie eens begin nie, Suzy! Lyk my dit gaan ‘n lange wees
18.
Manna | Maart 10, 2009 at 11:14 vm
Skoor, dankie baie maar ek is ‘n super blond. Ek moet die klei gevat het en krale gemaak het dan moet ek dit bak – hoe lank moet ek dit bak? Asb ek het dit baie dringend nodig – ek moet nog vanaand weer maak
19.
Skoor | Maart 10, 2009 at 11:17 vm
Manna, nognooit so ‘n versoek gehad nie.
Ek stel voor jy toets dit self met ‘n oond op 180 grade. Haal gereeld ‘n kraal uit om te toets tot die regte toestand bereik is.
En laat weet, miskien wil nog iemand krale maak!
20.
Manna | Maart 10, 2009 at 11:48 vm
Dankie – Ek hou julle op hoogte