RSS

Vakansie eetgoed

17 Jan

Ek is vanoggend lus vir goeters wat ek die vakansie gehad het vir ete.

Soos die doeksagte fillet op die kole. 

Of die hele boks prawns wat my meer as ‘n uur geneem het om te vlek en reg te kry vir die braai.

Of die skaaptjops wat gemarineer is in roosmaryn en ander lekkertes.

Of oujaarsaand se lekker pot.

Of die kreef wat tot by sy agterpootjies uitgesuig is.

Of die alikreukels wat op bruchetta vol swartpeper en suurlemoen druppels, mond-in is.

Of die borde en borde sushi en die heerlike mezze platters.

Om nie van die brekvisse te praat nie – amper elke oggend by ‘n ander plek, met die definitiewe wenner THE HOUSE OF COFFEES!  Ook wat die beste decaf in die land betref.

Die hope heerlike kase wat ons geproe en gekoop en aan gesmul het.

En die vreeslike lekker yskoue wyn, en die vries koue Peronni wat in die cooler box wag as ons vrekdors van die rotse af kom.

Ai vrekkit, ek verlang my drie weke vakansie, en ek verlang die vreet(d)same vakansie wat ons gehad het! 

 
6 Kommentaar

Posted by op Januarie 17, 2008 in Lekker Bek

 

6 responses to “Vakansie eetgoed

  1. Zee

    Januarie 17, 2008 at 1:38 nm

    Ag nee flip man, ek is juis nou so honger!
    Doeksagte fillet – mooi beskrywing, ouma het juis gisteraand vir ons fillet gemaak wat in room gebraai was, jummy! Gooi jy bietjie suurlemoen by die skaaptjoppies?

     
  2. Roer

    Januarie 17, 2008 at 5:40 nm

    Jy makie mooi nie Skoor…waar gaan ek nou prawns kry?!

     
  3. skoorblok

    Januarie 18, 2008 at 8:29 vm

    Nee, vir my skaaptjops, as ek heel teen my gene wil in – ek stam af van veeboere, en hulle het sout gegooi en gebraai, want die karoo bossies wat die skape van geleef het, is beter as enige mengsel wat ek kan opdis – sonder suurlemoen.

    Ek neem growwe seesout, bietjie koljander, bietjie roosmaryn, een naeltjie, paar swartpeper korrels en ‘n spoegie crushed chillies (jy moet dit nie regtig op die vleis proe nie)

    Dan gebruik ek my vysel en stamper, en werk die spul in ‘n poeier, sprinkel dit oor die vleis, en laat le dit vir ‘n uur of drie. Ek ‘beswadder’ nie die vleis nie, let wel, net so ‘n katspoegie – mens wil darem alles kan proe.

    Roer, is jy nie ‘n Kapenaar nie? Kry ‘n boks prawns by Checkers. Pick ‘n Pay vra R40 meer vir presies dieselfde soort, so shop maar versigtig.

     
  4. Zee

    Januarie 18, 2008 at 8:56 vm

    Dankie Skoor, my man gaan nie weet wat hom getref het nie, ek “suck” so bietjie in die kosmaak departement! Gaan ook jou fillet resep try, lyk baie lekker!

     
  5. skoorblok

    Januarie 18, 2008 at 9:17 vm

    Zee, ek gaan later vir jou ‘n foolproof chickenwings resep neersit. Met ‘n slaai daarby is dit ‘n wenner.

     
  6. Zee

    Januarie 18, 2008 at 9:49 vm

    😉

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: