Om chillies te bewaar
Junie 10, 2009
Die winkels le vol chillies – alle soorte, kleure en sterktes.
As jy jou eie bos in die agterplaas het, en wil wegsit vir die dae wat jy dit gaan nodig kry, maar die bos nie dra nie, is hierdie wenk vir jou.
Pak flessies vol met chillies van verskillende kleure en vorms. Skat hoeveel asyn jy sal nodig kry om hulle te bedek, en bring die asyn tot kookpunt. Gooi ‘n skeut suurlemoensap in die flessies, gevolg deur die kokende asyn.
Maak die flessies tot heel bo vol met die asyn, draai die deksel styf op, keer om, laat afkoel, en voila, jy het jou eie oes bewaar.
Entry Filed under: Lekker maklike kos. .
21 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
boervrou | Junie 10, 2009 at 6:00 nm
Hoekom moet jy die asyn kook?
2.
Skoor | Junie 10, 2009 at 6:14 nm
Die temperatuur van die asyn maak kieme aan die chillies se lywe dood, en dis soos blansjeer – die eindproduk hou effe langer.
3.
boervrou | Junie 10, 2009 at 8:28 nm
Dit wat ek wil weet het niks met chillies uit te waai nie, maar hoe kry julle die mooi tel goedjies dat dit ‘n knoppie wys soos joune, en nie net text wys soos myne nie? Hoe ’sit jy dit in’ die page? Sorry ek vra, maar ek het al moed verloor.
4.
boervrou | Junie 10, 2009 at 8:31 nm
Sjoe ek sien eks al een wat vrae vra, sorry!
5.
Skoor | Junie 10, 2009 at 8:31 nm
Jinne jong, ek het mos daardie ding reggekry, en toe ek my nuwe Skoor skep, is dit ook net die code wat wys, en tot op hede het ek nognie daai uitsorteer nie.
Ek gaan jou die naam van ‘n boffin mail – vra haar. Hou vas. O, en ek soek asb ‘n copy van jou antwoord na my email, deal?
6.
boervrou | Junie 10, 2009 at 8:33 nm
Reg so!
7.
Skoor | Junie 10, 2009 at 8:35 nm
Toemaar, gewoonlik ken mens iemand wat iemand ken wat kan help. Hou net vas, ek het gou gemail en toestemming gevra dat ek jou kan verwys.
Maniere, sien. Wil nie more vertel word ek is sonder daai nie
8.
boervrou | Junie 10, 2009 at 8:38 nm
Of jy kan my mail adres gee. Dis nie ‘n malletjie nie,nê???
9.
Skoor | Junie 10, 2009 at 8:42 nm
Ja, sy is ‘effe af’ maar ons gooi haar maar met kokende asyn – dan hou sy langer…
Nee, sy klink heel kewl, moenie worry nie
10.
boervrou | Junie 10, 2009 at 8:56 nm
thanks anyways lekke slaap
11.
Skoor | Junie 10, 2009 at 10:22 nm
Jy ook, lyk my daai antie loop le met die hoenirs, maar nou ja, miskien surface sy vroegerig more.
ciaobella
12.
Krista | Junie 11, 2009 at 8:12 nm
En wat van peppadews? Kan mens dieselfde met hulle doen? En hoekom brand die vars peppadews se vleis so VERSKRIKLIK as die in die bottels net spicy is?
Hê Skorie?
13.
Skoor | Junie 11, 2009 at 8:37 nm
Ek weet nie of jy hulle ook so kan bewaar nie, as jy jou hande daarop kan le, doen so en laat ons weet.
Ek gaan my ma vra vir haar pepadew resep – sy is baaaaie slim, die Skoormamma.
Okei Krista
14.
Skoor | Junie 11, 2009 at 8:38 nm
Nikita, ek verwyder jou resep, as ek weer lekker op die been is gaan ek dit maak, en blog dit met die nodige ‘name calling’
Dankie daarvoor.
15.
Nikita | Junie 11, 2009 at 8:47 nm
ok! goed so!
16.
maankind | Junie 20, 2009 at 5:40 nm
Ek gooi myne sommer net so in die groentebak, en dit word lieflik droog en bly mooi rooi daarby.
Wys my ‘n makliker metode…
17.
Skoor | Junie 20, 2009 at 7:59 nm
Ek het! Hier bo!
18.
kaneelsuiker | September 10, 2009 at 8:21 nm
Ek het ‘n paar chillies geoes en nie geweet wat om met hulle te maak nie. Toe vat ek maar ‘n leë agurtjie bottel en lê hulle in vodka (so aaklige goedkoop soort) en hulle hou nou al vir 6 maande mooi. Al probleem is nou die vodka smaak, maar ek reken ek sal dit kan afwas. Ek gaan nog ‘n mean mexican pizza met hulle maak.
19.
Skoor | September 11, 2009 at 8:28 vm
Onthou, as jou ore nie steek as jy daai pizza eet nie, is daar nie genoeg chillies op nie!!!
20.
Nelba | September 18, 2009 at 9:55 vm
Sien ek nou eers hierdie. Julle kan my chillies kry. Almal! Ek sit nie weer my bek of hanne aan een nie…
21.
Skoor | September 18, 2009 at 10:03 vm
Hooit Nelba! Lyk my jy’t effe ‘n bloutjie geloop met chillies? Aan jou ogie gevat of so iets??
Lol, dis nie so erg nie, maar stuur maar aan. Smeer net buite op die pakkie, dat die posbliksems wat so steel ook darem iets kry om oor te kla