RSS

Outydse Soetkoekies

13 Aug

Ek het ouma se soetkoekie resep loop soek, en ek deel dit graag met jou en joune.  Moet my net nie vra waar die vet vandaan moet kom nie – hier in die Kaap kan ek varkvet opspoor, maar ek weet nie van ander sagte vet nie.  Maar hey, ons is in Afrika, miskien is dit al in die koelkaste, en ek weet dit net nie.  Ek sou seg mens moet maar die vet ook met margarine vervang.

Ouma se Outydse Soetkoekies

8 koppies koekmeel

2 koppies suiker

1/2 koppie botter of margarine

1/2 koppie sagte vet

2 eiers

1/2 teelepel sout

1 1/2 teelepels koeksoda

2 teelepels kremetart

1 teelepel fyn naeltjies

2 teelepels fyn kaneel

1 teelepel gerasperde lemoenskil

1/2 tot 2/3 koppie water of SOETWYN (my soort koek hierdie…)

Sif die droe bestanddele, en gooi suiker by.

Vryf die botter en die vet met die vingers in die meelmengsel. 

Klits die eiers, en voeg 2 eetlepels van die vloeistof by.  Voeg dit by die droe mengsel, tesame met die lemoenskil, en meng tot ‘n sagte deeg.  Onthou, nou kan jy meer vloeistof byvoeg.  Knie dit goed en laat dit vir ten minste ‘n uur staan.

Neem ‘n deel van die deeg, rol dit uit – so 5mm in dikte.  Druk met ‘n koekiedrukker uit – doop die koekiedrukker in meel, anders gaan jy begin lelik praat.  En gebruik verskillende vorms – dis mos prettigheid in aanvang. 

Sit die koekies met ‘n mes op ‘n bakplaat, so 2.5cm uitmekaar.

Bak vir so 15 minute by 400 grade Farenheit/200 grade Celcius.  Lig van die bakplaat af met ‘n mes, en koel af op draadrak.

Daar het jy dit.  Soetkoekies van soetwyn.  Voila!  Ek dink selfs ek sal die ene kan bybring!

Binnekort kan die baksters en bakkers begin voorrade opbou vir die groot eet aan die einde van die jaar. 

 
16 Comments

Bygedra deur op Augustus 13, 2008 in Lekker maklike kos

 

16 Responses to Outydse Soetkoekies

  1. Dellie

    Augustus 13, 2008 at 4:27 nm

    Dankie Skoor! Dis nogal die eerste keer dat ek hoor van soetwyn in soetkoekies, maar wie is ek nou om te stry? Sal kom verslag doen sodra ek dit gebak het, hoor! :wink:

     
  2. isabel

    Augustus 27, 2008 at 12:04 nm

    baie dankie. soek al lank na die resep

     
  3. skoor

    Augustus 27, 2008 at 12:13 nm

    Isabel, geniet! Die vet storie is vetweet nognie opgelos in my soeke nie, miskien kan jy eendag laat weet.

     
    • Rika Esterhuizen

      Oktober 6, 2010 at 3:31 nm

      Die vet waarvan hulle praat is “lard” of varkvet te koop by slaghuise. My ouma het dit altyd gebruik.

       
  4. saartjie

    November 25, 2008 at 11:23 vm

    dit klink heerlik

     
  5. netjane

    November 27, 2008 at 12:34 nm

    Ek is so bly jy het hierdie resep geplaas. My blog kry daagliks soekterme wat wissel tussen soetkoekies en outydse soetkoekies tot ouma se soetkoekies. Miskien kom die siele nou hier uit! ;)

    Nou wonder net of ek moet begin bak, want ek weet mos nou ek gaan die hele baksel self wil verorber…

     
  6. Skoor

    November 27, 2008 at 4:18 nm

    Oe jy kan my niks vertel van Search Engine Terms nie, NetJane! As jy nou die koekies gebak het, dan gaan kyk jy op skoorblok se S.E.T blad wat ek al ondervind het!

    En jy is tog so lief vir koekies, ne.

     
  7. MAGDA

    April 3, 2009 at 12:41 nm

    LO. DIE VET WAT VARKVET IS INI SOETKOEKIE RESEP KAN VERVANG WORD MET HOLSUM VET. MY MA HET DIT ALTYD SO GEBAK AS SY NIE VARKVET GEHAD HET NIE.

     
  8. Skoor

    April 3, 2009 at 1:30 nm

    Great, dankie vir die tip!

     
  9. Bea-Triche

    Augustus 19, 2010 at 9:10 vm

    Myns insiens is die vet-botterverhouding verkeerd. Die resultaat lewer ‘n kleinkoekie met ‘n oorweldigende varkvet smaak. Gebruik slegs 2E varkvet en vervang die res met botter of margarien.
    Dit is maklik om varkvet self uit te braai:
    koop sowat 250g varkspek by die slagter, sny dit in blokkies en plaas in ‘n kastrol gevul met 1 koppie water. Prut stadig by medium hitte totdat die vet alles uitgebraai het. Dit duur so min of meer ‘n halfuur. Die water verdamp vanself.
    Syg deur ‘n sif, laat afkoel, bottel en bêre in die yskas. Die uitgebraaide vet hou letterlik maande lank sonder om geur te verloor.

     
  10. Skoor

    Augustus 19, 2010 at 9:17 vm

    Dankie vir die raad BT.

    Smeer sommer daai varkvet op tuisgebakte brood met dik appelkooskonfyt. Dan gaan dit nie ‘to waste’ nie.

     
  11. Bea-Triche

    Augustus 21, 2010 at 3:32 nm

    Plaasbrood met uitgebraaide varkvet , fyngekerfde biltong en taaierige appelkooskonfyt is mos koningskos!
    Ek het jou soetkoekieresep aangedurf (minder vet gebruik!) en die eindproduk is heerlik – smaak nes my oorle ouma s’n!.
    Dankie vir die resep.

     
  12. Santjie Strooh

    Januarie 28, 2011 at 9:25 nm

    Van die vleisirige saksel van varkvet gee n besonderse saak aan soetkoekies.

     
  13. Alice

    December 28, 2011 at 3:02 nm

    die vet waarvan in die resep gepraat word is Holsum vet. Ek het ‘n resep gehad van soetkoekies maar in plaas van soetwyn kry dit kondensmelk in. ook baie lekker

     
  14. Skoor

    Januarie 30, 2012 at 8:54 vm

    BT, ek sal die biltong kerf en konfyt bring, dan bak jy die brood en ons kry mekaar pouse by die draad en eet tot ons MOET rus.

    Santjie, dit klink rof, maar ek vat jou woord :-)

    Jissie, vet EN kondensmelk. Ook net ons Boeremense wat so dubbel kan ver-vreet, hahaha

     

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 46 other followers