Doel van die blog

Hierdie blog is spesiaal opgedra aan Benilo Slabbert wat soos ek, gek is oor lekker eet.  Dankie vir jou inspirasie en jou kritiek en dat jy nooit kla om die proefkonyn vir nuwe smake te wees nie.  Vir ‘n laerskool makker is dit op sigself ‘n prestasie!

 

Ek wil graag, etlike maande na ek die resepte blog begin het, dit net duidelik maak dat ek nie in kompetisie is met enigiemand voor of na my op WordPress, wat ook resepte plaas nie.

Ek kuier graag op sekere blogs wat dieselfde idee as ek het, omdat ek daarvan hou om te sien hoe mense die kullinere benader.

Hierdie blog het ontstaan omdat ek ‘n behoefte gehad het om resepte wat ‘n sukses was, neer te skryf, omdat ek teen die volgende dag gewoonlik vergeet het wat ek gemaak het om dit so te laat smaak. 

Dit is dus MY blog met MY resepte, en dit het nou ‘n lekker plek geword waar mense kan kom vrae vra en waar ons as bloggers ‘n antwoord probeer kry.

Sekere Afrikaanse webwerwe het per toeval op die blog afgekom, en my gevra of hulle dit kan lys op hulle webwerwe, waarmee ek geen probleem het nie – daarom weet ek baie oe kom hier verby, en is dit vir my belangrik om vir mense kos te maak wat hou van lekker eet.  Ek probeer nie beindruk met my resepte nie.  Ek probeer my mense vol kry met ‘n smile, en as dit lesers help met idees, is my hart gelukkig!

Ek bemark nie kookboeke onder die Skoor naam nie, en is nie afhanklik van my gesig om kos op die tafel te kry nie.  Daarom hoef ek nie elke dag, of selfs elke week iets te publiseer nie.  Ek eet ook soms wegneem vir ‘n week!  Resepte verskyn soos die gees my lei.

Hierdie is my handgetikte resepteboek, en ek deel graag my lekkertes met jou, die leser.  Jy is welkom om terugvoer te gee, of om net deur te lees.  Onthou, aan die einde van die bladsy, is daar ‘n ‘previous posts’ kliek-plek.  Gaan gerus terug, en meer terug om deur my eetreis te gaan – dit hou nie op by die eerste bladsy nie!

Groete, en dankie vir die inloer

 

Skoor

5 Comments Add your own

  • 1. Marie Antoinette Voges  |  September 9, 2008 at 8:51 nm

    Ek het die skakel op Peterjasie gevolg. Baie dankie vir die lekkerlees van jou blog en die resepte. Ek is ook baie lief vir kosmaak en versamel resepte sedert my skooldae en nog steeds tot die ergenis van my vriende en familie. Ek het my liefde vir resepte met my liefdie digitale grafiese kuns saam gesmelt. Besoek gerus my blog soos hierbo en laat weet my wat jy daarvan dink. Ek het nog nie resepte geplaas nie (besig met van my ma s’n te verwerk), maar slegs skakels na ander webwerwe en blogs. Die “recipe plaques” is van my werk. Daar is nog baie ander. Laat weet my wat jy daarvan dink. Sal dit hoog op prys stel.

    Reply
  • 2. Emmabel  |  Oktober 2, 2008 at 10:37 vm

    En sal ons dit ooit in boekvorm sien? Presies soos dit hier geskryf is.

    Reply
  • 3. skoor  |  Oktober 2, 2008 at 11:08 vm

    Nee wat Emmabel, ek dink nie so nie. Maar jy kan dit maar print en bind ;) ek sal nie klagtes he nie. Solank jy die resepte gebruik.

    Reply
  • 4. Marietta  |  November 2, 2009 at 10:19 vm

    Hallo Skoor, Ek het jou Semelbeskuit resep gedruk maar nie die naweek by bak gekom nie – werk daagliks van 7 – 7!. Ek het egter jare gelede ‘n naamlose “resep” by ‘n vriendin gekry wat later deur my baas as “Chaos vir die heupe” gedoop was.
    Ek sal graag wil he dat jy dit moet probeer. Hier is dit – jy sal merk dat daar nie oordentlike hoeveelhede is nie want jy gebruik so veel as wat jy lus voel.

    ‘n paar lekker ryp piesangs
    suurlemoen sap
    Gemmer biscuits [ginger nuts]
    soetwyn or sjerrie om dit in te doop
    fyn appelkooskonfyt
    gekookte kondensmelk
    Orley whip [om die tert nie so ryk te maak nie!]

    klis die orleuy whip styf.
    Doop die gemmer beskuitjie in wyn en pak dan ‘n laag onder in die bak.
    Smeer ‘n lagie appelkoos konfyt en dan ‘n lagie kondensmelk oor.
    Sny ‘n piesang in skywe en doop in suurlemoen sap om nie te verbruin nie. – dit word die volgende laag.
    die laaste laag is die Orley whip.
    Herhaal en eindig met Orley whip en versier soos jy lus het.

    Glo my, dit is ongelooflik lekker maar mens kan net ‘n klein stukkie op ‘n keer eet so dit maak dig oor ‘n baie “ekonomiese” tert om voor te sit.

    Baie dankie vir alle lekker lees en lag op jou blog!

    Reply
  • 5. Skoor  |  November 2, 2009 at 10:25 vm

    Marietta! Daai resep ken ek. Mens moet dit NOOIT na ‘n groot maal probeer inkry nie, want dan gaan le jy gewoonlik buite op die grasperk en staar na die hemel en dink by jouself: ‘ai hoekom, hoekom HOEKOM het ek dit gedoen.’

    Dis moord vir enige soettand. Ek kry een maal ‘n maand ‘n soet lus, maar daar is mense wat van die tipe dinge leef. My tannie is een van daai mense. Sy het sommer 3 terte op Maandag gemaak, en teen Donderdag het sy 90% van hulle opgeeet. Rietskraal gebly.

    Dankie vir jou deelname – ek vertrou iemand sal hierdie resep opraap en in die styl van die blog, ‘n totale vreetfees maak van die paar bestanddele!

    Hoop die beskuit kom ok uit.

    Reply

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed