RSS

Boepens kleipotte en lekkertes

23 Oct

Soos ‘n snotneuskind oor ‘n winkelstoep, so is ek oor ‘n vuur. 

Ek het myself al betrap dat ek in die mid-somer ‘n kers binne-in die kaggel sit, net om die kaggelvuur gevoel te kry. 

Die ander dag slaan ek die pad, op soek na ‘n chiminea.  Dit is ‘n ingevoerde Meksikaanse buite-kaggel, so ‘n boepens klei-pot met skoorsteen. 

Maar nou lyk dit my die Boere het dit ook al beetgekry, want van hulle kopstukke kan nou glad af, en dan pas die braairooster mooi netjies in die middel, en tjop op die kole, jy smaail breed. 

Nader ek die winkeltjie wat die goed verkoop met ‘n lied in die hart.  En daar staan sy op die stoep. 

Op special nogal, want daar is ‘n defek in die vorm van ‘n kraak binne-in die skoorsteen, maar dit gaan nie deur na die buitekant toe nie. 

Ek is ‘n bok vir ‘n bargain, en staan net daar met die ‘te koop’ papiertjie in die hand.  Die tannie verseker my, met die ekstra sakkie sement wat ek gaan bykry, vul ek die binne-krakie in sekondes, en dan moet chiminea ‘ingebrand’ word in 3 sessies.  20 minute elk.  Afkoel tussen-in. 

Ek en my een-derde van die prys chiminea vat die pad huis toe.  Ons brand haar in. 

En vir 3 aande in ‘n ry, knetter die vuur op die sandlaag in haar boepens. 

Vanaand kan ek egter nie voor my buite vuurtjie sit nie.  Ons is geseën met fantastiese reën sedert laasnag.  Dis sommer koel buite.  Chiminea staan met ‘n swartsak toegegooi.   

Vanaand sit ek maar ‘n kersie in die kaggel – dis al te warm om in die huis kaggel te maak.  Maar ek sien uit na môre aand!

 
7 Kommentaar

Posted by op Oktober 23, 2007 in Lekker Bek

 

7 responses to “Boepens kleipotte en lekkertes

  1. neykie

    Oktober 24, 2007 at 8:15 vm

    Vuur en Natuur dis waar voor ek lewe…. Saligheid van in die natuur sit en te luister na die naggeluide en die geknetter van ‘n vuur doen wondere vir mens se gemoed.

     
  2. boendoe

    Oktober 24, 2007 at 12:43 nm

    Ai, na daai comment is myne sommer by my kop uit! Laat ek gaan dink.

     
  3. Skoorblok

    Oktober 24, 2007 at 2:13 nm

    probeer weer, Boendoe!

     
  4. boendoe

    Oktober 24, 2007 at 5:37 nm

    Ek hou van tweede kanse! Nee, wat ek wou se, is dat ek dink dis op alle mans se harte gegriffel: JY MOET VUUR MAAK! Hier in Angola gaan ons af en toe “ver strand” toe. Daar is myle en myle se dryfhout. Natuurlik moet manlief daai bakkie VOL laai vir EEN aand se vuurmaak! En die volgende dag gaan laai ons weer! Die hout-optel is nou nie juis vir my baie lekker nie, maar so groot bonfire langs die see, met niemand in sig nie, is ‘n belewenis.

     
  5. sonkind

    Oktober 24, 2007 at 6:20 nm

    Daar is niks so lekker soos slaap langs ‘n buite vuur nie, met naggeluide in jou ore en vroeg oggend koffie in ‘n keteltjie gemaak oor ‘n oop vuur!

     
  6. boendoe

    Oktober 24, 2007 at 8:16 nm

    A, ja, daai koffietjie!

     
  7. Skoorblok

    Oktober 25, 2007 at 7:01 vm

    Antoinette Pienaar, daar van Beaufort se wereld, vertel een aand die essensie van hout bymekaarmaak.
    Te dramaties, maar waaroor dit eintlik gaan, is die kop se skoonmaak in die proses van loop en soek na hout.
    Al die dinge wat jou hartseer gemaak het tussen hierdie optel-sessie en die vorige een. Geskille met jou geliefde. Irritasies.
    Dan verduidelik sy hoe sy haar verbeel dit is die een, teen wie sy die pyn het, se nek wat sy moet knak. En dan knak sy hom sommer ‘one shot’ middeldeur.
    Nee wat, hout optel is lekker, maar hier waar ek in die dorp woon, is dit maar ‘n skaarsste.
    Ek het ‘n dennelaning nie ver van my huis nie. Daar gaan tel ek fynhoutjies op vir die vuur se begin. So met die minwordende wingerdhoutjies, is die denne ‘n seening.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: