Crushed Potatoes/Aartappels onder die Vurk

Maart 12, 2009

Die ‘in-ding’ op die spyskaarte van sommige restaurante, is ‘n gereg, bedien met ‘crushed baby potatoes’.

‘n Grend woord vir aartappels wat met die vurk bygekom is, omdat die chef te lui is om klonte uit die mash te martel! 

M.a.w ‘n dis tussen kapok aartappels en baba aartappeltjies.

Ek hou van my Steam Supreme.  Ek dink dis net so ‘n goeie uitvindsel soos gesnyde Low GI brood.  Daarom gooi en onbeskaamd die baba aartappels in die Steam Supreme, MAAR ek sit ook ‘n groot huisie knoffel in die stomer. 

bmWanneer die aartappels gaar is, neem jy ‘n pot met olyf olie, lekker warm, en woel die aartappels bietjie rond in die pot tot daar ‘n kleurtjie teen hulle ribbes ontstaan, en almal vol olyf olie is. 

Draai die hitte onder die pot se stert af, en gooi die aartappels in ‘n opdien bak.  Met ‘n vurk druk jy die duiseligheid in hulle in, sommige meer dan ander, en neem die gaar knoffel, gee hom agter ‘n drukkie, en laat die saggekookte vlees in die olie in die pot val, druk fyn met ‘n vurk, en meng deur met die olie.

Gooi nou die olie bo-oor die aartappels meng dit deur, en Ina Paarman se garlic & herb sout werk fantasties om die crushed potatoes mee te geur.

Bedien saam met varkworsies of beesworsies, as die alternatiewe mash by Bangers and Mash.

Entry Filed under: Lekker maklike kos. .

3 Comments Add your own

  • 1. Krista  |  Maart 12, 2009 at 8:18 nm

    Ooooooooo, water my mond nou!

    /me is mos ‘n aartappelkind! Ek en jy sal ‘n date moet maar sodat ek by jou kombuistafel kan kom aansit hiervoor . . .

    Reply
  • 2. Wipneus!  |  Maart 12, 2009 at 11:40 nm

    Ek is ook mal oor aartappels en gaan definitief hierdie een probeer.
    Dankie Skoor! ;)

    Reply
  • 3. Skoor  |  Maart 13, 2009 at 8:23 vm

    Ja julle twee, dis ‘n dis wat skrik vir niks, veral as jy nou ala Skoor begin eksperimenteer met fyngekapte uie en net so fyn spek (sny altyd makliker gevries en met ‘n skeeeerp mes) lekker gebraai, en dit dan so saam met grondknol platgedruk.

    As jy jou aartappels gewoonweg kook, gooi ‘n takkie vars roosmaryn in, of ‘n teelepel gedroog, en sien hoe die saam eters sit en frons oor die dem lekker smaak wat hulle sukkel om te plaas!

    Reply

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


visitor stats

Wat kook nog?

Opskeploerders

Kommentare

heidihaasbroek on Kits Suurdeeg Beskuit
Skoor on Kits Suurdeeg Beskuit
heidihaasbroek on Kits Suurdeeg Beskuit
BB on Kaaskoek
Skoor on Kaaskoek
BB on Kaaskoek
Skoor on Om chillies te bewaar
ANDRE on Om chillies te bewaar
Skoor on Nog Kos!
Nadine Smuts on Nog Kos!
Nikita on Maak yoghurt. Jou eie!…
kaneelsuiker on Maak yoghurt. Jou eie!…
Skoor on Maak yoghurt. Jou eie!…
kaneelsuiker on Maak yoghurt. Jou eie!…
Wipneus! on Maak yoghurt. Jou eie!…

skoorbek@gmail.com

Inteken

Blogroll