RSS

Da’ isi kos ini huis nie!

14 Mar

In my wilde jongdae op die plaas, het ons eendag plaasmoles gehad, en die moeder van die smokkelhuis, en die voorbok onder die aanhitsers, word toe deur gatvol poelieste in die wen ingehelp.

Toe sy daar binne sit en perform vir die omstanders anderkant haar traliewerk, skree die uitgevrete dogter van haar, tot groot vermaak van die Boere oor:  ‘Jirri mamie, wa’ gat o’s nou vriete kry?  Nou’t ons fokol vriete nie!’

Serious storie.  Mami was darem die volgende dag weer tuis, met ‘n waarskuwing, en kon hulle weer vriete kry. 

Nou wat maak jy nou as jy soos arme Boendoe die dag jou kaste oopmaak en sien daa’s g’n vriete in die kaste nie?

Dan vat jy spaghetti, en jy kook dit tot dit is soos JY daarvan hou.  Nevermind wat die man met die vetterige hare en groot neus op BBC Food se hoe pasta gekook moet word, jy kook hom soos JY wil.

Vat ‘n goeie skoot olyf olie, verhit rustig in ‘n pan, en sny ‘n woonstelblok se knoffel in snytjies.  So 2 huisies knoffel vir die banges… 

Neem gedroogde chilies, of ‘n varse, en gooi dit by die olie en knoffel.  Die hitte moet laag wees, want die knoffel MOET NIE BRAND NIE.  Anders is dit bitter, en dis soos ‘n onplesierige kind in die NG Kerk.  Dis net nie lekker nie.

Gooi ‘n bietjie Mrs Balls by die olie en chili en knoffel, en ‘n bietjie witwyn of water.  Net om ‘n vloeistoffie te maak.

Dreineer die pasta, maar hou bietje van die water.  Pasta absorbeer, wanneer dit gedreineer en by die sous gegooi word, weer 30% van sy gewig in vog.  Gooi dan die pasta by die sousie, en roer goed deur, en voeg bietjie pasta water by, om dit nie droog voor te sit nie.  Die gesoute hande gooi sommer die pasta so teen die pan se rant uit, en trug, maar nou ja, dis gesoute hande, nie ek nie!

As daar iewers ‘n stukkie kaas rondle, of in die vrieskas opgeys le, werk dit by – kaas gee geur, en ‘n honger maag het nie voorkeur nie.

Sit voor met ‘n smile, en ‘n dankgebed oor da’ darem iewers in die huis pasta was!  En as jy ‘n blikkie tuna onder die pakkies aanmaak souse kry, daai smaak nou eers vorentoe by die gereg ingemeng!

 
7 Kommentaar

Posted by op Maart 14, 2008 in Skoor kook oor!

 

7 responses to “Da’ isi kos ini huis nie!

  1. Dellie

    Maart 14, 2008 at 9:54 vm

    Kyk, sulke moerby kos met die skrapse bestanddele, is gewoonlik die lekkerste.

    Ekke het vergeet van die hoender gister! Sal dit reg wees as ek dit vanmiddag “bad” en Sondag eet? Flip, ek kan myself sommer skop, wil dit so graag maak voordat Seun Dinsdag landuit vlieg. Ek bederf hom die afgelope tyd met lekker kos, die arme ding gaan van TV dinners en 2 minute noodles leef daar anderkant!

     
  2. skoor

    Maart 14, 2008 at 10:03 vm

    Ja dit behoort natuurlik nog te werk – sit bietjie ekstra suurlemoen sap in. Ek wil amper se los die hoender maar buite – dit sal die sagmaak proses aanhelp, maar dan woon ons begrafnis by, en dis my least favourite tydverdryf!

    Geniet die laaste maal met jou kind.

     
  3. Zee

    Maart 14, 2008 at 11:53 vm

    Skoor, dankie, gaan hierdie resep troetel vir die einde van die maand as die geldjies skraps is😉

     
  4. boendoe

    Maart 14, 2008 at 2:05 nm

    Oeeeeie! Hoe lag ek nou! ‘n Onplesierige kind in ‘n NG kerk! Daar kan nie waarder woorde wees nie! Jinne, giggel ek my nou dood! Ek was op ‘n tyd ‘n onplesierige kind (in die hoerskool, nogal) in die kerk. Ou doom Otto met sy wit kop het net soooo stip na ons koshuisbrakke in die middelblok gekyk…hiehie, dit bring nou lekker memories terug!

    Maar van die os op die trekker – en die eintelike onderwerp van die post (voor jy my ook antwoord soos jy Johannes geantwoord het!) – dit klink na ‘n bakgat resep. Dit wys jou net die verskil tussen ‘n kosmens en ‘n nie-kosmens. Julle soort sal wraggies iets kan saamslaan uit boggerol. No mean feat!

    Haai Dellie, vlieg die kind sowaar al Dinsdag?

     
  5. KruidjieRoerMyNie

    Maart 14, 2008 at 3:24 nm

    Skoor, van die os op die jas. Wil jy he^ ons moet vir oog toetse gaan? Watsie probleem met die header? Ek het EEN likeur chocolate vanmiddag gehad. Net een. Dit kan nie dit wees nie…

     
  6. Dellie

    Maart 14, 2008 at 4:12 nm

    Roer, ek het nog niks gehad nie, en hy blur vir my ook!😆

    Jip Boendoe, Dinsdag is dit koebaai. Hulle het gister laat weet, en vanmore bevestig. Eina.😦

    Skoor, die hoenertjies is ini bad. Sonder alkohol, want hier is nie bietjies wat oorbly nie! Sal jou Maandag kom vertel wat die mense sê.

     
  7. Skoor

    Maart 14, 2008 at 4:36 nm

    Ja Roer, jy en Anne het seker gegaan vir die tjoklits – as sy by was, is dit EEN SE GAT!

    Ek hol tussen my 2 blogs rond, gebruik geduld man.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: