Pesto

Junie 4, 2008

Pesto het sy oorsprong in Noord Italie, en het stelselmatig die wereld ingeneem, en uiteindelik op ons TV skerms, en toe op die tong kom beland.

‘n Volksvreemde heerlikheid.  Ek kan nie help om te wonder wat my oupa en oupa-grootjie van die groen smeersel sou gedink het as jy dit by die skaapboud, rys en aartappels bedien het nie!

Pesto is ‘n vreeslike maklike sous om te maak, en as jy eers begin eet het daaraan, stop jy nie voor die botteltjie met die vinger leeggemaak is nie!

Probeer self ‘n pesto vir jou pasta, of ‘n pesto vir jou bruchetta.  Moet dit nie te lank hou nie, vars is beter.

Gooi in ‘n vysel en stamper, of ‘n voedselverwerker, die volgende:

2 koppies vars basil blare

1/2 koppie olyf olie

2 huisies knoffel

2 dessertlepels dennepitte (ontpit natuurlik) of walnuts (die Afrikaanse naam ontgaan my vanoggend)

1/2 teelepel sout

1/2 koppie gerasperde parmesaankaas.  Ek sal sommer peccorino gebruik as die parmesaan te duur, of onverkrygbaar is.

Blits die bestanddele tot baie fyn en bedien.  Met die vysel en stamper gaan jy bietjie meer elbow grease doen, ek stel voor dat jy alles nie gelyk ingooi nie, en dit lekker fyn druk.

Geniet.

Vir die bangeres onder ons, kan jy pietersielie ook insit, net om die knoffel te stabiliseer, maar as jy VARS knoffel gebruik, is dit nie nodig om bang te wees nie!

Entry Filed under: Lekker maklike kos. .

6 Comments Add your own

  • 1. Dalean  |  Junie 7, 2008 at 7:17 nm

    Lyk baie lekker! Ek is mal oor knoffel. Ek kan nie genoeg daarvan eet nie. ;)

    Reply
  • 2. Pikkelik  |  Junie 7, 2008 at 7:44 nm

    Volksvreemd…. Pikkeliksvreemd. Ek gaan die een maak in ‘n botteltjie met ‘n strikkie en vir skoonsus gee vir haar birthday Dinsdag! Is dit nou nie ‘n slim plan nie? (Alla Ouboet) :-)

    Reply
  • 3. Nico  |  Junie 23, 2008 at 1:58 nm

    Walnuts = okkerneute.

    Sal die een in die “file” sit if you don’t maaind. Terloops, waar kry mens dennepitte? Ek kon die nog nooit kry nie.

    PS. Ek het jou e-mail adres verloor.

    Reply
  • 4. skoor  |  Junie 23, 2008 at 2:22 nm

    Niklaas

    Nis winkels wat vreemde kosse aanhou, of die Spar as hy op die ball is. Jy kan altyd daarvoor vra, en hulle behoort dit te kry.

    Anders, dit groei aan dennebome – hou die plaaslike eekhoringbevolking dop, en as jy sien hulle is opgestock, dan raid jy hulle huise!

    skoorbek@gmail.com

    Reply
  • 5. Sanet Coetzee  |  Julie 9, 2008 at 4:55 nm

    Hi, waar kry mens dennepitte?
    Ek bly in Komatipoort, Mpumalanga en my naaste groot dorp is Nelspruit.
    Dankie

    Reply
  • 6. skoor  |  Julie 9, 2008 at 10:18 nm

    Ek neem aan daar is nie dennebome en eekhorings wie se neste jy kan raid nie?

    Spesialiteits winkels wat spesialiseer in vreemde voedsels behoort dit aan te hou, anders, as jy ‘n Spar byderhand het, kan jy altyd ‘n mooi smile aanverf en die bestuurder gaan ‘whoo’ en dan kan hulle dit vir jou in die hande kry.

    Ek het dit ook al in Pick ‘n Pay by die neute rak gesien.

    Reply

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


visitor stats

Wat kook nog?

Opskeploerders

Kommentare

heidihaasbroek on Kits Suurdeeg Beskuit
Skoor on Kits Suurdeeg Beskuit
heidihaasbroek on Kits Suurdeeg Beskuit
BB on Kaaskoek
Skoor on Kaaskoek
BB on Kaaskoek
Skoor on Om chillies te bewaar
ANDRE on Om chillies te bewaar
Skoor on Nog Kos!
Nadine Smuts on Nog Kos!
Nikita on Maak yoghurt. Jou eie!…
kaneelsuiker on Maak yoghurt. Jou eie!…
Skoor on Maak yoghurt. Jou eie!…
kaneelsuiker on Maak yoghurt. Jou eie!…
Wipneus! on Maak yoghurt. Jou eie!…

skoorbek@gmail.com

Inteken

Blogroll