Lees jy jou strokies deeglik voor jy betaal?
Maart 2, 2009

Ek doen hiermee ‘n formele beroep op die Suid-Afrikaanse verbruiker om kasregister strokies DEEGLIK na te gaan, voor die geld/kaart in daardie geborgde omhulsel geplaas word.
Ek is verlede week so gevang, en as die eienaar van die restaurant nie belowe het om my te vergoed nie, sou ek die naam hier geplaas het.
Aan die einde van ‘n aand is mens soms in so ‘n goeie luim, jy kyk na die totaal onder-aan die strokie, bereken ‘n fooitjie en betaal.
Ons is ekstra gehef vir ‘n dis wat die kelner verkeerd by die kombuis bestel het, verkeerd na ons tafel gebring het, dit gaan regstel het, en toe goedgunstiglik by die kasregister strokie gevoeg het.
Die volgende dag het ek besluit om ‘n brief aan die eienaar te stuur, nadat die kwaliteit van die kos wat ons gehad het, definitief nie op standaard was nie, en toe sien ek die FOUTJIE!
Ek het hom ‘n effense vies epos gestuur, en hy het my geskakel en omverskoning gevra, en beloof om my te vergoed met ‘n eetbewys. Nou hou ek maar die pos dop…
Verder, liewe verbruiker, moet julle bedag wees op sekere kettingwinkels in hierdie land. Op my dorp is byvoorbeeld drie van een soort, en by elk van daardie drie het ek dieselfde ervaring gehad: die rakprys, en die kasregister prys, is NIE dieselfde nie. Ek is soms meer as R2 per produk meer gevra. Ek is nou al so vurig op hulle saak, ek baklei oor ‘n 5c verskil!
As hulle op elke produk ‘n paar sent, of ‘n paar arrogante rande maak, is dit te verstane dat hulle winkels almal ‘face lifts’ kan kry wat derduisende beloop. Want ons het daarvoor betaal. Ek gee nie om of jy klip en aards by jou bakkery het nie, ek wil net he die winkel moet skoon wees. Ek koop nie lekkerder omdat jy bigscreen TV’s by die betaalpunt het nie, ek wil eerlike diens he!
Snaaks, ek het dit aan ‘n webwerf eienaar genoem ‘n paar dae terug, en hy het presies dieselfde ervaring gehad. En dit in ‘n ander provinsie… Ek wonder of ‘loop die verbruiker in’ een van hulle verbruikers riglyne is.
Wees bedag en op jou hoede. As jy probleme het, gaan na die webwerf www.hellopeter.com, registreer daar en laat jou stem hoor. Dit is tyd dat die verbruiker in hierdie land opstaan teen ongeruimdhede, swak diens en patetiese kwaliteit.
Jy kan ook op bg. webwerf pluimpies deel – iets waaraan daar ook ‘n tekort is as mens goeie diens ontvang.
Entry Filed under: Lekker maklike kos. .
5 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Wipneus! | Maart 2, 2009 at 12:50 nm
Van nou af gaan ek my kasregister strokie baie deeglik nagaan!! Ek het lankal snuf in die neus gekry!
2.
Skoor | Maart 2, 2009 at 12:54 nm
Maak tog seker jy kyk die rakprys ook.
Werk gewoonlik net as jy ‘n klein bietjie goed gaan koop, anders moet jy ‘n blikskottelse goeie geheue he!
3.
Wipneus! | Maart 3, 2009 at 3:37 nm
Skoor ek het self hieraan gedink, mens koop gewoonlik baie, en ons sal nie daai verskil sommer opmerk nie. Maar kan jy dink hoeveel geld maak hulle op die manier???
4.
Skoor | Maart 3, 2009 at 4:45 nm
Juistemit!!!
Ek het met ‘n paar goed in my hand, laas amper R6 oorbetaal. Toe ontplof ek. Dis hoekom ek nou baklei oor 5c. Want ‘n blikkie vol 5c uit my huis, gee vir ‘n katjie ‘n paar etes by die DBV.
En as ek elke 5c optel wat ek sien, of verloor wat ek NIE van weet nie, tel dit teen die einde van die jaar op na rande, en ek mors nie graag geld nie.
So wees gewaarsku, daar is kettingwinkels daarbuite, wat wag om jou in te loop! Hulle lieg as hulle se jy spaar by hulle.
5.
maxie | Maart 14, 2009 at 8:24 nm
Ek gaan ALLES na voor ek betaal en kan gewoonlik (gelukkig) die rakpryse onthou – ietwat van ‘n fotografiese geheue as dit kom by syfers.
Weet jy wat maak my briesend? As hulle kinders indoen met die kleingeld gee.
En dit gebeur baie, glo my.
Die Engelse kind laat hom nie indoen nie want hy’s briljant met wiskunde, maar toe hy jonger was het ek hom geleer om altyd vir ‘n strokie te vra, al koop hy net ‘n koeldrank by die Engen winkel!