Frikkadelle in koolblare
Augustus 7, 2008
Ek dink ek was op laerskool toe ek laas frikkadelle in koolblare gehad het.
En ek weet nie hoekom ek nognie self my hand hieraan geslaan het nie, want dit is eintlik verspot maklik om te maak, en iets anders as die gewone.
Bytjie het geblaas, en ek moet sing, so here goes.
Maak jou frikkadelle soos jy altyd jou frikkadelle maak. My ouma het altyd plaasvleis gebruik, en soetsuurdeeg beskuit se krummels. Dis hoekom haar frikkadelle altyd ‘n wenner was. En dis hoekom ek hare uit ‘n honderd ander sou kon uitken.
Om die komberse vir die frikkadelle te maak, neem jy ‘n kop kool, en haal die blare een vir een af, totdat jy genoeg blare het om die balletjies mee toe te draai.
Om die kraakvars blare egter meer hanteerbaar te kry, kook jy ‘n pot water, en blansjeer die blare daarin. M.a.w jy maak dit papper en meer buigbaar. Haal dit uit die water, laat effe afkoel (jy wil nie blase van blare kry nie) en dan draai jy die frikadelle daarin toe.
Pak in ‘n gesmeerde oondbak, en as almal knus le, sit jy tinfoelie bo-oor, en druk in die oond. Die kookproses gaan afhang van hoe jy dit gewoonlik doen. Niks nuwe truuks met hierdie dis nie.
Jy kan wel 2/3 deur die kookproses die tinfoelie verwyder om die blare bietjie kleur te gee.
En siedaar – jou dis van ‘Ou Anties in Ko’berse’ is reg vir die tafel!
Entry Filed under: Lekker maklike kos. .
17 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Wipneus! | Augustus 8, 2008 at 8:08 vm
Wow ek dink ek was ook laas op laerskool toe ek die frikadelle gehad het. Dis nou inspirasie vir ‘n lekker aandete!
2.
Skoor | Augustus 8, 2008 at 8:19 vm
Wipneus, ek wonder nou as mens ‘n blikkie roomsampioene onder-in sit, hoe die sousie oor die rys sal smaak!!!
Maar dis nou maar van ‘n maag wat nog net tee in het die tyd van die oggend: anything goes!
3.
bytjie | Augustus 8, 2008 at 1:33 nm
Skoor, baie dankie hoor jy`s `n ster, ek weet nog net nie as jy dit in die oond druk moet mens bietjie water in die bak gooi , of hoe, jammer dat ek so dom is.
4.
Skoor | Augustus 8, 2008 at 1:45 nm
Geen water – die rou maalvleis het vog, en die koolblare ook. As jy dit met tinfoelie toemaak, ontsnap niks van die vog nie, so jy hoef nie te vrees nie.
5.
OakTree | Augustus 12, 2008 at 10:32 vm
jistie, hoe groei mens uit resepte uit. ek al vergeet van die een! my ouma het dit ook altyd vir ons gemaaak. net vannaand gaan ek dit doen! thnx vir “stroll down memory lane”!
6.
boendoe | Augustus 12, 2008 at 1:02 nm
Hmmmm….ja, dis ook vanaand op my spyskaart. Gelukkig eet my vol fiemies kind kool in enige vorm!
7.
Dellie | Augustus 12, 2008 at 4:07 nm
Ooee lekker! My liefie gaan so bly wees as ek hom verras hiermee! Terwyl seun nie hier is nie, kan ons mos bietjie die goete eet waarvan hy nie hou nie. Soos lewer, ertjies en kool!
Skoortjie, het jy ‘n resep vir outydse soetkoekies? Iemand het daarvoor gevra by my “snaakse soekterme”, maar ek dink sy soek actually rerig ‘n resep.
8.
Skoor | Augustus 12, 2008 at 4:55 nm
Dellie, die koekies is op pad – en ‘n paar ander kleinkoekies resepte. So met die jaar-einde wat nou vinnig nader kom is daar dalk die odd persoon wat hand aan oond wil slaan.
Count me out, maar hulle seg mos van diffirent strokes for diffirent folks…
9.
Krista | Augustus 12, 2008 at 5:07 nm
Wat van ‘n lekker maklike roast resep vir die van ons wat dit nog nie gemaak het nie en graag wil probeer? Of het jy al ene gedoen?
10.
skoor | Augustus 12, 2008 at 5:09 nm
More Krista – net vir jou.
Bees of skaap of lam?
11.
boendoe | Augustus 12, 2008 at 9:58 nm
Nou ja toe nou! Uiteindelik kon ek ook net eenkeer ‘n sukses maak van die blessitse koolfrikkadelle! Ek het dit al hoeveel keer in die verlede probeer, maar op die ou einde was dit altyd ‘n mince en kool stew. Ek dink dis oor daar nie ekstra vloeistof bykom nie.
Thanks!
12.
Krista | Augustus 13, 2008 at 5:44 nm
Skorie, bees asb. En add sommer jou lekker gravy reseppie daarby. Jy KAN mos gravy maak . . .
13.
Dellie | Augustus 14, 2008 at 9:40 vm
Ek het toe gisteraand hierdie gemaak – en daai mushroom sousie onder in die pan gegooi – heerlik! Dankie Skoor!
14.
Skoor | Augustus 14, 2008 at 10:45 vm
Kyk nou hoe bly maak ‘n stupid gereg ons mense. Nou moet ek nog net dit maak! Julle is my almal een voor, maar gee kans.
15.
CORRIE | Maart 13, 2009 at 9:25 vm
RESEPTE VAN GROENT
16.
CORRIE | Maart 13, 2009 at 9:26 vm
resepte groente
17.
Skoor | Maart 13, 2009 at 10:04 vm
Corrie, as jy groente resepte soek, gaan regs bo op die skerm, en tik dit in die oranje blokkie in. Druk ‘go’ en kyk of jy kry wat jy soek.
Groete