Potgrond Poeding!

Oktober 29, 2009

Casper de Vries het ‘n paar jaar terug die SA publiek se aandag gevestig op stoute woorde wat in ons taal versteek is.  Een hiervan was die woord poespas.  Jip, asems is ingetrek, tantes het flou geval, en laerskool kinders het agter hulle handge gegiggel.  Poespas, of deurmekaarspul, is presies wat ek die volgende nagereg resep noem.  Maar ek wil nie so ver gaan om dit so te doop nie, en ons hou maar by die feit dat die Amerikaners dit ‘Potting Soil Dessert’ roep.  En ja, dit lyk soos potgrond, maar smaak soos stoutwees!oreo

Rasper 4 pakkies swart Oreo koekies – ek raak uitgerasper by die derde koekie, daarom help die vysel en stamper, of ‘n dik Ziplock en ‘n wynbottel om die koekies fyn te slaan.

Kry sommer die kinders om te help.  Genade, dis after all hulle wat gaan smul!

Meng 2 pakkies Vanilla kitspoeding met 4 koppies melk, en wanneer dit lekker deurgemeng is, voeg jy 2 bakkies gladde, ongegeurde maaskaas by, en meng dit ook goed deur.

Neem ‘n glasbak en bou lae:  koekies, kitspoeding mengsel, koekies en eindig met koekies.  Verkoel in die yskas, en val weg met mening!

Entry Filed under: Lekker maklike kos. .

5 Comments Add your own

  • 1. Pikkie  |  Oktober 29, 2009 at 2:34 nm

    Jy is my hero!!! Net ‘n yskas!!! Dankie Skorie, hierdie een probeer ek sommer vanaand…

    Reply
  • 2. Krista  |  Oktober 29, 2009 at 5:51 nm

    Hmmmmmmmm, njammies!!!!!!!

    PS: Hoeveel g vet/100 g het Oreos in?

    Reply
  • 3. kaneelsuiker  |  Oktober 29, 2009 at 6:44 nm

    Oh wow! Kannie wag om weer by die huis te kom en te probeer nie!

    Reply
  • 4. Sonkind  |  November 1, 2009 at 11:44 nm

    Kan ek iets anders as oreo koekies gebruik? Ek HAAATT Oreos!

    Reply
  • 5. Skoor  |  November 2, 2009 at 8:08 vm

    Toe Pikkie, het die poeding aangebrand? :lol:

    Krista, nevermind die vet, gebruik NO FAT maaskaas, dan balanseer jy die twee uit!

    Kaneel, ek het jou nogal in gedagte gehad toe ek dit geplaas het. ‘n Seun met ‘n soet tand soos ek aflei jy is, het ‘n vinnige ‘pick me up’ nodig by tye!

    Son, natuurlik! Ek het dit gisteraand met Mint Romany Creams gemaak. Dan het dit so ‘n hint van die heerlike peperment crisp tert van my ma, by.

    Ek dink grootmense moet sommer ‘n lekker skeut brannas ook bygooi. Jinne, mens is net een maal groot!

    Reply

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


visitor stats

Wat kook nog?

Opskeploerders

Kommentare

Nikita on Maak yoghurt. Jou eie!…
kaneelsuiker on Maak yoghurt. Jou eie!…
Skoor on Maak yoghurt. Jou eie!…
kaneelsuiker on Maak yoghurt. Jou eie!…
Wipneus! on Maak yoghurt. Jou eie!…
Skoor on Wenke
Janett on Wenke
Skoor on Kits Suurdeeg Beskuit
Goggie on Kits Suurdeeg Beskuit
Skoor on Doel van die blog
Marietta on Doel van die blog
Skoor on Potgrond Poeding!
Sonkind on Potgrond Poeding!
kaneelsuiker on Potgrond Poeding!
Krista on Potgrond Poeding!

skoorbek@gmail.com

Inteken

Blogroll