Nood-leer-Bak Broodjie
Oktober 19, 2009
Pikkie los die ander dag ‘n comment in die vorm van ‘n resep. En met die nodige toestemming plaas ek dit vir die Sondagaand wat jy besef die skoolbrood wat jy Vrydag gekoop het, is muf, en daar is nie muffins om in die kosblikke te sit nie.
- Skorie, ek moet jou vergas met my ‘Nood leer planne maak’ broodjie… Ook sommer so vir die mikrogolf
Bestanddele:
2 koppies bruismeel
2 desertlepels olie
2 eiers
2 eetlepels suiker
1 groot blik suikermielies
paprika
Metode:
1 Berei mikrogolf-broodpan (of sommer ‘n langwerpige glasbak) voor en sprinkel paprika teen kante en op bodem.
2 Meng bruismeel, olie, geklitste eiers en suiker.
3 Voeg suikermielies by.
4 Gooi in pan en sprinkel paprika bo-oor.
5 Mikrogolf 9 minute by defrost en 6 minute by Hi
Entry Filed under: Skoor kook oor!. .
9 Comments Add your own
Leave a Comment
Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
Sonkind | Oktober 19, 2009 at 8:08 nm
Dankie hiervoor. Net een iets – is dit suikermielies soos in romerige sweet corn, of net gewone mielies in die blikkie?
2.
Skoor | Oktober 20, 2009 at 9:03 vm
Man Sonkind, my common sense se vir my dis nie die romerige soort nie, want daai ekstra vloeistof sal ‘n papperelle spul tot gevolg he.
Maar miskien is ek heel verkeerd. Pikkie het wel gese dat dit ‘n soet brood is, so met die mielies en die suiker saam. Ek sou sommer die suiker uitlos – mens wil nou ook nie hyper kids skool toe stuur nie, die arme onnies!
Kom ons hoop maar Pikkie kom loer en gee terugvoer. As ons lank genoeg op haar konsentreer, draai sy dalk haar cursor in onse rigting. (wou se ‘muis’ maar ai, dit klink net nie goed nie, en dis ‘n kos site)
3.
Pikkelik | Oktober 20, 2009 at 11:41 vm
NEEE!!!! Dis sweetcorn…. Romerige lekker sweetcorn!!!!
Die brood kry mos nie water of melk of room of iets wat hom kan nat maak nie…. My enigste probleem is gewoonlik dat ek twee blikkies mielies moet oopmaak… Mielies is actually die enigste groente buiten wortels wat my kinders sonder kamo eet… Die blik is gewoonlik halfpad voor ek by die brood uitkom!!!
4.
Skoor | Oktober 20, 2009 at 11:47 vm
Aag hel Pikkelik, ek en Sonkind het dit geweet. Ons het net besluit om jou been te trek! Jy het reageer PRESIES soos ons gedink het jy sou. Ons het even geweet van die twee blikke wat jy op ‘n slag oopsny.
Jy moet McCain se gevriesde pakkies mielies koop. Jissie, dis fab. Jy druk dit net bietjie in die mikro met ‘n sprinkel Ina Paarman sout oor, en jou kidz sal mal gaan daarvoor.
5.
Pikkelik | Oktober 20, 2009 at 11:50 vm
Jitte maar julle is slim!!!
Ek sal dit bietjie probeer, is dit ook in sulke lekker klein pakkies verpak?
6.
Pikkelik | Oktober 20, 2009 at 11:54 vm
Ek moet ook darem bieg – hierdie is my ma se broodjie resep. Het ek al gesê sy is Matrone by ‘n ouetehuis! Sy weet flippen alles van kook en bak af…. ek weet rerig nie waar het sy aan my gekom nie…
7.
Skoor | Oktober 20, 2009 at 12:39 nm
Ons is. Ek weet.
Jip, dis die ougatste pakkies, ek weet nie of dit 500g of 250g is nie. So R7/pakkie.
Jou ma het jou seker in die Landbouweekblad gevind. Vra haar tog.
8.
Pikkie | Oktober 20, 2009 at 1:08 nm
…of uit ‘n drein uitgelok met ‘n stukkie slap pap… haar woorde, nie myne nie….
9.
boervrou | Oktober 20, 2009 at 6:25 nm
Sjoe klink te lekker!