Gevulde Butternut

Mei 13, 2009

butternutAs jy jou mede eters se ogies wil laat rek, sit ‘n halwe pampoen op hulle borde.  Dis al.  ‘n Halwe pampoen!

Maar stop hom met liefde, en sit hom voor met oortuiging.

Ek het nie tyd vir ure se gebak in ‘n oond nie.  En krag is anyway te duur.  Daarom halveer ek my butternut, verwyder die pitte en sommer bietjie van die nek se vlees, en sit dit in die Steam Supreme om gaar te stoom.

So tussen die stoom wat my bril toewasem en die gesels met die huismense, maak jy ‘n pakkie maalvleis gaar met die nodige uie, knoffel, sout, peper en kruie.  Soos wat jy enige mince gaarmaak.

As die butternut sag gestoom is, haal jy dit uit, en plaas dit in ‘n oondvaste bak.  Skep die maalvleis in die hol gedeelte van elke halwe pampoen en krummel feta daaroor.

butternut2Druk dit onder die oond se rooster (grill) en laat die feta ‘n kleurtjie kry.

Haal uit, sit op ‘n bord, skink wyn, en eet heerlik aan jou pampoen.

Jy kan kwart kersie tamaties by die maalvleis gooi die oomblik as jy die hitte onder die pot afsit.  Roer een maal deur, en laat die vleis se hitte die tamaties verwarm.  Blokkies feta, i.p.v gekrummel, maak dit ‘n dis vir die oog.

Die alternatief, as jy ‘n houtstoof het wat heeldag vuur in sy maag het, is om die pampoen in die oond te druk, tot dit heerlik sag is, dit dan te vul, en terug te druk vir die finale afronding.  Maar ek weet tyd is min, en houtstowe nie meer volop nie.

Bon Apetit!

Entry Filed under: Lekker maklike kos. .

2 Comments Add your own

  • 1. BB  |  Mei 13, 2009 at 2:16 nm

    Ok, in all honesty… ek en Helge het ‘n ‘history’ met butternut. Ek gaan nie uitwei daaroor nie, maar gebruik die woordjie “butternut” en Helge reply met: “Drakensberge” en “Lady Di” en rol daai oge hemelwaarts! :roll: – ek moet hom tog stuur om ‘n draai hier te kom maak!! :mrgreen:

    Reply
  • 2. Skoor  |  Mei 13, 2009 at 3:22 nm

    Miskien sal Helge dan die guts he om sy spiere hier te kom bult en vir ons te vertel wat hy met Lady Di in die Drakensberge aangevang het.

    Vra hom tog BeeBee!

    Reply

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


visitor stats

Wat kook nog?

Opskeploerders

Kommentare

heidihaasbroek on Kits Suurdeeg Beskuit
Skoor on Kits Suurdeeg Beskuit
heidihaasbroek on Kits Suurdeeg Beskuit
BB on Kaaskoek
Skoor on Kaaskoek
BB on Kaaskoek
Skoor on Om chillies te bewaar
ANDRE on Om chillies te bewaar
Skoor on Nog Kos!
Nadine Smuts on Nog Kos!
Nikita on Maak yoghurt. Jou eie!…
kaneelsuiker on Maak yoghurt. Jou eie!…
Skoor on Maak yoghurt. Jou eie!…
kaneelsuiker on Maak yoghurt. Jou eie!…
Wipneus! on Maak yoghurt. Jou eie!…

skoorbek@gmail.com

Inteken

Blogroll