RSS

‘n Wrap vir die kleinkos

08 Mar

Tortilla wraps is vreeslik mode nou se dae.  Met elke restaurant wat sy sout wil werd wees en skielik ‘n wrap op sy spyskaart sit, is dit miskien nie so ‘n slegte idee om ‘n wrap hier te vul, teen ‘n derde van die prys nie!

Gaan soek in die winkel se yskaste vir wraps.  Jy kry die wat op die rakke le, wat hond duur is, en dan kry jy die wat in die yskas le, wat baie lekkerder is.  Ek weet nie die pryse nie, Skoorlief koop altyd die funky kos.  Ek koop katkos…

Lets wrap:

Om ‘n wrap voor te berei, verhit jy ‘n droe pan, m.a.w. jy gooi geen olie in hom.  Ek doen dit in die Bauer pan, en as jy nognie een het nie, koop minder Huisgenoot die maand, en skaf vir jou een aan.  Ek dink die Huisgenoot is anyway so vrek duur, so 6 uitgawes ‘n mis, en jy’t jou Bauer.  Of so iets.

As jou handpalm BO (moenie se ek het nie gese dat ‘n warm pan warm is nie) die panbodem gehou word, en jy voel hoe kielie die hitte aan jou lewenslyne, gooi jy die tortilla in, en tel tot sestig.  Draai haar om met ‘n vinnige voorvinger en duim spanpoging, gryp jou oorlob om die pyn uit te dryf, en tel weer tot 60. 

Onhou as jy vir wrap te lank in die pan los, raak dit kripsy (Afrikaas vir chrispy) en breek dit wanneer jy liefderyk die kleinkos toevou.

Kleinkos:

Enige oorskiet van die vorige aand.  Of dit nou prawns, gebraaide hoender, braaivleis, chili con carne, maalvleis, geroosterde soetrissies of eend is, as dit in klein repies gesny is, kan dit le.  Jou vulsel kan warm of koud wees, soos jy verkies.

Gerookte hoender en mango met ‘n selderyblaar

Gewone oorskiethoender met gerasperde kaas en jalepenos

Maalvleis, Mrs Balls en mozarella

Tamatie, kaas en ham

Prawn, mozarella en dhania (koljander blare)

Hierdie is net ‘n paar idees, maar die lys is so lank soos my arm.  Gooi daaroor ‘n chili mayo, gewone mayo, 2/3 dele mayo met 1/3 deel kondensmelk ingemeng, mostert sous of heel mostert saadjies, balsamiese reduksie, Mrs Balls, sweet chili, of hot chili, en die wrap is volmaak.  En gebruik ordentlike mayo.  Crosse and Blackwell.  Nie hierdie low fat liegroom of cheap no-name brands nie, dit smaak pure sonneblom wat in water gestaan en wortelvrot opdoen het, voor die saad gepers is!

Let’s wrap the wrap:

Vir die beginner stel ek voor om ‘n papierbord te neem, en die eerste vou so te oefen:  Jou vulsel kom in ‘n klein  hopie in die middel en op na bo, van die tortilla.  Bring die onderkant van die tortilla oor na bo, maar stop sodat ‘n kwart van die bo-kant van die tortilla uitsteek.  M.a.w jy sit dit nie op die boonste naat neer nie, maar bietjie laer.  Van die vulsel kan ontbloot wees, onthou, dis sexy kos, nie toad in a hole soos die Pommies graag wegsteek kos maak nie!

Nou vou jy links na regs, en dan weer regs na links.  Soos die vulsel jou toelaat om die vouwerk te doen.

Baie mense sit die vulsel in die middel van die tortilla, van kant tot kant, en rol dit dan soos ‘n wors op, nadat die onderkante ingevou is voor die rollery begin, sny dit in 2, teen ‘n skuins hoek, en steek met tandestokkies vas.  Dit is elke ou se keuse hoe sy wrap gerol of gevou word.

Die belangrikste is dat dit voorgesit moet word met ‘n lekkerte soos koue Sauvignon Blanc of ‘n ligte Chardonnay.  Niks swaar hout hiermee nie!

 
14 Kommentaar

Posted by op Maart 8, 2008 in Skoor kook oor!

 

14 responses to “‘n Wrap vir die kleinkos

  1. Jasper

    Maart 9, 2008 at 6:56 vm

    and that’s a wrap folks

    Gisteraand se lamsnek potjie veroorsaak waterbek op ‘n torteldoek…

     
  2. KruidjieRoerMyNie

    Maart 9, 2008 at 11:17 vm

    Vrek duur die wraps, maar so een maal ‘n maand kan ‘n mens bederf.

     
  3. Zee

    Maart 9, 2008 at 8:06 nm

    Skoor, dankie!!! het juis gewonder hoekom myne altyd breek as ek dit rol.
    Ek stem heeltemal saam oor die mayo…. net C&B vir my!
    Wat van bietjie lekker “mince” resepte? (Of is daar al?)

     
  4. Skoor

    Maart 10, 2008 at 8:40 vm

    Nee a Jasper! Wie gaan lamsnek pot toedraai? Die volgende dag se pot is mos gewoonlik die lekkerste pot. Maar in ‘n torteldoek gaan ek hom nie sit – eerder op ‘n lekker hoop rys.

    Nee Roer, gaan kyk in SPAR se yskaste, hulle is regtig goedkoop. Ek sal die brandname probeer kry, en vir jou daarvan se.

    Zee, mince resepte is iewers ondertoe. Daar is twee inskrywings.

     
  5. Jasper

    Maart 10, 2008 at 2:10 nm

    Skoor, daai rys is klaar ingemeng om bietjie meer te sit op die bord
    As ‘n man lamsnek bou bly daar gewoonlik nie veel oor nie…

    selfs die bene word skoon gebyt en murg uit gesuig voor die woef dit mag kry…

     
  6. boendoe

    Maart 10, 2008 at 3:29 nm

    Nou weet ek ook hoe om die vervlakste ding gevou te kry…

     
  7. Roer

    Maart 10, 2008 at 3:39 nm

    Gekry? (die brandname) Ek verkies om Pick’nPay on-line te doen, want ek en kruideniersware koop is nie maatjies nie, maaaaaaaar ek sal myself SPAR toe sleep as dit noemenswaardig goedkoper is daar. Ek weet nie wat’s erger. Die trolley rage, die apatiese tellers of die stygende kospryse. Wag, ek’s knorrig. Miskien sal ‘n koffie help.

     
  8. Skoor

    Maart 10, 2008 at 4:14 nm

    Roer, sit met dit voor my: Blue Shirt (brandname) se 8 large wraps @ R22.95 – dis so 25cm groot. Daar is nog ‘n brandname, maar ek kry dit nie vandag nie. Hierdie was in die koelkas naby die bakkery, maar vra – dis die vinnigste.

     
  9. sonkind

    Maart 10, 2008 at 7:02 nm

    Skoor, ek eet gewoonlik net wat binne in die wrap is en los die omhulsel. Ek’s regtig nie sterk op deeggoeters nie.

    En vir nou eet ek eerder chocolate goete gewrap in filter boksies😆

     
  10. skoor

    Maart 11, 2008 at 8:32 vm

    Son, ek gaan jou nog eendag op die rotse kry. Dis ‘n promise.

    En ek dink dit moet sommer lekker in die winter wees, as dit yskoud is op die klippe.

    Wyl die ander visvang, maak ek vir jou ‘n wrap van bakedbeans, cheddar en tobasco. Jy sal so lekker eet, daai omhulsel sal saam ingaan, voor jy kan dink. Jy weet mos hoe honger die see ‘n mens kan maak!

     
  11. Dellie

    Maart 11, 2008 at 3:18 nm

    Ek lief jou reseppies. Ek gaan die naweek jou “Hoender in ‘n bad” try.

    Hierdie klink vreeslik lekker. Miskien moet ek dit vanaand probeer.

     
  12. Skoor

    Maart 11, 2008 at 3:43 nm

    Dellie, sit net die hoender Donderdag op die laatste in die bad, anders is dit teen Saterdag nie regtig reg nie. En onthou, IN DIE YSKAS. Enigiets wat die tyd van die jaar buite staan, groei paddastoele en mos…

    Die wraps werk regtig goed. Met heerlike moerkoffie as nagedagtenis, en jy is ‘n ander mens.

     
  13. Wipneus!

    Junie 26, 2008 at 6:21 nm

    Ek wil daardie spar wraps gaan kry, ek betaal my ore van my kop af vir woollies wraps!!! Dankie, ons is vreeslik lief vir wraps!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: