RSS

Naweek brood vir muskiete weghou

18 Jan

Hiermee volstaan ek met die week se inskrywings – iets om die muskiete weg te laat vlie’, maar met die veronderstelling dat jy en jou bedmaat hierdie treat saam sal he.

Boere Bruchetta (Broe-sket-ta) saam met vanaand se braai

Gaan na ‘n deli of bakkery, en koop ‘n opregte Italjaanse Ciatbatta (chi-ha-ba-ta).  Hierdie foot-long wind loafs wat ons by Spar en Checkers koop, is sommer es tee er oo en tee!

Die moet regte Ciabatta wees.  Sny haar nou in sulke 1.5cm snye.  Moet in hemelsnaam nie loop meet en dotjies maak en sny nie, wat ek probeer seg is dat dit dikker as gesnyde winkelbrood moet wees, maar dunner as die dikte van ‘n wynbottel se nek…skarrel skarrel wynkas toe en haal sommer ‘n lekkerte uit vir die aand.

Maar nou moet die vuur al uitgebrand wees en die kole hetig en gretig.

Gooi in ‘n blikbord, roomys bak (leeg) of iets van die aard, regte egte olyf olie.  Hier is nou waar die Boere deel inkom, want op TV vertel hulle altyd van ‘lightly brush’, maar lightly brush se gat, ‘n boer maak ‘n plan, en hierdie plan is om lekker te eet!

Nou sit jy vir ciabatta in daai olie neer, maar so vinnig, jou oe moes nog nie eens geknip het nie.  En ook so met die ander platkant.  ‘Kant, kant, kant en klaar.  Vinnig-vinnig’

Pak op die rooster, en staan nader met ‘n knyptang, want as jou kole van my soort is, vat daar kort-kort vlam agter die olie aan, en moet jy die brood skuif.

Nou flip-flip jy heeltyd, totdat die ciabatta goudbruin aan albei kante is.

Nou kom die deel van ciabatta in bruchetta verander…. as daai broodjie van die vuur afkom, moet ander-half regstaan met ‘n huisie knoffel.  Byt op die tande, gryp vir goudbruin ciabatta tussen duim en wysvinger, en vryf die knoffelhuisie oor die hele oppervlak van die EEN kant.  Net vir die geur.  Nie een huisie per sny nie, jy wil nie vannag wakker word vir jou eie asem en wonder watter monster staan oor jou en asemhaal nie!!!

Eet en geniet.  Dit is ‘n belewenis, en jy sal nie spyt wees dat die tamatie en uie broodjies, of die stywe pap eers uitgelos is nie.

 
5 Kommentaar

Posted by op Januarie 18, 2008 in Skoor kook oor!

 

5 responses to “Naweek brood vir muskiete weghou

  1. Nikita

    Januarie 19, 2008 at 1:28 vm

    Klink lekker…maar ek sal nooit daardie stywe pap kan los nie! eish!! 😉

     

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: