RSS

Kom-hier-dat-ek-jou-vry brood

01 Feb

Die brood is ‘n flerrie op die oog.  Doen dit op ‘n maanlig aand, of as KORTKOM weer ons krag steel, en onthou die kerse en die goeie wyn.

Jy’t nodig om Pick ‘n Pay of Checkers toe te gaan, en ‘n Franse brood te koop – NIE die French Loaf wat so ‘n amper meter-lange buis is nie, ‘n Franse brood wat soos ‘n rugby bal se vorm lyk, en so tussen 30 en 40cm van punt tot punt is.  Die middellyf mate is so amper twee van my hande langs mekaar…   :-)

Kry een geel, een groen, een rooi rissie – die soet rissies wat niemand bangmaak nie.  Sweet peppers.  Sny hulle in repies – nou nie te dik nie, want dan maak dit die voorsit en sny bietjie moeilik.  Onthou, jy wil nou ‘n ‘looker’ van ‘n brood voorsit – as haar onderrok uithang, en dis van kombers materiaal, gaan jy die eetlus demp…

Klits daar so ‘n huisie of drie knoffel baie fyn met ‘n skerp mes, of garlic press, en hou eenkant. 

Gooi olyf olie in ‘n pan, en as dit lekker warm is, gooi jy die drie kleure rissies in, en bly met die houtlepel tussen hulle ribbes tot hulle begin sagter word.  Gooi die knoffel in, skakel die pan af. 

Sny die brood horisontaal oop, maar nie deur nie.  Soos ‘n hotdog roll gesny word – bo-kant en onderkant geskei.  Neem nou die olyf olie, sprinkel die binnekant van die oopgesnyde brood bo en onder met olie.

Neem gerasperde Pecorino kaas, of enige sterk geur kaas, en pak dit op die onderste deel van die brood.  Vul die brood met die rissie en knoffel stopsel, en druk nog kaas in waar moontlik.

As jy nou regtig wulps voel, skeut daar nog ‘n skeut olyf olie al in die gestopte naat af.  Wat nie dood maak nie, maak vet – you choose!

Nou moet brood so op sy rug gehou word, met die stopsel na bo.  Draai lekker toe in foelie, voordat jy hom weer kan plat neersit – dis maar net dat die stopsel nie uitval, en jou effe irriteer nie.

Bak in ‘n 180 grade celcius oond vir 30 tot 40 minute, of kan ook op ‘n rooster op die vuur gesit word, maar hou dop dat die kole koel is – die idee is om die kaas te smelt, die brood te laat trou met die olyf olie, en die rissies verder te kook.  Die oond werk altyd beter.

Haal uit, en sit voor met wyn en soene.

 
2 Kommentaar

Posted by op Februarie 1, 2008 in Skoor kook oor!

 

2 responses to “Kom-hier-dat-ek-jou-vry brood

  1. mykopop

    Februarie 1, 2008 at 6:27 nm

    Skoor, ek dink dis hoog tyd dat jy jou eie TV-program kry!

     
  2. Nikita

    Februarie 2, 2008 at 6:55 nm

    ja, ek stem saam met Kop… http://www.skoorkos.com klaar vir jou ‘n website gecreate!😉

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: