RSS

Kerriemins (mince)

14 Mar

Dit is nie net by die kerkbazaar wat jy nog kerriemins op rys kry nie, nee, weens die ekonomie wat druk eet mense minder vleis, en meer maalvleis.

As jy dinge bietjie wil opspice met die maalvleis is die roete heel eenvoudig: gooi ‘n lekker klomp uie in die pot, en dan braai jy die mince tot bruin.  As dit al is wat op jou rakke staan, gooi dan Raja kerriepoeier in, maar ek wil amper myself wend na knoffel, rooirissie en gemmer, in ‘n vars formaat, fyn gevysel en stamper.  Met ‘n teelepel borrie, en sout en swartpeper na smaak.  So ‘n skeut fyn kaneel vir die ‘wat de hel is so lekker hier in’ gedagte, en ‘n ekstra bietjie cayenne as jy meer skop kort.

As alles nou gaar is, dop jy die laaste bietjie van laasweek se bottel witwyn hierin, gevolg met ‘n koppie water, sodat die mince weer lekker water op het. 

Nou gooi jy so ‘n aartappel of drie, wat mooi in blokkies gesny is, by die mengsel, roer dit deur, sit die deksel op, stel die hitte laag, en gaan kyk 7de Laan.

As jy dan die deksel oplig, moet daar ‘n lekker kwyl in jou kieste opbou, die aartappels moets sag wees, en die geur, verruklik.

Bedien op Basmatiese rys, of Jasmyn rys.  Los die Tastic vir die ander bredies in die winter.  En moenie die lepel Mrs. Balls vergeet nie!

(Raja en Mrs. Balls, mail my vir my posadres, ek neem graag besit van julle gratis geskenkpakke!)

 
17 Kommentaar

Posted by op Maart 14, 2008 in Lekker maklike kos

 

17 responses to “Kerriemins (mince)

  1. Nikita

    Maart 15, 2008 at 4:15 vm

    BAIE geluk met die kosblog!! alles lyk/klink heerlik hier..!

     
  2. boendoe

    Maart 15, 2008 at 8:39 vm

    Ja, Skoor, ek wens myself eintlik geluk! Nou kan ek reseppies op die internet kry by ‘n vrou wat WEET van kos. Gewoonlik laai ek een af en hou my asem op oor hoe dit gaan uitkom!
    Ek gebruik ook die kerriepoeier ‘with garlic’. Hoekom gaan dit ons vriende (hopelik nie man nie) wegblaas?
    Jou blog lyk baie snazzy!

     
  3. mykopop

    Maart 15, 2008 at 9:04 vm

    Veels geluk met die nuwe bababloggie! Ons sal dophou.

     
  4. sonkind

    Maart 15, 2008 at 5:07 nm

    En die volgende dag maak jy outydse jafels met die oorskiet van Antie Merie se kerriemins. Jy sal jou lippe aflek vir daai broodjie!

     
  5. Nikita

    Maart 15, 2008 at 5:35 nm

    Skoor…ek soek ‘n HEERLIKE muffin resep… HET een gehad wat ek by my ma gekry het…wat uit ‘n Rooi Rose gekom het voor 2001… die resep het kersies ook ingehad en ek dink karringmelk ook…dit was ‘n HEERLIKE “nat” muffin… ek het die resep verloor tussen terug SA en weer terug hier… *^&*&^!**… het jy dalk een!? Ek sal baie bly wees man! Dankie!!

     
  6. netjane

    Maart 15, 2008 at 5:57 nm

    Hoe bly is ek nou vir resepte! I.p.v die kaneel is ‘n bietjie Garam Masala op die einde bygemeng ook lekker vir die “mystery ingredient” effek.

     
  7. skoor

    Maart 15, 2008 at 6:30 nm

    Nikita, as jy kan wag, sal ek vir jou ‘n resep vind – die tannie wat weet van, is net nie nou tuis nie, maar dit sal gebeur – hang aan…

    Garam is altyd ‘n wenner, maar dan moet dit vars wees – die goed op die winkelrakke is soms maande gelede gemaal, en het meeste van hulle geur verloor. Maar ek stem NetJane.

    Sonkind, as ek ‘n jaffelpan kan kry, sal ek dit probeer. Ek het al vreeslike skimpe vir my een van my ma se twee gegooi, maar somehow is sy doof in daai skimp oor. En die goed is hond duur in die shops. Dis ook nie ‘n ding wat mens in ‘n tweedehandse winkel sommer sien nie. My laaste lekker koop was jare terug op Groenpunt se Sondagmark, voor die jare van draadgemaakte kersblakers, gehekelde tafeldoeke, Afrika maskers en Made in China twak – ‘n lekker icecrusher. Ook in die dae van Amarula op crushed ice, bygese.

     
  8. platterfuss

    Maart 16, 2008 at 10:22 nm

    ((((((((((hugs))))))))))))

    En CONGRATS!!!!!

    By the way, sponsor jy die ‘weigh less’ ook? Heheh!

     
  9. Skoor

    Maart 17, 2008 at 8:51 vm

    Platt, oppas, ek druk trug!

    Weigh Less en ek het niks in gemeen nie, jy sien dan ek loop lig vir gebak, want goed wat geweeg moet word, maak my nervous…

    Kook en Geniet meisie, kook en geniet – daai de Villiers tannie het destyds al die ding geweet en die boek so genoem.

    En dan is daar Bak en Brou – maar ek wil nie my boek so noem nie…

    Son, gister kry ek ‘n tweedehandse jaffelpan daar in Tannie Nataniel (let me tell you that some day…) se winkeltjie. Vir flippen R60! En oorle’ oompie Piet se 8 jaar oue kaasorblyfsels sit nog saamgekoek in die groewe, en die handvatsels van hout, het al begin verf afgooi. Toe sit ek haar maar netjies terug, en nou sal ek maar sigaretgeld gebruik, en ‘n ordentlike jaffelpan koop.

     
  10. boendoe

    Maart 17, 2008 at 9:03 vm

    Skoor, ‘n noodversoek! Ons gaan die naweek weg (4 dae) en ek wil weet of daar enigsins iets is wat meer opwindend is as gekookte eiers, frikkadelle en toebroodjies vir padkos?

     
  11. skoor

    Mei 28, 2008 at 9:14 vm

    Ek het gisteraand ‘n kerriemins met ‘n verskil aangepak.

    Daarin was ster anys, garam masala, mostert saadjies, chillies, fyn komyn, ‘n stok kaneel, en dan die Raja (sonder knoffel) en borrie.

    Die knoffel is vars @ 3 huisies bygevoeg, en blokkies aartappel, en heel laaste, ‘n blik barlotti bone.

    Mmmm, o, en baie Mrs Ball’s. Op Basmatiese Bruinrys, en jy eet jouself knoppensie.

     
  12. Maryna Greeff

    Julie 7, 2008 at 12:25 nm

    Hey

    Ek is baie allergies vir mielies en koring en nog daarby vir Citrus
    Is daar enige iemand wat my dalk kan help met resepte ens vir mense wat vir gluten allergies is??

    Groot asb
    marynagreeff@gmail.com

     
  13. Nikita

    Julie 7, 2008 at 3:09 nm

    TADAA!! Skoor! Ek het daardie muffinresep – Rooi Rose- gekry!!! sjoe! Ek vlieg byna deur die dak vanoggend!! Ek wag net vir ‘n beskuit-foto van SA – uit een van die wenresepte-boeke – wat my sus moet scan om by die resep te gaan wat sy aangestuur het…dan blog ek dit…tjirts! maar ek kan nie wag om hom te maak nie…manlief gaan juis vanaand bestanddele kry – hopenlik!

     
  14. skoor

    Julie 8, 2008 at 9:11 nm

    Lekker – sien, as jy bietjie geduldig wag, kry jy gewoonlik wat jy wil he!

     
  15. skoor

    Julie 8, 2008 at 9:16 nm

    Maryna, ek het nog nie voorheen met so iets te doen gekry nie, maar ek stel voor jy gaan na http://www.egafrikaans.co.za – daar sal jy ‘n hulpnavrae afdeling kry, en as jy die vraag vra, wil ek jou amper verseker jy gaan mense kry wat dieselfde probleme het, en wat jou gaan kan help.

    Google bietjie en sien of daar nie internet artikels oor die ‘pyn’ is nie.

    As jy nie by bogenoemde werwe regkom nie, kom skryf weer hier, dan probeer ek dit verder vat.

    Dankie vir die inloer.

     
  16. torbin arnolds

    September 23, 2008 at 7:41 vm

    Soek graag ‘n maklike resep vir die maak van rooties(kaapse manier)asb. Hoop dat jy my sal kan help.

     
  17. skoor

    September 24, 2008 at 10:40 vm

    As jy die webwerf wat ek jou gestuur het, besoek het, kom kry weer jou kerriemins hier! Hoop jy kom reg – dit lyk darem nie te ingewikkeld nie.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: