RSS

Mossel Sop of Mossel Pastasous

18 Feb

Hierdie vinnige resep is reg vir ‘n mossel sop op sy eie, bedien met ‘n broodjie, of as ‘n pasta sous, bedien op spaghetti of linguine.

Kry ‘n kilogram vars mossels by jou naaste viswinkel/fishmonger, en sorg dat die baarde verwyder is voor jy dit kook.  Ek gooi myne sommer in varswater na dit skoongemaak is, ingeval een nog sand wil uit nies.

mosselsNeem ‘n ui, gesny in fyn blokkies, en braai tot amper bruin in olie.  Gooi fyngesnyde kool en wortel by.  Grof gerasper, as jy nie die geduld het om fyn snywerk met ‘n mes te doen nie.  So ‘n halfkoppie van elk.

Roerbraai dit tot die geure jou maag mal maak, en gooi ‘n teelepel fyngesnyde VARS knoffel by.

Maak ‘n hoogvol teelepel groente aftreksel of hoender aftreksel aan in 500ml kookwater, en gooi in die pot.  Meng die groentes lekker deur.

Neem ‘n glasie witwyn, gooi dit ook in die pot, en hou die deksel vir eers af.

Wanneer die mengsel kookpunt bereik, draai jy die hitte effe laer, en gooi ‘n skeut room, so 125ml, in.  Roer deur, geur met sout en swartpeper as jy die groentemossels2 geproe het. 

Die waaghalsige kok sal hier by die proe, sommer die res van die houertjie room ingooi, maar ek raak te nervous met baie room in my kos.

Laat die room effe verdik, en gooi die vars, skoongemaakte mossels in, met die deksel op.  Na 5 minute loer jy of die mossels al begin gaap.  Na 10 minute verwyder jy enige mossels wat nog toe is na die stadige stoom proses.

Roer een maal deur, en bedien in sopbakkies met lekker vars brood, of gooi gekookte spaghetti of linguine in die pot, roer deur, en na 5 minute is dit opskeptyd.  Ook natuurlik met ‘n stukkie brood op die kant, en ‘n lekker glas wyn.

Dit is ‘n MOSSEL gereg, daarom die hoeveelheid.  Ek haat dit tog so om te gaan soek vir mossels in my kos.  Ek soek eerder die pasta of die brood, as wat ek 3 mossels en ‘n helse klomp sop moet deurwerk.

About these ads
 
6 Kommentaar

Posted by op Februarie 18, 2009 in Lekker maklike kos

 

6 responses to “Mossel Sop of Mossel Pastasous

  1. Zee

    Februarie 27, 2009 at 11:08 vm

    Ai Skoor, elke keer as ek jou prentjie sien wil ek gaan duik…. ek mis dit soooooooooooooooo baie!

     
  2. Skoor

    Maart 2, 2009 at 8:16 vm

    Die see gee en die see neem… of laat ek liewer se EK GEE!

    Daar le 8 ou grotes in die vrieskas na Saterdag se geseende oes, maar die jimmil weet, toe ek by die huis kom en sien my belly bag met my mes en my sorgvuldig gemaakte aanhouertjies het agterwee gebly, het ongekende taal oor my lippe ontsnap!

    Die wind het sterk gewaai Sa’rag en die sak het afgeglip waar dit gehang het om winddroog te raak, en uit my gesigsveld. As mens na so ‘n 2+ ure duiksessie weer inpak, is jy obviously minder sorgvuldig as met die inpak.

    Ek het ook 3 weke terug my hoodie en handskoene so laat bly.

    Loskoppie. En dit kos my onnodig geld wat my de hel in maak. :-(

     
  3. rosalindfranklin

    Maart 8, 2009 at 9:15 nm

    ooo! is dit wat die prentjie is! dankie zee :)

     
  4. Annalie Le Riche

    Februarie 12, 2012 at 9:28 vm

    Annerita spesiaal vir jou – gebruik sommer blik mossels – dan is jy weer terug op Pearly Beach as jy die soppie eet. Ek maak dit vandag vir ‘n pasta sous. hmmmmmmmmm

     
  5. Annalie Le Riche

    Februarie 12, 2012 at 9:34 vm

    annerita spesiaal vir jou- gebruik sommer blik mossels dan is jy weer terug op pearly beach as jy die soppie eet, Ek maak dit vandag vir pastasous.hhhhhhhhh

     
  6. Skoor

    Februarie 14, 2012 at 12:31 nm

    Natuurlik sal ‘n blik werk!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 202 other followers

%d bloggers like this: