RSS

Padkos

17 Mar

Pak mense nog padkos in vandag se deurmekaar dae waar jy nie sommer teen enige pad kan aftrek, en afpak nie?

As dit wel jou wens is om iewers teen ‘n pad af te trek met ‘n mandjie padkos, hier is ‘n paar idees:

Maak eerstens ‘n treffer van chickenwings.  Maak dit ‘n dag voor die vertrek, en laat dit goed afkoel, en dan yskas toe.   Dit sal so goed afgaan, jy kan amper net dit en servette inpak.

Toebroodjies is boring. 

Neem ‘n ciabata of franse brood of drie, sny dit in skuins snye, en braai dit op die vuur, sonder botter of olie.  Lekker kripsy en bruin.   Laat afkoel en seel in ‘n lugdigte houer.  Dit moet nie klamtrek nie – taai brood is jakkers.

Nou neem jy daai eiers, mash hulle, en sit behoorlike mayo en sout en peper by.  Ook in ‘n houertjie.  Ons gaan Tupperware bly maak met hierdie piekniek, by the way!

Die idee van padkos is om iewers stil te hou en te ontspan.  Sorg vir ‘n tafeldoek van ‘n soort, al is dit ‘n ou deken – sodat die voelmis op die sement tafels, toegegooi kan word.  Dit was altyd vir my so ‘n passionkiller toe ek nog kind was.  By the way, IS DAAR NOG SEMENT TAFELS LANGS PAD?  Gebruik die kar se bonnet dan maar.  Of plat op jou stere, maar pasop vir daai lelike woord byter miere…

Pak uit:  die houer brood, die eiersmeer, die yskasverkoelde en in ‘n koelhouer koud-gehoude hoendervlerkies (ek is erg oor hoender – het al voorheen my alie gesien met restaurant hoender, en dit gaan maar oor die hantering van hoender), die Tupperhouers met olywe, kaassmeer, heerlike camembert kaas, songedroogde tamaties en feta in olyf olie, salami, bloukaas en konfyt, kouevleis, heel tamaties, jalepenos en tsatsiki.  Jy kry ook pakkies klein worsrolletjies (sausage rolls) wat jy kan bak, afkoel en inpak.  Onthou ‘n tamatiesousie of blatjang vir hulle.

En ‘n gedroogde worsie en bietjie biltong is darem so reg in die opskeploerders se kraal – moenie dit vergeet nie.

Elkeen neem sy papierbord en mes, en pak vir hom ‘n broodjie.  Minder moeite vir jou, meer heerlikheid vir die eters. 

Dis wat Skoorlief ‘snackies’ noem, en dit is wat Skoor ‘n wenner noem.  Lekker koue koeldrank of druiwesap daarby, en almal sit met groot smiles.

Tupperware, my adres is op die blog, mail my vir my posadres vir die geskenkpak!🙂

 
4 Kommentaar

Posted by op Maart 17, 2008 in Lekker maklike kos

 

4 responses to “Padkos

  1. boendoe

    Maart 17, 2008 at 10:23 vm

    Dankie, dankie, dankie!

     
  2. mykopop

    Maart 17, 2008 at 6:17 nm

    Dit klink lekker ja! Ons maak nog partykeer padkos vir die lang pad Upington toe, ons kry darem nog plekke om stil te hou, padkos is mos nou maar gekookte eiers, frikkadelle of hoenderboudjies en toebroedjies. Die kinders verkies natuurlik KFC.

    So van die eufemismes gepraat vir daai miere, daardie lelike swart goggas (met ‘n wit randjie om?) met die lelike naam noem my pa ‘n Oogspesialis.

     
  3. Skoor

    Maart 18, 2008 at 8:31 vm

    Daai Oogspesialiste het seker hulle opleiding by die Boere van die ABO gekry – dit was mos ‘n volk wat sekuur kon mik en sneller trek, en ek hoor Spesialis skiet nie sommer mis nie!

    My oupa het, in die teenwoordigheid van die kleinkinders, altyd van die ‘Kapkarre’ gepraat, as daai groot miere met die bruin lywe verbykom, maar ‘n kleinkind het gespitsde ore waar grootmense praat, so ons het gou gehoor hulle is lief vir sport, alhoewel ons nie van die begin die sport toerusting kloutjie by die oor kon bring nie.

     
  4. boendoe

    Maart 25, 2008 at 11:23 vm

    Die padkos was ‘n wenner. VERAL! die eiersmeer! Die manne het dit behoorlik verorber. Simpel goed. Die eenvoudigste goed maak hul sielsgelukkig!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: