RSS

Pasta vir die honger maag

19 Mar

Vir die pasta, werk die spiraaltjie pasta die beste – dis daai wat lyk soos ‘n plat velletjie, wat getwist is.   Soos op die pic.

pasta.jpg

Kook pasta vir die aantal eters.  Daar is hope maniere om pasta te kook:  moenie olie ingooi nie, gooi olie in, moenie roer nie, roer. 

Ek weet net water met sout in, neem langer om te kook (Eskom gaan ons tariewe met 60% opstoot, want hulle prestasiebonusse moet uitbetaal), daarom gooi ek sout in as die water borrel.  En ek gooi olie in, en ek roer die pasta.  Jy doen dit soos jy wil.  Punt.  Fienies en klaar.

Verhit olie in ‘n groot pan, of swaarboom pot (lees verder, alles moet saam in die kookding ingaan later!) en sny ‘n ui lekker klein blokkies.  Dan vat jy panchetta of spek, en sny dit ook in blokkies.  Braai die ui tot dit glasig van kleur is, en gooi spek by.  Kap ‘n huis (-ie vir die banges) knoffel lekker fyn, en net voor die spek begin verbruin, gooi jy dit by.  Neem ‘n halfkoppie witwyn, en gooi dit in.

This is called DEGLASING OF THE PAN.  Dis as die vasgebrande stukkies onder op die panbodem, loskook wanneer vloeistof bygevoeg word.  Al die lekkertes en die gekarameliseerde stukkies, raak deel van die ete.

Hou die hitte onder die pan op ‘n temperatuur wat byna prutgeluide uit ‘n sop sal uitbring. 

Dreineer die pasta, maar hou bietjie pastawater, vir ingeval die dis te droog is.

Meng as volg in ‘n bakkie:  een eier en ‘n halfkoppie room.  Voeg ‘n handvol pecorino of parmesaan kaas by – gerasper natuurlik. 

Gooi die pasta by die spekmengsel, en roer dit deur – draai die hitte op dat die pasta en sous, dieselfde temperatuur raak.  As daar geen sous onder in die pan is nie, gooi bietjie pastawater by op hierdie stadium.

Haal af van die hitte, en roer die eier en room en kaas GOED deur die mengsel.

Voila, bedien met gekapte pietersielie bo-oor, of in Boendoe se geval, fyngekapte spinasie, wat net deurgeroer word.  Draai swartpeper oor, vat ‘n lekker glas rooiwyn, en sit jou gunsteling movie op.

O, die hitte van die pasta kook die eier, hou op stres!

 
10 Kommentaar

Posted by op Maart 19, 2008 in Lekker maklike kos

 

10 responses to “Pasta vir die honger maag

  1. Dellie

    Maart 19, 2008 at 4:05 nm

    Niks met jou pasta te doen nie, wil net vir jou laat weet dat die “Hoender in ‘n bad” ‘n absolute treffer was! Dit kry ‘n ereplek by ons gunsteling resepte.

    Ek het bietjie afgewyk van die gaarmaak metode, omdat ek nie baksakkies het nie. Dit toe toegemaak met foelie, en later oopgemaak en goudbruin gebak. Dit was ook koud en reënerig, so ek het nie slaai gemaak nie. Rys met ‘n lekker sous van gebraaide uie en sweet peppers (al die kleure), soet wortels met vanilla en nutmeg, boontjies met kaas en room, en almal het gedink dis heaven! Daai hoender is regtig iets besonders, selfs die witvleis was heerlik geurig en sappig. Definitief ‘n wenner!

     
  2. Skoor

    Maart 19, 2008 at 4:30 nm

    Wonderlik! Ek wou dit ook eers nie glo nie, maar toe ek dit eers probeer het, was daar GEEN ander hoender resep wat kon kers vashou nie.

    Jou ete klink of ek daar moes gewees het om notas te neem.

     
  3. boendoe

    Maart 19, 2008 at 8:14 nm

    Dankie, Dellie, ek het my verwonder aan die hoender in ‘n bad. Nou weet ek ten minste dis kosher! (grappie, Skorie!)

    En net ter inligting: ek HET pietersielie! (en basil, en roosmaryn, en tiemie, en oreganum. Vars! Whe!)

     
  4. boendoe

    Maart 19, 2008 at 8:17 nm

    Wil nou nie snaaks wees nie, maar ek sien net my avatar hier oppop. Ek gaan nog in ‘n bobaas kok ontpop. Delete maar my comments as jy bietjie van ‘n breek wil he!

     
  5. skoor

    Maart 20, 2008 at 7:36 vm

    As die nie vir jou was nie Boendoe, met wie sou ek kon chat!🙂

     
  6. Pikkelik

    Maart 21, 2008 at 9:33 vm

    Hi Skoor. Die pasta is njammies. Het die gisteraand getraai. Heerlik!!! Ek’s seker na die pastagereg en die wyn is ek nog ‘n jaar of wat ouer daar by Boendoe.🙂 Ek’s lus vir beeslewer – het jy enige idees????

     
  7. Zee

    Maart 22, 2008 at 11:03 vm

    Skoor, gisteraand was pasta aand! Hene tog, jy gaan my alie nog ‘n hele paar keer red!

    Dit was lekkerrrrrrrrrrrrr!

     
  8. skoor

    Maart 25, 2008 at 10:21 vm

    🙂 Zee

    Pikkelik, hang aan met daardie lewerlus. Ek is gladnie een vir dier intestiene nie, maar die kenner kom vanaand by my eet. Dan kry ek vir jou die resep.

     
  9. boendoe

    Maart 25, 2008 at 10:49 vm

    En laat ek raai. Dis jou ma?

     
  10. skoor

    Maart 25, 2008 at 10:51 vm

    Hehehe, nee, ma doen ook nie intestiene nie!

    Skoorlief se boeta. Hy weet van. En wat hy nie van weet nie, vind hy uit. Bietjie soos ek – die uitvind deel.

    Hoe was die padkos toe?

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: