RSS

Muffins vir Nikita

18 Mar

Ek het hierdie muffins geeet – ek kan dit dus onderskryf.  As jy dit probeer het, laat weet.

Tannie Rina se DADEL MUFFINS 

Meng bymekaar: 

500ml koekmeel

500ml melk

125ml olie

3ml sout

10ml koeksoda

375ml fyngedrukte All Bran Flakes

250ml strooisuiker

250ml fyngekapte dadels

2 eiers 

Laat rus oornag in die yskas (sorrie, hierdie moet jy maar net voor slapenstyd meng, anders gaan dit jou heeldag roep uit die yskas!) Skep die volgende dag in ‘n gesmeerde muffinpan (of muffinpanne met papiertjies in) en bak vir 15-20 minute by 180 grade celcius tot gaar.   

KAAS MUFFINS 

Meng bymekaar: 

500ml bruismeel

1ml sout

1ml peper

1ml mostert poeier

250ml fyngerasperde cheddar 

Klits bymekaar: 

280ml melk

15ml olie 

Voeg nat bestanddele by die meel- en kaasmengsel.  Roer tot net gemeng, m.a.w moenie te veel karring nie! 

Skep in muffinpannetjies en bak vir 15-20 minute by 180 grade celcius.  Laat effens afkoel, en keer uit. 

Nou ja toe, Nikita, ek kon nou gese het ‘laat lewer die helfde by my af, maar jy sal dit moet pos, en by die tyd dat ek dit kry, is daar al paddastoele van ‘n soort, op!   Geniet.

 
8 Kommentaar

Posted by op Maart 18, 2008 in Lekker maklike kos

 

8 responses to “Muffins vir Nikita

  1. platterfuss

    Maart 18, 2008 at 3:36 nm

    (((Skoor)))

    Vir my is en bly diskriminasie ‘n ongelooflike lelike ding… en dis PRESIES wat jy nou hier doen…

    Hier sit ek, die diabeet, nou en DROOL en DROOL en DROOL………

    *sug*

    en sommer ‘n hengse EISH ook…….

    Maar kan nie help nie… ek MOET en MOET elke keer kom loer…….

     
  2. Skoor

    Maart 18, 2008 at 3:49 nm

    Eish, ek sal in japanees skryf, dan vorstaan djy mos nix wat ek van hier skrywe. Dan dink djy dis net nog een van hom fanie bloks.

    teriyaki? sushi? wasabi!

    soya.

     
  3. Nikita

    Maart 18, 2008 at 10:17 nm

    hi Skoor! Dankie! Dit klink heerlik, sal dit die Paasnaweek maak en terug rapporteer…😉
    nou…wat van ‘n HEERLIKE skon…resep… man, ons het in ‘n koshuis gebly vir ‘n redelike tydperk en vir lank het hierdie tannie..tannie Thelma…jong..het sy nou HEERLIKE groot skons gemaak vir Sondae oggende…sulke heerlike goudgeles…jy kon net een eet, so groot was hulle, maar HEERLIK…ek kon nog nooit weer sulke lekker skons eet nie, nie eers by Hartbeespoortdam se eetplekkies nie…het jy dalk vir ons so ‘n reseppie… jy deel “huiswerk” uit…nou gee ek JOU die huiswerk…😆

     
  4. Skoor

    Maart 19, 2008 at 9:01 vm

    Skonz het ek laas in st.6 se huishoudkunde klas gemaak. Ook net een jaar van daai vak gehad, want toe roep ander dinge as ‘n kospot my.

    Daarom is ek gladnie ‘n kenner nie, en doen ‘n beroep op mede bloggers om ‘n resep in my gmail bus te gooi, sodat ons die vrou in die verre kan verlos van haar skon lus.

     
  5. Nikita

    Maart 20, 2008 at 12:21 vm

    Dankie! ek het die gewone skon resepte, maar ai, as ek tog maar my dik resepteboek hier gehad het…want die tannie se resep is in een spesifieke boek …in haar eie handskrif….geskryf..

     
  6. netjane

    Maart 20, 2008 at 1:34 nm

    Ek sit en smul aan die kaasmuffins. Een happy customer rapporteer terug.🙂

     
  7. Skoor

    Maart 20, 2008 at 1:45 nm

    Good stuff! Solank jou koekieblik mos vol is, is jy anyway ‘n happy customer, ne!

     
  8. Nikita

    April 6, 2008 at 2:18 nm

    Was heerlik, dankie skoor!😉

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: