As jy gaan hoender braai

Junie 26, 2008

Min dinge is so lekker soos ‘n reg gebraaide stukkie hoender op die kole!

Om die buite staan tyd in die winterkoue te verkort, voordat jou voete afvries en jou neus wegloop, doen die volgende:

As jy die vuur aansteek, gooi ook die hoender in ‘n pot, vul met water, sodat hoender bedek is, en sit op die Cadac of stoof.  Sodra die water begin kook, gooi jy ‘n lekker skeut sout in, kook vir nog 5 minute, en skakel die hitte af. 

Net voor die kole gereed is, gooi jy die water af, bedek die hoender met marinade, kruie, speserye of wat ookal jy verkies.  Jou braaityd is nou met ‘n derde gesny!

Tensy jy natuurlik ‘n binne-braai het, en die 45 minute ding wil doen!

En moenie die bykos vergeet nie.

Entry Filed under: Lekker maklike kos. .

6 Comments Add your own

  • 1. Marinades « Skoor Kook Oor  |  Julie 6, 2008 at 3:42 nm

    [...] ‘n gerasperde ui, meng saam en marineer hoender hierin voor dit kole toe gaan.  Volg hierdie wenk en kook die hoender oor baie lae hitte in die marinade om die braaiproses te verkort.  Neem [...]

    Reply
  • 2. mykopop  |  Julie 6, 2008 at 9:01 nm

    Partykeer sit ons sommer die hoender in ‘n glasbak met deksel in die mikrogolfoond om dit bietjie binne gaar te maak.

    Reply
  • 3. Skoor  |  Julie 8, 2008 at 10:09 nm

    Dit werk goed, maar ek vind dat die water die hoender baie meer sappig maak. Ek hou nie van kurk-hoender nie, en kry dit nogal as dit in die mikro gedruk was.

    Reply
  • 4. Suurlemoentjie  |  Julie 19, 2008 at 1:08 nm

    Julle maak my mond water. Ek is op soek na ‘n “Buffalo Wing”-resep was net soos die SPUR s’n smaak. ASB ASB

    Reply
  • 5. skoor  |  Julie 19, 2008 at 2:19 nm

    Welkom Suurlemoentjie!

    Neem die pad na die hoendervlerkie resep, maak dit, en ek belowe jy sal nie sommer terugverlang na Spur s’n nie.

    http://skoorkos.wordpress.com/2008/01/18/foolproof-chickenwings-vir-zee/

    Jy kan die sweet chilli sous vervang met barbecue sous of enige ander geur van jou keuse.

    Geniet

    Reply
  • 6. Suurlemoentjie  |  Julie 19, 2008 at 2:54 nm

    Dankie Skoor, gaan dit beslis probeer.

    Reply

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


visitor stats

Wat kook nog?

Opskeploerders

Kommentare

Skoor on Doel van die blog
Marietta on Doel van die blog
Skoor on Potgrond Poeding!
Sonkind on Potgrond Poeding!
kaneelsuiker on Potgrond Poeding!
Krista on Potgrond Poeding!
Pikkie on Potgrond Poeding!
boervrou on Nood-leer-Bak Broodjie
Pikkie on Nood-leer-Bak Broodjie
Skoor on Nood-leer-Bak Broodjie
Pikkelik on Nood-leer-Bak Broodjie
Pikkelik on Nood-leer-Bak Broodjie
Skoor on Nood-leer-Bak Broodjie
Pikkelik on Nood-leer-Bak Broodjie
Skoor on Nood-leer-Bak Broodjie

skoorbek@gmail.com

Inteken

Blogroll