Mikrogolf Koek

Oktober 6, 2009

Ek is ‘n self-verklaarde nie-bakker.  Kook ja, potte en potte lekker kos.  Maar bak maak my senuweeagtig, en my spasie is te min vir afmetings, sif en knie.

Daarom verwelkom ek altyd maklike resepte wat dalk kon lyk asof dit tyd kon vat, en meet, sif en klits betrokke was.  En wat ek in my klein ko’buisie kan aanmekaarslaan.

Meng 1koppie meel, 1 koppe suiker, 2 eiers, 2 teelepels bakpoeier, 1 koppie kookwater, 3 eetlepels kakao, 1 eetlepel mayonnaise en ‘n 1/4 teelepel sout saam.micro

Gooi in ‘n mikro bak of mikro koekvorm, en bak op hoog vir 7-8 minute.

Versier soos jy daarvoor lus het, of dit nou bedek met ‘n dekandente gesmelte sjokolade sous is, of versiersuiker, onthou net om nie skaam te wees daarmee nie.

Let wel – as jy ‘n wit koek wil bak, vervang die kakao met maizena.

Entry Filed under: Skoor kook oor!. .

11 Comments Add your own

  • 1. Krista  |  Oktober 6, 2009 at 6:05 nm

    Mayonnaise????? Inni koek??? Is jy seker???

    Dit klink maklik genoeg dat PJ vir my ‘n verjaarsdagkoek kan bak! :wink:

    Maar ek weet nog nie so lekker van die mayo nie? Kan mens low fat mayo gebruik?

    Reply
  • 2. maxie  |  Oktober 6, 2009 at 9:56 nm

    Die Engelsmanne gaan nog jubel oor die maklike reseppie….
    Ek het eenkeer vantevore ‘n koek gebak met mayonnaise in, blykbaar proe dit fantasties.
    Dankie Skorie!

    Reply
  • 3. Skoor  |  Oktober 7, 2009 at 8:17 vm

    Ja Krista. Mayo! Vir wat wil jy neuk met low fat? En dit na die koppie suiker… Laat ou PJ probeer. Miskien moet julle netnie vir Graatjie en die Generaal oornooi nie.

    Maxie, steek die Rooibaadjies in die werk. Laat hulle vir JOU bak en bederf. Dis reg so. Soos dit moet wees.

    Reply
    • 4. Krista  |  Oktober 8, 2009 at 6:28 nm

      Ons mind nie vir suiker nie – ons het die energie nodig vir gym.

      Vra maar die generaal oor vet – vet maak vet!

      Reply
  • 5. Pikkie  |  Oktober 7, 2009 at 1:17 nm

    Blerriieeee JIPPPPIEEEE!!!! Ek moes met die laaste getrekkery my stoof inboet en sit nou met ‘n tweeplaat.. rerig… (gelukkig het Mynick lankal al begin om al wat ‘n gadget is vir my aan te skaf, so ek kom goed klaar,) dis net die bak wat ‘n pyn is… Vanaand eet my telgies koek! So waar as wragties! Dankie Skorerasie!

    Reply
  • 6. Skoor  |  Oktober 7, 2009 at 4:02 nm

    Aag jong, se vir jouNick hy moet solank tjoklit smelt, dan roer hy room daarby in, gooi ‘n doppie KWV 10 jaar saam, en julle gooi dit oor daai warm koek dat dit so intrek.

    Dan klop jy die res van die room styf, en julle voer mekaar ini slaapkamer. Lekker dekadent. En jy vry hom tot hy vir jou ‘n oond koop!

    Reply
  • 7. Pikkie  |  Oktober 8, 2009 at 12:15 nm

    Skorie – daar verorber hierdie 4 Losmoertjies nou wragtig gisteraand daai hele koek! Sonder fancy goeters, sommer net Milo-versiersuiker!! Thoef-tjaf – koek opgevreet!

    Reply
  • 8. Skoor  |  Oktober 8, 2009 at 12:30 nm

    Dankie Pikkie, dis altyd lekker om jou terugvoering te kry! Sien, jy sal nog ‘n bobaas kok uitdraai. JouNick sal nog sy oe nie kan glo nie!!!

    Ek dink jy moet die naweek die room opsie probeer. Sit die klein losmoertjies vroeg in die bed :lol:

    Reply
  • 9. Pikkie  |  Oktober 9, 2009 at 5:01 nm

    Skorie, ek moet jou vergas met my ‘Nood leer planne maak’ broodjie… Ook sommer so vir die mikrogolf

    Bestanddele:
    2 koppies bruismeel
    2 desertlepels olie
    2 eiers
    2 eetlepels suiker
    1 groot blik suikermielies
    paprika

    Metode:
    1 Berei mikrogolf-broodpan (of sommer ‘n langwerpige glasbak) :lol: voor en sprinkel paprika teen kante en op bodem.
    2 Meng bruismeel, olie, geklitste eiers en suiker.
    3 Voeg suikermielies by.
    4 Gooi in pan en sprinkel paprika bo-oor.
    5 Mikrogolf 9 minute by defrost en 6 minute by Hi.

    Reply
  • 10. Skoor  |  Oktober 12, 2009 at 12:17 nm

    Aag Pikkie maar jy is ‘n dol! Dankie dat jy die met ons deel. Ek gaan dit, as jy nie omgee nie, cut en paste onder ‘n nuwe pos, sodat dit op die search engines kan verskyn. Nie weggesteek by die comments nie.

    Reply
  • 11. Pikkie  |  Oktober 13, 2009 at 11:55 vm

    Is reg Skorie. Onthou net die broodjie is nogal soet… Met die suiker en suikermielies saam is dit amper ‘n koek… :lol:

    Reply

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


visitor stats

Wat kook nog?

Opskeploerders

Kommentare

Nikita on Maak yoghurt. Jou eie!…
kaneelsuiker on Maak yoghurt. Jou eie!…
Skoor on Maak yoghurt. Jou eie!…
kaneelsuiker on Maak yoghurt. Jou eie!…
Wipneus! on Maak yoghurt. Jou eie!…
Skoor on Wenke
Janett on Wenke
Skoor on Kits Suurdeeg Beskuit
Goggie on Kits Suurdeeg Beskuit
Skoor on Doel van die blog
Marietta on Doel van die blog
Skoor on Potgrond Poeding!
Sonkind on Potgrond Poeding!
kaneelsuiker on Potgrond Poeding!
Krista on Potgrond Poeding!

skoorbek@gmail.com

Inteken

Blogroll