RSS

Bekbrand Boere mince

25 Jan

As jou stapelvoedsel maalvleis is:

Chili con carne wraps – sou jy hom wou verpak

…mental note to myself:  werk met ‘n duikbril, veral as jy die pot se deksel lig, met jou gesig teen die pot – 4 chillies brand jou oe erger as stoom…

Ek raak tog so vreeslik vasgevang oor kos se name, en so het ek ook vasgevang geraak in die naam chili con carne.  En ek het begin soek na resepte, en toe sommer my eie byeengetrek, want die goed is als in Ingils, en as ek voor die stoof staan met Ingils in my hand, en ek moet translate, dan kry die onions dit sommer reg om my te laat huil.

Hierdie resep kan ligter gemaak(minder of sonder chili) word, kan op rys geniet word, of in ‘n tortilla wrap (koop pakke daarvan in Spar, weet net daar’s verskillende make, wat dubbel so duur kan wees…)

Braai ‘n ui wat lekker fyn gekap is, in bietjie olie – pasop om nie onions te koop nie, hulle brand jou oe, ne!

Gooi jou maalvleis in die pot, en roer dit heeltyd, sodat dit klein los korreltjies is, en begin verbruin.  Nou gooi jy een of twee blikkies heel tamatie by – jy sal mos nou weet of daar baie vleis in die pot is – die storie moet half bedek wees met die tamaties en hul sousie.

Sit die deksel op as dit rustig begin prut, en doen so:

Neem ‘n rissie, nie ‘n soetrissie nie, ‘n regte egte chili – die groenes is die veiligste, die rooies is vir die mense met ‘n warm hart…  kap hom lekker fyn, sommer pitte en al.  Daai ding van die rissie se hitte sit in sy pitte, is sommer nonsens. 

Neem ook ‘n huisie of ‘n woonbuurt knoffel, kneus dit tussen mes en plank, en kap mooi fyn.  As ek die dag in ‘n voluptuous bui is, dan sny ek sommer sulke growwe snye uit daai knoffel, en gooi hulle net so in – die effek in die vorm van die oe van die mede eters, is iets om te aanskou!

Lig die deksel, gooi vir chili en knoffel in die pruttende pot, en gooi so ‘n plat teelepel komyn, natuurlik fyn, ook in.  Gevolg deur oreganum, droog of vars, so ‘n halwe teelepel.

Vir die liefhebbers van brand – gooi ‘n plat teelepel gedroogde chili op die stadium by, en as jy nie droog het nie, vat nog ‘n natte of twee…

Na so 40 minute van prut en kort-kort roer, proe jy vir soutgehalte, en draai sommer genoeg swartpeper daar in, om jou bure te laat nies.  Of nie.  En as hy nognie jou tong byt nie, jy weet wat om te doen!

Nou gooi jy ‘n blikkie gedreineerde Red Kidney Beans by die maaltyd.  Of 2 blikkies – jy weet mos hoeveel maalvleis jy in daai pot van jou het.  En as daar ekstra mense ongenooid opdaag, dan rek so ‘n blikkie darem goddank die maal.  Kook nog vir so 10 minute, en jy is reg om te eet.

Kyk na die vloeistof inhoud van die kos – as jy dit op rys gaan voorsit, sorg maar altyd dat dit nie te droog kook, of ‘reduce’ soos hul op TV vertel nie.  ‘n Sousie is mos darem ‘n bonus.  Hey, jy kan mash ook gebruik, Boendoe, weet nie hoe jou aartappel situasie daar in die bos is nie, maar ek verbeel my nou dit kan nie te onaardig smaak nie.

As jy eger wraps gaan maak, moet die meeste van die sous afgekook wees, anders het jy soggy wraps…

Rasper cheddar kaas by die chili vleis net voor jy dit toedraai, maar onthou om eers jou wrap deurwarm ‘droog’ te braai in ‘n plat pan – beide kante, maar nie tot crispy nie, anders vou die wrap nie, maar breek!  Suurroom werk ook goed.

Droog braai beteken sonder olie, maak net die bodem van die pan lekker warm, sit wrap in, wag tot wrap se bo-kant die hitte uitgooi, draai vinnig om, neem ‘n sluk Amarula op eish, verwyder, vul, rol, eet!

Voorwaarts, kou.

Sal nog mince resepte stuur, soos die gees my lei en ek onthou wat ons alles daarmee opdis.  Daar kan ‘n magdom ander dinge ook ingevoeg word by chili con carne, maar ek voel dit moet plain en simple gehou word – dis immers bekbrand, so wie gaan proe as daar nie kaneel, paprika en naeltjies in is nie?

 
5 Kommentaar

Posted by op Januarie 25, 2008 in Skoor kook oor!

 

5 responses to “Bekbrand Boere mince

  1. mykopop

    Januarie 25, 2008 at 2:29 nm

    Maalvleis is nie vreeslik gewild in ons huis nie, maar ek sien jy sê roer heeltyd todat dit klein los korreltjies maak. Ek glo daaraan om die maalvleis nog voor ek dit in ‘n pot gooi met ‘n vurk uitmekaar te krap, dit help dat dit nie maklik sulke koeke maak nie.

     
  2. boendoe

    Januarie 26, 2008 at 12:12 nm

    Skoor, dankie vir die ene. Dit lyk elementer genoeg vir my ook, en baie lekker daarby. Laat ek net gou die Amarula op eish gaan sit…

    Kop, ek staan bekend as die Mince Queen, want dis al wat ek maak. Kan maak. Hoe ver kan jy verkeerd gaan met mince?? Maar, ek wil nie brag nie….of nee, ek WIL brag, daar is EEN ding wat ek KAN maak, en dis bobotie. Ek het eendag in ‘n gay tydskrif gelees (moenie vra nie!) dat mens moet Afrikaans en ‘n ma wees om bobotie te kan maak. Ek kwalifiseer 100 % !!!!

     
  3. Pippa

    Januarie 26, 2008 at 4:33 nm

    Wonder ek by myself of ek die lekkerste vir jou resep-vertel of vir Boendoe se tydskrif-lees lag… In elk geval, terloops Boendoe, s/broer ding sal jou elke spoor tot by jou huis volg, sou jy hom nooi vir bobotie – is een van sy gunstelinge. Moet hom net nie geelrys daarby voer nie. Altyd vir my kostelik hoe hy by sy ma, ^ss^, my en nou selfs HB kan skimp vir bobotie … al gehoor van dowe ore…?
    Supaskoor, jou resep klink smaaklik – ek sal ^ss^ hierheen stuur vir die resep. Dalk net is ek een aand een standaard baie gelukkige been en kry ek sulke rooiwarmbrand-fooooders… ek vrek vir warm kos (solank ek dit nie hoef te maak nie!).
    p

     
  4. platterfuss

    Januarie 27, 2008 at 12:11 vm

    Ek wonder net oor een ding…. WANNEER WORD EK GENOOI VIR ETE????????????????

    Ek HAAT dit om hierdie goed te lees, is asof al wat ‘n wummerpie in my maag honger word… dan GOR my maag dat ek skrik! Of ek nou net geeet het of te nie…..

     
  5. Skoor

    Januarie 28, 2008 at 9:16 vm

    Gay tydskrif? Mince Queen? Boendoe, ek reken jy’t ‘n identiteitskrisis op hande. Pasop vir die kosKAS😉

    Pippa, ek gaan deur tobasco en chillies en cayene pepper, vinniger as wat dit verbou word! Ek is nie bang vir ‘n brand nie, maar ek het een jaar in Durban my agterkop dubbel en dwars gesien – na ‘n week van kerrie, kon ek nie meer nie.

    Ek kan met ‘n bord gekookte kos sit, en die cayene rooi daaroor strooi, en nie een keer snuif nie. Ek dink ek begin nou al weerstand opbou. Miskien moet ek weer afsak Durbs toe en my teorie gaan toets.

    Aag Platt, jy’s altyd genooi, maar ek weet julle Vaalpense is maar skugter vir die Kaap die tyd van die jaar. As dit nie die wind is nie, is dit die nou paaie, en as dit nie die suur wyn is nie, is dit die hitte. So, jy moet maar se wanneer ek jou deur die camcorder moet voer, want dis seker die naaste wat jy aan my kos gaan kom met die wummerpie en sy grom!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: