RSS

Eiervrug – Pers. Sexy. Onbekend.

20 Mar

eiervrug5.jpgEiervrug is redelik onbekend in Boere kookkuns, of Boere kos, soos ek sommer seg.  Ek sukkel nog om te weet wie se eiers dan so pers was en HOEKOM!  En waarom die vrug toe so vernoem is, maar dit daar gelaat.  Hell hath no fury, of hoe…

GEBAKTE EIERVRUG

1 Medium eiervrug, gesny in skywe van so 1cm dik

1 eier

3 dessertlepels meel

knippie sout

olyfolie

Klits die eier en sout in ‘n bakkie, en gooi die meel in ‘n bord.  Verhit die pan met ‘n lagie olyf olie daarin, en moenie toets deur jou vinger daar in te druk nie!  Neem ‘n teelepel se steel, druk dit in die eier, laat die druppel in die pan val.  As die borreltjies rondom die eierdruppel dans, dan is die vloer oop vir die wals.

Dip die skywe in eier, meel, en sit in die pan.  Braai tot goudbruin aan beide kante, en dreineer op kombuispapier.

Bedien met kouevleis op ‘n roosterbroodjie.  

eiervrug4.jpg

EIERVRUG EN TAMATIE – WARM OF KOUD – BRAAIVLEIS BYKOS

2 medium eiervrugte – geskil en in blokkies gesny

4 dessertlepels olyfolie

2 medium tamaties

2 huisies knoffel – gekneus

1 ui – opgesny in klein blokkies

Sout en peper

1 teelepel paprika

Verhit olie in ‘n pan en braai die eiervrug daarin vir 5 minute, terwyl jy met ‘n houtlepel roer.  Voeg ui, knoffel en paprika by, en braai vir nog 5 minute.

Gooi die tamaties by, en geur met sout en peper.

Druk ‘n deksel op die pot, en kook vir ‘n verdere 15 minute totdat die eiervrug gaar is.

Gooi gekapte pietersielie bo-oor en bedien met braaivleis, of koud op jou brunch broodjie.

eiervrug3.jpg

EIERVRUG, TAMATIE EN FETA VERLEIDING OP DIE BRAAIVLEIS ROOSTER

1 groot eiervrug, in die lengte gesny in skywe van so 5mm dik – probeer 8 snye kry

120ml olyfolie

2 gekapte knoffelhuisies

1 groot tamatie, in skywe gesny en weer halveer – sodat jy 8 kry

275g Feta

8 Basil blare

Sondroog tamaties in olyfolie, gedreineer en fyngesny

Rasper die skil van ‘n suurlemoen – moenie die wit saam inrasper nie, dis yukkies!

Le ‘n paar tandestokkies in water sodat hulle nie brand nie

Sit die skywe eiervrug in ‘n bak en besprinkel liggies met fyn sout.  Los vir 30 minute.  Spoel af en maak goed droog.

Meng die suurlemoenskil, knoffel en olyfolie en borsel skywe eiervrug aan beide kante.  Sit op ‘n rooster en braai vir 2-3 minute.  Sit eenkant en laat afkoel.

Sny feta in 8 stukke – ek krummel sommer die spul, ‘n gemeet en gepas werk nie altyd met my siel nie. 

Sit die eiervrug neer, plaas in hom ‘n skyfie tamatie, die feta en ‘n skeppie van die sondroog tamatie.  Le ‘n basil blaar neer op die vulsel, en vou die kante oor, steek vas met ‘n tandestokkie, verf weer met knoffel, olie en suurlemoenskil mengsel, en sit terug op die braairooster.

Sodra die kaas begin smelt, of die eiervrug begin verkleur, eet jy dit onmiddelik met jou hande.  Niks gemes en vurk hierso nie!

eiervrug.jpg

TAPPAS:  EIERVRUG EN KNOFFEL PUREE

Ek is een vir snackies – Skoorlief maak lekker snackies, so hopelik lees Skoorlief die bladsy, en kry ek binnekort weer snackie kos.

Neem ‘n eiervrug en sit dit in die oond vir omtrent 45 minute by 180 grade celcius.  Die beste alternatief, is om dit op die rooster gaar te maak terwyl jy braai – die geur sal hemels wees, en jy spaar krag. 

Die volgende aand neem jy dan ‘n skerp mes, skil die pers skil af, en sny in wilde blokke, gooi in die voedselverwerker, en voeg by:

1 huis knoffel, ‘n klein uitjie, so ‘n goeie knerts olyfolie, ‘n skeut suurlemoen sap, ‘n tikkie komyn en sout en peper na smaak.

Blits die spul fyn, en bedien op ‘n lekker eksotiese broodjie, of met rou groente as dip. 

Ek gaan dadelik my bruchetta resep oorbring, want dit is die ideale broodjie vir hierdie dip.

As jy nie ‘n voedselverwerker het nie, neem ‘n houtbord en ‘n sterk vurk, en druk alles fyn daarmee, of ‘n aartappel drukker.  ‘n Boer maak mos ‘n plan.  Ek sal nou nie se sit dit in ‘n Ziplock en loop daaroor nie, want Ziplocks kan bars!

eiervrug2.jpg

 
8 Kommentaar

Posted by op Maart 20, 2008 in Lekker maklike kos

 

8 responses to “Eiervrug – Pers. Sexy. Onbekend.

  1. Zee

    Maart 20, 2008 at 8:27 vm

    Skoor, ek wil net weer dankie sê vir hierdie blog. Jy save ‘n mens party dae. Gaan jy dalk ‘n soort van ‘n indeks maak? Wil jy nie maar die ander resepte ook hier sit nie dan hoef ons net hier in te wals as ons ietsie soek om die familie mee te impress?🙂

     
  2. Skoor

    Maart 20, 2008 at 9:24 vm

    Zee, hier le nou ‘n plassie langs my stoel – ek het gesweet wyl ek die ander blog resepte hierheen aangejaag het. Eerste keer wat ek dit doen, toe copy AL my frieken posts oor. Delete, delete, delete…

    Die indeks is soort-van onder ‘wat kook nog’ afdeling, ek is nie so clued up met blogblaaie bou nie.

    My volgnende effort is om die skrif kleur te verander, want dit is totaal onleesbaar plek-plek.

    Geniet die blog. Ek kan nie belowe dat hier altyd iets sal wees wat jy soek nie, maar dan kyk jy maar die prentjies!

     
  3. boendoe

    Maart 20, 2008 at 9:33 vm

    Hoekom het ek nog nooit daaraan gedink nie?? Veral daai eiervrug en tamatie-bykos klink belowend. Braaivleis is juis my voorland die naweek!

     
  4. Pikkelik

    Maart 24, 2008 at 2:28 nm

    Skoor hierie is nou ‘n moeilike een, ek sal maar volgende seisoen eiervrug innie groentetuin plant. Ek het mos nou die resepte.

     
  5. Linda

    Maart 9, 2011 at 4:54 nm

    Die resepte lyk baie lekker gaan dit nou probeer. Het ‘n tamatie tonnel en droog tamaties om te verkoop. Stel julle dalk belang?

     
  6. Skoor

    Maart 16, 2011 at 8:27 vm

    Linda, mail jou besonderhede asook jou pryse na skoorbek@gmail.com en as iemand belangstel sal ek julle in kontak bring.

     
  7. Wendy de Wet

    Maart 25, 2014 at 12:47 nm

    Baie oulike resepte en baie lekker het al drie van dit gemaak. Het eie groente tuin en my eirvrug is so mooi ek kan net nie voorbly met al die eirvrug nie so hou daarvan om tenminste 1 x per week iets anders te maak Lekkerrrr… Wendy Thabazimbi

     
    • meldee

      Junie 3, 2014 at 12:37 nm

      wendy.. eks keen om my uie groente tuin te begin.. hoe gemaak met eiervrug plant?

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: