Om knoffel te skil en te bewaar

Junie 9, 2008

Die wat my ken, weet om nie in die rigting van ‘crushed garlic in oil’ te knik as ons saam sou inkopies doen nie.  Onmiddelik wonder ek oor so ‘n persoon se mens-wees.

Wees verseker, daar is nie ‘n ligter manier om die volgende stelling te maak nie.  JY SAL STINK as jy van daai gissende knoffelstukkies uit sy 3 maande-oue bakterie lig om by jou kos te voeg.

Doen vir jou liggaam iets goeds vandag, en doen vars knoffel.

As jy ‘n paar huise het, en weet jy gaan nie alles kan opgebruik nie, le dan maar die huisies in.

Neem gesteriliseerde flesse (sit dit skoongewas in ‘n oond wat klaar gebruik is, omgekeer, om vuurwarm, droog te word) en meng ‘n doppie Milton in ‘n koppie water.

Ontvel die knoffel, en gooi in die Milton water.  Tel tot 60.  Lig dit met ‘n lepel uit, op handdoek papier, om van die water af te gooi, sit in die fles, en bedek die knoffel met olyf olie.

Wanneer jy ‘n knoffelhuisie nodig het, neem ‘n tandestokkie en druk hom in sy ribbes en lig hom uit.  Sodoende sal jy nie onnodige bakterie in die olie vrylaat, en gif knoffel brou nie.

Gebruik die olie agterna as marinade, slaaisous, of by enige resep waar olyf olie vereis word.  Dis heerlik.

Gebruik die Milton water om blikkieskos se deksels en boude af te vee voor jy hulle koskas toe stuur.  Soveel kieme gaan le in daardie groefies, en word met die blikoopmaker se girtssss die kos ingedruk!  Dink net, as daardie blikkie se inhoud nie pot toe gaan om te kook nie, kan jy lelike siektes opdoen.


Entry Filed under: Lekker maklike kos. .

13 Comments Add your own

  • 1. boendoe  |  Junie 19, 2008 at 3:25 nm

    Nou wonder ek by myself: WAAR het jy die Milton en knoffel resep gekry??? Dis nie iets wat enige pleb sal kan uitdink nie! Maar ek hou verby. Gee my eerder vars knoffel. Nou dat ek so naby Spar is, is dit nie ‘n probleem om gou-gou te gaan koop nie!

    Reply
  • 2. skoor  |  Junie 19, 2008 at 4:10 nm

    Die Milton is om enige bakterie dood te maak voor jy dit seel in die olie. Dit is nie te ‘n bad idee nie. Moet net nie te veel op ‘n slag, vir te lank hou nie.

    Reply
  • 3. boendoe  |  Junie 24, 2008 at 9:38 vm

    Nee, ek glo jou, dis nie ‘n bad idee nie! Maar het jy dit self uitgedink? Dis flippen amazing!

    Reply
  • 4. Skoor  |  Junie 24, 2008 at 9:41 vm

    Ja, ek is mos ‘n slimmie! ;-) As dit groetes kan vars hou vir langer, en dit het ‘n kiemdoder, hoekom nie?

    Reply
  • 5. Salome  |  Oktober 17, 2008 at 12:35 vm

    My ma het iewers gehoor van `n apparaat wat mens kan gebruik om die skilletjies van knoffel af te haal? Weet iemand iets van so `n apparaat?

    Reply
  • 6. Skoor  |  Oktober 17, 2008 at 10:51 vm

    Ja, dit is ‘n silikon buisie, oop aan beide kante, waarin jy die huisies gooi, dit tussen jou palms rol, en voila.

    Jamie Oliver het ene teen 8x die prys, so kyk by Mr Price home, Ackermans Home of Boardmans daarvoor. Vra vir die garlic skin remover. The silicone one. Yes.

    Ek hou steeds van my mes metode. Iets aan gerief wat my soms grief.

    :)

    Reply
  • 7. BB  |  Oktober 28, 2008 at 1:20 nm

    Jippie tog – darem een opgevoede knoffel-gourmet ini virtual kitchen… Mag ek nou maar ook raad gee oor knoffel?
    Wanneer jy die knoffelhuisie nou so met die tandestokkie uitgevis het, sit jy hom op ‘n plank of kapbord. Ok, nou slice jy hom van kop tot tone middel-twee. Daar is ‘n duidelik onmiskenbare ‘pit’ binne-in hom – partymaal liggroen, anders ook maar vleeskleurig, maar jy sal hom kan onderskei van die ‘vleisie’. Lig albei knoffelhuisie-helftes se ‘pit’helftes met die punt van die mes uit en discard.
    Nou draai jy jou mes se lem platkant neer en squash die knoffelhuisie plat met die lem. Strooi ‘n klein bietjie!!! growwe sout oor en gee hulle gas met die lem – netso fyn of grof soos jy verkies.
    Jy kan dit natuurlik ook deur ‘n garlic-press wurg, maar verwyder steeds die ‘pit’.
    ‘n Portugese antie wat my leer trinchado maak het, het my dié een geleer – dis dit einste pitjie wat die asem veroorsaak – jy kan daai hele kênfroetbottel knoffel leeg-eet (rou, gaar, maakiesaakie) solank jy die pitjie verwyder. Aftertaste, aftersmell, afterals – GONE!! :grin:

    Reply
  • 8. BB  |  Oktober 28, 2008 at 1:25 nm

    En die hande se reukie kom maklik af met growwe sout en ‘n skootjie olyfolie, lekker ingevryf en dan met seep en warm water afgespoel… (die sout en olyfolie is in elk geval ‘n great exfoliator – twee vlieë met een klap ;)

    Reply
  • 9. Skoor  |  Oktober 28, 2008 at 1:32 nm

    Heita! Ek gee jou sommer ‘n sleuteltjie vir die blog, dan kan jy die TIPS gedeelte doen.

    Ek sal onthou van die snorkie in die middel van die knoffel. Ai, ek vrek vir ‘n knoffeltjie. Hou at least die muskiete op ‘n distansie.

    Klink my jy is ‘n lopende virtuele kombuishulp! Waa’s my koekie resep?

    Reply
  • 10. BB  |  Oktober 28, 2008 at 2:10 nm

    Oops!! :oops: sal vir jou stuur!! Is baaaaaie njammies koekies!! :mrgreen:

    Reply
  • 11. Ella  |  Junie 30, 2009 at 6:27 vm

    Nou wil ek net vir jul vitel: Dis die eerste keer lat ek, wat Ella is, hierdie webtuiste besoek en mensig, is dit nou uit die blou van onse jimmel!! Maggies, man! Afrikaners KAN bleddie plisierig raak, hoor!

    Ek het hoeka verlede week gehoor my kolestersehol is te hoog en moes gaan vir ‘n angiogram. Die dem dokters wat ook grou waar hulle nie moet nie! Daas toe nie fout met die kloppertjie nie, maar die kolestersehol is gevaarlik hoog.

    Hier trek ek weg opi internet en besluit om in my se eie taal te soek wat lat ek nou moet doen. En siedaar, hier kom ek by julle uit. Ek sien jy is genaamd “Skoor”. Nou Skoor, ek wil vir jou se dankie vir die knoffel raad. Nou op flippen 50 moet ek eers kan verstaan hoekom my oorle pa altyd lunchtye huistoe gejaag het, die knoffelhuisies in ‘n oondpan gesit en laat bak teen 100 grade terwyl hy ‘n uiltjie gaan knip het. As hy daar wakker geword het, het sy mond eintlik gedrool van die lus en een vir een was in die mond gepop en gesluk. Dit was sy daaglikse roetine.

    En nou remind jy my dat ek op DIE manier in my pa se voetspore moet volg. Nou ja, dan doen ek so!!

    Dankie! Ag dankie! Ag baie dankie! Ag baie baie dankie! (Is dit nou genoeg?…)

    Reply
  • 12. Ella  |  Junie 30, 2009 at 6:28 vm

    O ja, so by the way… wa kry julle die oulike gesiggies wat julle so vir mekaar trek, he?

    Reply
  • 13. Skoor  |  Junie 30, 2009 at 10:08 vm

    Welkom by my virtuele resepteboek, Ella!

    Jong, met knoffel was daar nog nooit fout nie, behalwe as dit crushed garlic in oil is. Dan krul tot my voortande neffens die wortels om!

    Jou pa het ‘n briljante idee gehad – ongelukkig vereis die huidige prys van krag meer innoverende metodes om die knoffel in te neem. Ek stoom my heel huisies soms saam met die groente in die stomer. Nou nie so gekarameliseerd soos in ‘n oond nie, maar steeds heerlik en geurig.

    Jy kan dit ook soggens heel sluk – sny ‘n medium huisie in twee, en sit die ‘buitekant’ agter op jou tong, m.a.w. die gedeelte waar die mes nie was nie. Sluk dit met ‘n groot glas water af. Doen so met beide stukkies.

    Jy ruik nie iets nie, en jou maag kan rustig onttrek wat hy wil uit die gedeelte wat gesny is.

    Die gesiggies sal ek vir jou met epos stuur – dit wat ek gebruik. Daar is hordes, maar ek ken hulle nie almal nie.

    Loer weer in – meeste resepte het knoffel in, so jy sal dit kan maak! :lol:

    Reply

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


visitor stats

Wat kook nog?

Opskeploerders

Kommentare

heidihaasbroek on Kits Suurdeeg Beskuit
Skoor on Kits Suurdeeg Beskuit
heidihaasbroek on Kits Suurdeeg Beskuit
BB on Kaaskoek
Skoor on Kaaskoek
BB on Kaaskoek
Skoor on Om chillies te bewaar
ANDRE on Om chillies te bewaar
Skoor on Nog Kos!
Nadine Smuts on Nog Kos!
Nikita on Maak yoghurt. Jou eie!…
kaneelsuiker on Maak yoghurt. Jou eie!…
Skoor on Maak yoghurt. Jou eie!…
kaneelsuiker on Maak yoghurt. Jou eie!…
Wipneus! on Maak yoghurt. Jou eie!…

skoorbek@gmail.com

Inteken

Blogroll