Peppadew – eg Suid-Afrikaans
Julie 3, 2009
Dit het die winkelrakke soos ‘n warrelwind getref, en mense het voortande eerste geproe aan ‘n peppadew, voordat dit reguit kies-in gedruk is.
En dit omdat ‘n Oos-Kaapse boer die snaakse vruggie in ‘n vallei op sy plaas ontdek het, en besluit het om dit ‘n hap te gee (my ma het my geleer mens eet nie goed wat jy nie ken nie…)
Vandag stop jy dit met roomkaas, bedien dit met koue vleise, en versier borde daarmee, asof dit maar altyd deel was van die gereg.
As jy jou hande op ‘n emmertjie peppadews kan le, sny hulle stingelgedeeltes uit, en besluit self: as jy braaf is, gaan hulle net so pot toe.
As jy egter nie so ‘n vreeslike byt in die mond wil voel nie, week hulle oornag in skoon water.
Neem 1.5liter wit druiwe asyn en 4 koppies suiker asook twee teelepels sout en draai die hitte onder die pot se stert oop. Gooi 1 eetlepel naeltjies, 1 eetlepel allspice, ‘n stuk heel vars gemmer en 2 stukke pypkaneel in die pot.
Bring tot kookpunt, en blansjeer die vruggies in die sous.
Skep uit in gesteriliseerde flessie, en maak tot bo vol met die sous.
Entry Filed under: Lekker maklike kos. .
10 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Krista | Julie 3, 2009 at 7:19 nm
Hmmmm, ek reken my vars peppadews is lankal al vrot uit die yskas verwyder en dumps toe . . . damn!
Dankie anyway . . . nou weet ek vir volgende keer . . .
2.
Jo-Ann | Julie 5, 2009 at 9:01 nm
Ek bêre beslis die raad vir die dag wat ek my hande op die vars model kan lê. Ek is verslaaf. Het juis net-nou weer ‘n draai deur die yskas begin by die bottel met die rooi verderf!
3.
Skoor | Julie 5, 2009 at 9:04 nm
As ek ‘n plant of twee kan vind, drop ek vir jou een by Nuweland
4.
BB | Julie 9, 2009 at 10:41 vm
Is ini pitte Skoortjie!!! Die pitte moet uit – dan hoef hy nie eers te week nie… maar ekke looooooove my peppadews!!!
5.
Jo-Ann | Julie 15, 2009 at 7:03 nm
Skoor, ek kom deesdae al minder by Nuweland, maar ek ry die Skiereiland plat…. byna daagliks Milnerton se koers. Sê net waar en ek kom haal! Van Gordonsbaai tot in Tokai en Melkbosstrand… as dit Paarl is, ook goed – kan gerus weer by Halstarrig aanklop en kyk of ek hom nie kan oortuig nie…
My bottel is leeg! Die kaaswinkel s’n is die goedkoopste en ek sal beslis môre moet gaan voorraad aanvul!
6.
skoor | Julie 15, 2009 at 10:30 nm
Hou aan koop J! My twee kontakte het nie een meer plantjies nie, maar hulle is op die uitkyk.
Tot ons dus opspoor en kan ‘boer-boer’ speel, sal jy maar moet koop, en berus.
(hoekom kom jy nie meer by Nuweland nie? Kwaad vir jou span, of skaam vir die kaptein?)
7.
Skoor | Julie 23, 2009 at 8:57 vm
Jo-Ann, mail my – ek het fab nuus!
skoorbek@gmail.com
BeeBee, ek wou jou nog se: jy kyk te veel BBC Food. Hulle vertel almal van dis inni pitte, maar hulle lieg soos net ‘n ingilsman kan. As ‘n ding brand, dan brand hy. Of dit pitte het of nie.
BeeBee, het kole pitte, he? En hulle braaaaand!
8.
Nikita | Julie 24, 2009 at 1:11 nm
http://capetable.typepad.com/cape_table_club/
Skoor, gaan loer bietjie in hier…en sy het ook ‘n link na ‘n restaurant in Oudsthoorn “Kalinka”…gaan kyk bietjie, daarrie plek (Kalinka) lyk nou classy!
9.
Nikita | Julie 24, 2009 at 1:13 nm
http://tinyurl.com/n4kz6u
daar’s Kalinka se link op haar blog
10.
Skoor | Julie 30, 2009 at 9:29 vm
Ja Nikita, ek was so lanklaas in Volstruis geweste, vandat ek nie meer KKNK toe gaan nie, is daar min rede om te gaan. Looks naais!