Nog Kos!

Ek wou nie ‘n blogroll begin op die blog nie, maar nadat ek ‘n paar ander plekke langs gedwaal het, het ek gesien daar is tog ‘n paar mense wat resepte in Afrikaans plaas, en glo my, om in ingils te kook, is nie vir my sports nie.

Gaan loer gerus by die volgende blogs/webwerwe vir nog Afrikaanse resepte – dit is die moeite werd.

http://netresepte.wordpress.com

http://peterjasie.co.za/resepte.html

http://diewerf.wordpress.com/kos/

http://www.egafrikaans.co.za/resepte/index.htm

http://www.supercook.com/ - ongelukkig nie Afrikaans nie, maar sports om te sien of jy pro-nutro en patat saam kan kook!

12 Comments Add your own

  • 1. ELIZABETH  |  Julie 28, 2008 at 3:57 nm

    Would like to get updated info on recipes

    Reply
  • 2. skoor  |  Julie 28, 2008 at 4:11 nm

    Elizabeth

    Jy is welkom om gereeld te kom inloer – hier word nie op skedule resepte bygevoeg nie, eerder op inspirasie!

    Die ‘update’ sal altyd bo-aan die werf verskyn, dus sal jy gou weet of daar inspirasie in die kombuis was, al dan nie.

    Reply
  • 3. Pagoda32  |  September 1, 2008 at 6:24 nm

    ;)

    Reply
  • 4. Nikita  |  Augustus 25, 2009 at 8:38 nm

    Skoor, lê jy vrugte in of maak jy graag konfyt? Ons het die heerlikste peer+gemmerkonfyt Saterdag op ‘n “boere”-mark (LOL!) hier gekoop. Dit is seker net ‘n Ingilse mark…maar ek moet erken, ek was eers skepties, maar dis heerlik.

    Reply
  • 5. Skoor  |  Augustus 26, 2009 at 8:47 vm

    Ek kook gladnie konfyt nie. Dis vir my te veel werk, of beter gestel: ek is te lui.

    Tog, as jy vir my daai resep kan vind, sal ek dalk ‘n plan kan maak om dit te probeer met 2 pere en ‘n gemmertjie. So ‘n mini poging.

    En ‘n eerste, bygese!

    Reply
  • 6. Nikita  |  Augustus 26, 2009 at 12:41 nm

    Skoor, ek het twee gekry, die tweede een is van ‘n blogspot-blog, ek het sommer die eerste twee links gevat wat opgekom het, dit lyk nogal maklik. Ek het twee vorige keer gemaak, nogal ‘n sukses gemaak daarvan, maar ek’s ook doodlui. :) Wilmie het al van swartbessies gemaak, ook baie lekker. My ma was ‘n groot konfytmaker toe ek ‘n kind was, ingelê en gedroogde vrugte gemaak, sjoe! lekker yummy! Ons het groot lande met vrugteboorde gehad. Fruit Tree van Nelspruit het altyd die pap vrugte kom optel na vrugtetyd vir vrugtesap! Ai, waar’s daardie lekker ou goeie dae nou! :)

    Ingredients2 lb Pears
    4 oz (1/2 cup) preserved ginger
    2 lb (5 1/3 cups) sugar
    1 1/4 c Water
    1 oz fresh ginger
    Juice of 2 lemons

    Instructions
    Makes 2 lbs
    Peel, core and dice the pears. Cut the preserved ginger into small chunks. Put all the ingredients into a preserving kettle and stir over a gentle heat until the sugar has dissolved. Bring to a boil and boil rapidly for about 10 minutes, stirring occasionally, or until setting point is reached. Remove the piece of fresh ginger, lift out the fruit with a slotted spoon and place in hot clean jars. Rapidly boil the syrup to reduce for a few minutes, then pour over the fruit to cover. Cover and process, then complete seals and cool
    ——————————

    Pear Ginger Jam:
    •4 cups chopped pears
    •2 tablespoons lemon juice
    •1/3 of a cup of finely minced fresh ginger root
    •1 package of pectin
    •7 cups of sugar
    Put the pears into a pot and mash (or take an immersion blender to the jam after it’s cooked a bit, taking care not to splash yourself). Add lemon juice and ginger; bring to a boil. Add pectin. Slowly stir in sugar. Cook until jam sheets off of the back of a spoon. Ladle into sterile jars and process (about 15 minutes for 1/2 pint jars).

    The jam tastes like a really delicious, ripe pear, but with a hint of gingery warmth. It would be great used in all the regular ways one uses jam, but I’m thinking it might also be nice used as a glaze for fish (mixed with a little tamari, maybe?). My favorite way of eating it so far is straight off the spoon.

    http://freerangeliving.blogspot.com/2006/11/pear-ginger-jam.html

    Blog dit as jy gemaak het, dis regtig heerlik!

    Reply
  • 7. Skoor  |  Augustus 27, 2009 at 9:37 vm

    Dankie Nikita! Sodra ek ‘n geurige peer of twee kan opspoor, kook en dit.

    Fruit & Veg City raak al heel nervous as ek inkom, want ek RUIK aan die vrugte. Noudie dag het ‘n man my gevra hoekom ek so ruik. Toe verduidelik ek hom mooi: as dit ruik na niks, sal dit smaak na niks.

    Toe sien ek hy en sy trollie loop ruik-ruik verder…

    Kyk, ek was self in die bedryf, en ek besef die nodigheid daaragter om vrugte ver van ryp te pluk en te pak.

    Maar NIKS, en ek meen NIKS kom by ‘n vergete vrug, wat twee weke na oestyd tussen die blare uit sy skuilplek gepluk word nie!

    Mmm, hoe verlang ek nou terug plaas toe.

    Reply
  • 8. Adri  |  Augustus 27, 2009 at 9:00 nm

    Skoor, ek soek alweer na ‘n resep. Hierdie keer vir kleinkoekies van rog- of rysmeel, dalk ook sojameel. Die arme mense wat nie koring mag eet nie, se monde water vir ‘n ou lekker koekie. Ek eksperimenteer nou met ‘n rogmeel beskuitresep, maar nou het hulle gevra of ek nie koekies ook wil bak nie. Ek is nie ‘n dieetkundige nie, net maar ‘n huisvrou wat moet bak vir ‘n lewe, maar ek wil graag spesialiseer. Hoe lyk dit, is iemand lus om te help?

    Reply
  • 9. Skoor  |  September 2, 2009 at 1:45 nm

    Dit lyk my dis ‘n stil soektog Adri.

    Miskien kan jy dit vra op http://www.egafrikaans.co.za se hulpnavrae afdeling. Ek het al fantastiese terugvoer daar gehad!

    Reply
  • 10. Skoor  |  September 3, 2009 at 2:36 nm

    Adri, hier’s vir jou ietsie:

    Volkoringbeskuit vir Diabete

    250g margarien
    375ml laevet karringmelk
    125ml semels
    800ml volkoringmeel
    125ml All Bran vlokkies
    125ml koekmeelblom
    25ml bakpoeier
    5ml sout
    90ml fruktose

    Smelt margarien en voeg die karringmelk by.
    Meng die droë bestanddele.
    Roer melkmengsel by droë bestanddele. Meng om ‘n sagte deeg te vorm.
    Skep in 2 gesmeerde 1 liter broodpanne. Maak gelyk.
    Bak teen 180C vir 50 minute. Laat afkoel.
    Sny in beskuite. Droog teen 80C vir 8 uur of in lou oond.
    Lewer ongeveer 50 beskuite.

    Reply
  • 11. Nadine Smuts  |  November 30, 2009 at 4:05 nm

    Dagsê

    Ek is dringend op soek na ‘n rogbeskuitresep wat die minimum koekmeel of bruismeel bevat. Ek sal ook bly wees as jy vir my ‘n resep kan stuur wat moelasse/fruktose i.p.v. suiker gebruik en ‘n resep sonder bakpoeier.

    Sjoe! Ja ek weet ek vra ‘n mondvol!! Help asb

    Reply
  • 12. Skoor  |  November 30, 2009 at 4:38 nm

    Nadine, cut en past die onderstaande link. Lees tot onder. Ongelukkig het die een leser nooit terug gekeer en haar suksesse met my kom deel nie, maar hopelik kan jy ‘n idee vorm.

    Met jou tweede vraag kan ek ongelukkig nognie help nie, maar hulp tref soms uit vreemde oorde die blog!

    http://skoorkos.wordpress.com/2008/04/17/beskuit-beskuit-my-blikke-is-leeg/

    Reply

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed