Februarie. Die maand van liefde. En ook die maand waar mens se voete gou sleep en die hitte jou hare vaal maak.
Daarom is jy onder bevel: gaan huis toe vanmiddag, en sorg dat jy ‘n lang, mooi, sexy glas neem met ‘n halwe hand peperment blare uit jou tuin.
Gooi dit onder-in die glas, en ‘n teelepel suiker op die blare, en neem die agterkant van ‘n houtlepel en kielie bietjie die blare met die suiker al in die ribbes tot hulle geur vrystel.
Gooi ‘n hand-vol ys in die crusher, en maak heerlike crushed ice. Geknersde ys. Nou gooi jy ‘n skeut vodka op die blare, en ys tot by die glas se bek.
Gebruik ‘n suurlemoen-basis drankie met gas – die W winkel het lekker lemon, lime & bitters mengsel. Dis perfek. Of jy sodastream vir jou soda, en gooi ‘n skeut suurlemoen sap in die glas, gevolg deur die soda.
Roep jou lief nader. Kyk mekaar diep in die oe. Klink ‘n glasie somervog. En die res gaan ek nie hier aanbeveel nie. Dis ‘n resepte blog!
Ja, dit is amper ‘n mojito, maar ons is lig op die suiker hier, en gladnie skaam met die vodka nie!
En as jy nie peperment in jou tuin het nie – gaan steel vanaand ‘n plantjie by die buurman – ment groei soos onkruid, en veral in die somer is dit heerlik, al drink jy net ‘n glas yswater met ‘n blaar of 3 in.
Ingrid Marais
February 22, 2011 at 1:04 nm
Alamastig Skorie, nou praat jy, daar’s reeds Vodka in die huis, klink na ‘n blink plan, sal net moet keer dat Noodles nie besluit om ook dorstig te raak nie
Skoor
February 22, 2011 at 1:07 nm
Oe ja-nee Ingrid, mens moet maar pasop vir die honde – veral dies met die deurmekaar gevalde koppe, en die versorgers van hulle – alles so deurmekaar, mens sal verseker ‘n dronk hond nie kan regverdig nie
Pikkelik
April 12, 2011 at 7:44 nm
Skorie JELP!!! Ek is nou geseend met ‘n gasstoof. Net 4 settings, 1,2,3,4… Wanneer weet ek wat is waar? Wat is 180 grade byvoorbeeld? Ag nee jinne, die mense moet my culinary skills in ag geneem het…
Skoor
April 12, 2011 at 7:53 nm
Maklik! Gaan more na Boardmans of @Home en kry vir jou n draagbare termometer vir omtrent R60 en sit dit in daai grend oond vir perfekte lesings. Dit werk vir my bakoond, so jy sal ook smile
Pikkelik
April 13, 2011 at 7:52 vm
Flip Skorie, ek sit in Amsterdam… LOL!!! Maar ek sal maar gaan soek, whenever ek weer in die beskawing kom.
Skoor
April 13, 2011 at 8:29 vm
Aag jissie tog. Ek het vergeet. So jy moet ‘n winkel soek wat hardeware het. Klim op jou baaisiekil en peddal en soek. Dis al wat ek kan dink.