RSS

Om Kreef te kook

21 Feb

Ek sien op my statistieke dat iemand gegoogle het wat wonder hoe om kreef te kook.

Ek gee graag vir daai iemand, en vir die mense wat in die toekoms wil wonder, die tegniek. 

Vir die ou wat egter die Krugermiljoene op my blog soek:  dude, jy speel seker as jy dink ek gaan hier skree dat ek dit het!!!

As jy van jou ekspedisie by die see terugkeer, is daar nog lewe in die lywe, daarom stel ek voor jy sit hulle in die vrieskas/yskas vir so ‘n uur.  Net om hulle slaap te maak.  Volgens BBC Food, die mees menslike manier om dit te doen.  Vir my persoonlik, is dit ‘n vreeslikheid, maar nou ja, daar is vroue wat skaap slag…

Onthou om soutwater van die see af te bring, ons gooi sommer in die koelboks, en maak ‘n lekker groot pot so half-vol daarmee.  Ons kook dit buite op die Cadac, omdat dit maar kan borrel en bruis, en die kook-kreef reuk in ‘n huis kan oornag.  En dis nie lekker nie.

Soutwater neem langer om te kook as varswater, so wees geduldig.  Wanneer die water borrel en spring, plaas jy die krewe met ‘n braaitang of met die hand, in die kookwater.   Dis hier waar ek oogklappe ophet, en Prys die Heer met Blye Galme, kliphard sing, net om van die realiteit van die oomblik, te kan vergeet.

As al die krewe nie op een slag inpas nie, stres nie, jy kan later weer kook.

Sit die deksel op, en time die kookproses vir 20 minute.  Na 20 minute kooktyd, haal jy hulle rooi lywe uit die water, breek die lang voorste voelers af, en hang hulle sommer weer oor die koelboks se rant, sodat die soutwater die lywe kan verlaat, en hulle kan afkoel en droogdrup.  Die sterte is gewoonlik opgetrek, wat ‘n lekker greep gee vir die hangslag.

Dit wat jy nie dadelik verorber nie, kan NADAT dit yskoud is, styf toegedraai word in kleefplastiek, en dan in 2 plastieksakke, en vrieskas toe vir anderdag. 

As dit vir ons beskore is, druk ons Vrijheid3 se neus weer in die see se rigting Saterdag.  Met die laagwater in die middel van die dag, kan ons dalk net ‘n rooilyf of drie huistoe bring. 

 
24 Kommentaar

Posted by op Februarie 21, 2008 in Skoor kook oor!

 

24 responses to “Om Kreef te kook

  1. annedelicious

    Februarie 21, 2008 at 12:22 nm

    so u can cook,vader xmas always called me cookie,hy het altyd van my cook gehou.

     
  2. Skoor

    Februarie 21, 2008 at 12:30 nm

    Ya i can cook. Kook en spekskiet gaan hand aan hand en is sinoniem met Skoor. Ek doen netnie meer my rywerk van my tafel nie, want ek het ‘n splinter gekry laas.

    Ry jy nog op jou tafel? Of is cook nou van die tafel af? Van die map af, onder die mat ingevee. Al daai huishoudelike dinge.

     
  3. sonkind

    Februarie 21, 2008 at 12:31 nm

    Skoor, het jy al gehoor hoe huil daai krewe in daai kookwater?!😈

     
  4. Skoor

    Februarie 21, 2008 at 12:46 nm

    Liewevader Son, is dit nou nodig. Nou het ons weer die Transvalers op onse rug en dit oor ‘n kreef wat huil!

    Nee, jy moet hulle slaapmaak, dan weet hulle nie eens die proses van oorle’ wees, begin nie!

    Ek weet van daai geluid, maar dis as jy hulle springlewendig en klapstert in ‘n pot sou druk!

     
  5. Jaco

    Februarie 21, 2008 at 1:23 nm

    Waar was jy toe ek laasweek inderhaas moes leer kreefkook om vir liefie ‘n lekker vaaltyns/huweliksherdenking ete aanmekaar te slaan.
    (op die ou end het die die manne gestoom vir 20 minute, en niemand is dood nie, so ek neem aan dit was suksesvol)

     
  6. mykopop

    Februarie 21, 2008 at 1:51 nm

    He he he, die mees menslike manier! Wat van ons soek die mees kreeflike manier? Nee kyk, party ouens is gemaak om te eet en ander om geëet te word!

    Daar’s net een probleem met jou resep, Skoor, hy werk nie in Gauteng nie – ONS HET NIE KREWE NIE!!!

     
  7. Dellie

    Februarie 21, 2008 at 2:20 nm

    Toemaar Mykop, in die Vrystaat is ook nie krewe nie. *snik* Hoe water my ou bekkie nou!

     
  8. annedelicious

    Februarie 21, 2008 at 3:19 nm

    ja ek ry nog,maar ek het niemand om saam my te ry nie,ek ry myself,het gaan shopping for toys at Adult World,so ek speel lekker,ek dink dis nou tyd for a partner.

     
  9. annedelicious

    Februarie 21, 2008 at 3:43 nm

    en nee skoor,ek is nie jou buurvrou nie,ek het class,ek prefer om kaalgat rond in my huis as om met daai broek te dra.

     
  10. skoor

    Februarie 21, 2008 at 4:30 nm

    Oe nee Anne, jy moet Toys R Us toe gaan, nie Adult World – die verskeidenheid is veel groter, en die tafels wat jy daar kry kom in diffirent sizes, so jy kan jou eie posisie in die samelewing bepaal!

     
  11. boendoe

    Februarie 21, 2008 at 9:07 nm

    Lol@ Skoor en Anne! Ons praat oor krewe, mense, nie tafels nie!😛
    So Skoor, as jy op die strand sit en kan hulle nie aan die slaap maak nie, kan jy hulle sommer met ‘n swaar voorwerp uitslaan?? Nee, jinne, dis ‘n baie grim prosedure, kreefkook.

     
  12. boendoe

    Februarie 21, 2008 at 9:08 nm

    O ja. So by the way. Wat is die verskil tussen lobster en crayfish? Weet een van julle Kapenaars dalk?

     
  13. sonkind

    Februarie 21, 2008 at 9:11 nm

    Boendoe, ek praat onder korreksie, maar ek dink lobster is Amerikaanse kreef. Suid-Afrikaanse kreef is sommer net gewone ou crayfish. Maar ek mag ook nou heeltemal van die pad af wees, hoor.

     
  14. Skoor

    Februarie 22, 2008 at 8:31 vm

    Ai Boendoe, jy vereis dat ek meer se as wat ek wil. Jy sit die spannetjie mos in ‘n sak, so as hulle uit die water is, verlang hulle mos terug water toe, en dan raak hulle bietjie lam en dizzy. Soos ‘n vis uit die water maar maak.

    Gits, ek wat so lief is vir diere, is nou nie regtig baie happy om die gebeure hier neer te tik nie.

    Nou ja, as jy by die huis opdaag, is die lamtes al lekker ingesetel, en doen die yskas die laaste sussing.

    Ja Son, lobster is daai groot goed met die vreeslike vet kloue – nie so lekker soos ons kommin cray nie!

     
  15. Da Mario

    Februarie 22, 2008 at 11:24 vm

    Jy sing “Prys die Heer met blye galme” uit vollebors?? 😆

     
  16. Skoor

    Februarie 22, 2008 at 11:44 vm

    Ja man, jy weet, uit dankbaarheid vir die kos.

    Seriously, dit is ‘n flippen gawe om jou eie kreef te kan uithaal.

    Noudie aand in ‘n restaurant het so ‘n klein krom tannetjie van over de water, ‘n krefie bestel teen R180. Daai naweek het ons 11 van hulle self uitgehaal. Jy vang my dankbaarheid?

    En ek wou nie skryf ek sing eintlik die liedjie van ‘ Hy is die pottebakker, ek is die Klay ‘ nie – dit is darem te onvanpas in die dae!

     
  17. René

    Februarie 22, 2008 at 1:14 nm

    roflmao!!!😆 arme krefies!!

     
  18. rosalindfranklin

    Februarie 23, 2008 at 9:09 nm

    Ek dink nie eens ek sa; ‘n kreef kan kook nie veral nie as hy lewe nie, ek is vreeslike sissie…ek eet diere maar ek wil hulle nie doodmaak nie. Ek weet, dit is net so erg, maar ek kan nie.
    Ek sal hom maar in die restaurant gaan eet en maak of ek nie weet wat in die kombuis gebeur nie.

     
  19. Nikita

    Februarie 27, 2008 at 12:07 vm

    Ek los die krewe vir julle…. ek is glad nie ‘n kreef-mens nie…gee my Kingklip, ja!😉

     
  20. Nico

    Maart 10, 2008 at 8:41 nm

    Nou weet ek ook! My laaste poging om daai rooi skerpioene uit Paternoster se water gaar te maak was maar gaggiesrig. Dankie!

     
  21. skoor

    Maart 11, 2008 at 8:35 vm

    Nico! Kry jou wordpress blog up en running man – ek sukkel my flou om comments te los op jou blog.

    Bly om van jou te hoor. Ek weet mense gooi hul soms in vars water, maar dis ook blykbaar nie so mooi nie. Ek doen maar die slaap ding, en ingooi tyd, werk ek so agter die pot se deksel verby!

     
  22. skoor

    Maart 11, 2008 at 8:37 vm

    Nikita, jy moet meer daring raak ou girl – wat van ‘n seared tuna steak, met wasabi gesmeer, en gedoop in soya sous? Daa’s nou vir jou koningskos!

     
  23. Nikita

    Maart 12, 2008 at 12:06 vm

    Hi Skoor… jy kry my glad nie naby daardie “goete” nie… ek los dit vir julle en my man…😉 eet jy mopanie-wurms ook? lol! (ek wil nie eers naby ‘n wurm kom van enige aard nie…ril tot in my kleintoontjie!)

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: