RSS

Doeksagte Fillet

17 Jan

Ek het besluit om so af en toe ‘n resep neer te ink – nie so seer vir die lesers nie, maar vir my eie behoud, want soms maak ek regtig ‘n lekker iets, maar dit kom als uit die kop, en dan wil Skoorlief ewe weet:  ‘het jy dit die keer neergeskryf?’  Die antwoord is gewoonlik ‘nee’.  En so vervaag dit net tot die ekstra kilogram wat ek aan werk om by myself te voeg…

Vandag dus die eerste resep, of marinade.

DOEKSAGTE FILLET MARINADE

Ons laat kom filletkoppe so 4 ure se ry met ‘n kar van die Bosch.  Te perd sal ek nou nie weet nie, en hoe die kraai vlieg, moet mens maar self vir hom bel en vra.

Vat die fillette, en raak ontslae van die blinkblou senings aan die een kant, en voer die kat met enige stukkies vleis wat saam met die senings afkom.  My een kat het noudie dag summier agter teen my rug uitgeklim tot sy op my skouer kom sit het en ‘n stuk vleis DEMAND het (en sy’s boonop ‘n wit kat, maar sy’s gered uit ‘n lokasie, so die demand gedeelte maak sin…)

Dan le jy nou vir fillet in ‘n roomys bak of iets dergeliks neer, en sny een suurlemoen/lemmetjie middeldeur – rol hom eers soos hulle op BBC Food doen, met ‘n plat palm en die krag uit jou skouer, sodat die vrug redelik meer ‘juice sal release’.  Dit werk nogal.  Dan druk jy die storietjie lekker uit, en volg die marinade op met ‘n goeie skeut olyf olie, en as jy het, ‘n halwe goeie skeut sesame olie.

Nou marineer jy die saak vir so ‘n oornag, wyl jy vir fillet iewers in die helfde van die oornag sessie omdraai, sodat die ander gedeelte ook kan geur kry.

Maak jou vuur, braai jou fillet, en sout dit wanneer jy dit afhaal as die vleis ‘rus’.  So 5 minute van kyk en kwyl daarna, sodat die ‘juices kan settle’ en jou honger jou teen die mure kan uitdryf.

Los nou maar die souse vir ander dag se steaks, hierdie een met sout en swartpeper is ‘n wenner.

Braai en geniet!

 
6 Kommentaar

Posted by op Januarie 17, 2008 in Skoor kook oor!

 

6 responses to “Doeksagte Fillet

  1. ^stoutsus^

    Januarie 17, 2008 at 4:56 nm

    Dit klink voorwaar heerlik…….. So wanneer bottel jy jou marinade sodat ek dit kan koop van die rak af eerder as om ‘n fokop daarvan te maak???

     
  2. mykopop

    Januarie 17, 2008 at 8:06 nm

    Dit klink goed, dankie, al het jy dit vir jouself opgeteken kan ons dit ook probeer!

    Was daar rassespanning tussen die kat en die ander inwoners?

     
  3. sonkind

    Januarie 17, 2008 at 8:49 nm

    LOL@Kop!

    Skoor, dis nou alles goed en wel, maar nou moet jy ook vir ons vertel waarvandaan kom die filette. Soms is die goed wat mens hier rond kry, maar halfwas.

     
  4. skoorblok

    Januarie 18, 2008 at 8:19 vm

    Aag nee regtig Sus, dis alles net te maklik, ek glo nie vir een oomblik jy kan nie ‘n suurlemoen rol, oopsny en uitdruk nie! Ek kan nou aanbied om vir jou ‘n bietjie te meng, maar met die dringendheid wat ons in die poswese beleef, groei jou eie fillet dalk in die sous teen die tyd wat jy dit ontvang!!!

    Die enigste spanning was in my regterskouer. Katte het mos ‘n geneigdheid om hulself met naels te anker, en jy moet my sexy mes sien waarmee ek werk, as ek hom begin rondswaai in die beduie, is ek dalk langs jou, maar ‘Kop op ‘n vloer’!

    Son, hulle noem dit die Beaufort. Jip, hier langs kry jy soms goed wat smaak soos ‘n kruising tussen rubber en sunlight se blokke seep. En dit kos meer as ‘n kis goeie wyn se prys per kilogram. En ek het al probeer, maar ek sukkel regtig om vegataries te word!

     
  5. Zee

    Januarie 18, 2008 at 9:34 vm

    Weereens dankie Skoor, vir hierdie en ook die skaap tjoppies ene, lyk my ek gaan nou ‘n pro word in die kombuis!!

     
  6. ^stoutsus^

    Januarie 18, 2008 at 9:38 vm

    Glo my, gee vir 10 mense dieselfde resep en bestandele en jy gaan 10 verskillende resultate hê. Is net so. Maar ek sal hom probeer ter wille van die poswese.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: