RSS

Tiger Brands se Oatso Easy

18 Mar

Ek sien tannie Isabel Jones het die tydelike met die ewige verwissel.  Daai tannie met die groot tande, wat, soos Margot Luyt, op die verskaffers se cases gebly het oor alles in ‘n winkel.  Ai, waar is hulle deesdae…

Anyway, hier op die blog, kan ons maar die tradisie voortsit.  Ek gebruik die webwerf www.hellopeter.com ook om my klagtes te le, maar ek glo ‘n blog het ‘n doel, en as ek *** diens of produkte kry, wil ek almal vertel en waarsku.

So is Tiger Brands so Oatso Easy my eerste messteek.  Koop ‘n boksie pap vir die oggende – ek doen nie ontbyt nie, so by 9:30 tref die oggend broodjie eers die lee kolletjie, maar vir die wis en onwis, wil ek maar ‘n oatsie kry.

Skeur vir pakkie oop, gooi inhoud uit, voeg kookwater by, en daar sien ek ‘n motjie in die pap.  En ek kyk in die sakkie, ja, MIET!  So gebeur binne in Tiger Brands se fabriek?  Want waar anders sal dit die pakkie inkom?  Yug!

Bel die hulplyn.  Los my naam en nommer, hulle sal terugbel.  YEA RIGHT.  Seker volgende jaar. 

Ek moes terugry na Pick ‘n Pay, aan die ander kant van die dorp, en dit gaan teruggee.  Die bestuurder het my geld teruggegee, en Tiger Brands vee hulle gatte af aan klagtes. 

Mooi so TIGER BRANDS, die lesers is amptelik gewaarsku oor julle DIENS en julle PRODUKTE!  En enigiemand wat julle sou google.  Ai, dis darem sleg, hierdie tegnologie!

 
2 Kommentaar

Posted by op Maart 18, 2008 in Lekker maklike kos

 

2 responses to “Tiger Brands se Oatso Easy

  1. maxie

    Maart 18, 2008 at 6:48 nm

    Wonderlike idee, die blog.

     
  2. boendoe

    Maart 18, 2008 at 11:39 nm

    Bad, bad TIGER BRANDS! Gelukkig kry ons dit selde hier in onse Shoprite! Hiehiehie…ek hoop iemand Google dit!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: