RSS

Foolproof chickenwings of dan liplek hoendervlerkies

18 Jan

In Amerika word swanger vroue nie toegelaat om hoendervlerkies te eet nie, omdat die groeihormone in die hoender se vlerk ingespuit word.  Ek weet nie hoe waar dit is nie, maar dis net ‘n stukkie nuttelose informasie – ons woon mos nie daar nie.

I.p.v vuur opsteek en na rook te ruik as jy eintlik net op jou bank wil le en sepies kyk wanneer jy tuis kom, kan jy gerus jou hoendervlerkies op die volgende manier voorberei.

Let dat jy dit met enige snit hoender kan doen, die kooktyd gaan net verskil.

Ek koop graag my hoender by Woolworths, al is hulle deesdae so verAfrika en sleg, is hulle hoender die skoonste – daar sit, na hul verAfrikaning net so 3 veerskagte en 12 donsies per snit, teenoor ander winkels se 3 heel vere, en net 12 verwyderde donsies…

Ek neem my Bauer pot, maar enige ander sal ook werk, en maak hom so 1/3 vol water.  Gooi die vlerkies daarin, en kyk na die horlosie.  Bring die water tot kookpunt, en laat die vlerkies in ‘n stadig, kokende waterbad gaar word.  M.a.w draai die hitte nou bietjie laer, sodat daar net 3 borrels na bo spring, en nie 30 nie.

 Na een uur sit jy die pot af.  Die vlerkies is nou gaar.

Spuit ‘n oondvaste bak met Spray and Cook, haal hoender uit die water en plaas die vlerkies met die vel-kant na bo in die bak.  Ek gooi Rawsonville se hoender speserye oor, maar Robertsons s’n sal net so goed werk.  Die alternatief is Aromat, of Ina Paarman Garlic and Herb.

Dan vat jy Sweet Chilli sauce, en gooi dit oor die hoenderstukke.

Druk in die oond, so na as moonlik aan die grill, nou nie IN die element nie, jou hand moet so tussen die bak en die element kan in, en skakel die grill aan.

SIT VOOR DIE OONDDEUR EN HOU DIT DOP – die verkleuring vind tydsaam plaas, maar die verbranding geskied tussen die ys in die glas insit, en die wyn inskink.

As die vlerkies nou ‘n heerlike bruingebakte kleur het, en die sweet chilli sous lyk lekker taai, is jou aandete ‘n sukses.

Dek tafel buite, met kerse en so, laat die hoender bietjie afkoel, en sit voor met slaai, of sonder enige bykosse, maar dan MOET jy dit met jou vingers eet!  Dis sexy en speels en mens weet nooit waarheen die aand kan lei nie…

En baie wyn en ‘n nat lappie vir die taai hande.

 
9 Kommentaar

Posted by op Januarie 18, 2008 in Skoor kook oor!

 

9 responses to “Foolproof chickenwings of dan liplek hoendervlerkies

  1. Zee

    Januarie 18, 2008 at 11:24 vm

    Jy kook vandag met die resepte, dankie Skoor en ek gaan hierdie sommer Sondag vir brunch probeer!!! Feedback volg!

     
  2. Zee

    Januarie 18, 2008 at 11:27 vm

    En as dit nou “”””Smaak my dis lekker””””” is gaan die kerse, ens…… sommer gou gou volg met ‘n opvolg…… (en die groot kinders gaan ten pin bowling toe gestuur word vir die aand😆

     
  3. Zee

    Januarie 21, 2008 at 11:42 vm

    Lek, lek, kan jy hoor hoe lek ek nou nog my lippe af?

     
  4. skoorblok

    Januarie 21, 2008 at 12:08 nm

    Nee ek kan nie, maar ek het ‘n goeie verbeelding!😉

     
  5. Zee

    Januarie 21, 2008 at 12:31 nm

    Nee kyk Skoor, tot my dogter wat nou konsuis nie eers die “chillie” ding wil eet nie het haar vingers omtrent afgelek!! Het nie vir haar gesê wat daar in is nie want dan sou sy seker nie ge-eet het nie. Hoekom is dit as kinders bv. nie van tamaties hou nie, wel tamatiesous op hulle kos sal sit. Gaan my verstand te bowe!
    Laat hierdie maklike reseppies maar vloei, dankie!

     
  6. Zee

    April 2, 2008 at 9:18 vm

    Lol, maak net seker ek sien my chicken wings hierso!

     
  7. Zee

    Februarie 25, 2009 at 3:26 nm

    Kom net gou weer die reseppie haal!!

     
  8. Skoor

    Februarie 26, 2009 at 12:42 nm

    🙂

    Vlerkies is deesdae so duur, mens moet maar heelhoender koop en dit soos in die resep gaarmaak!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: