RSS

Beeslewer vir die sterkes

26 Mar

u10788871.jpgDie kenner het gepraat, en ek het geluister.  Want PIKKELIK het ‘n behoefte aan beeslewer.  Nie my soort kos nie, maar ek probeer uithelp waar ek kan.  Moet netnie met afval resep versoeke opdaag nie.  Ek is bevrees ek kan ook lyne trek!🙂

Maak die lewer skoon, m.a.w. trek die velletjies af, en sny in die grootte waarvoor jy kans sien.  Steakstrips, steaks, blokkies, watookal jou voorkeur.

Daar is twee watertand maniere (ek verbeel my dis NIE lewer nie, en ek kwyl saam) om hierdie dis te benader.

UNDERCOVER LEWER

Rol die lewer in geklitsde eier, en daarna in meel waarin die sout en growwe peper bygevoeg is – in Ingils roep hulle dit ‘seasoned flour’.

Bak in olyfolie en botter tot dit vir jou reg lyk om te eet.

Bedien op mash, met lekker baie gekarameliseerde uie wat jy maak terwyl jy klaar gebak het aan die lewer, en hulle laat le om te rus. 

Sny die ui in skywe, redelik dun, en braai bruin in die lewer pan.  Gooi ‘n halwe koppie rooiwyn in, en laat die pan ‘deglase’.  Kook die mengsel totdat die alkohol verdamp het, en die rooiwyn dikker begin lyk.  Dit staan bekend as ‘reducing’.

Skep die lewer op die aartappel, skep die uie oor die lewer, en geniet jou ete.

BEESLEWER EN FUNGI

Hierdie resep is blykbaar vir die vreters.  Jy rol die lewer in gegeurde meel soos bo verduidelik, en bak dit in olyfolie en botter, maar voeg gesnyde sampioene by, en ‘n vloeistoffie van ‘n soort, dat die sous vorm soos die fungi van hulle water ontslae raak, en met die oortollige meel meng.  Goeie plan is om ‘n bietjie meel by te voeg as verdikkingsmiddel, en die sousie stabiliteit te gee.

Bedien op rys of kapokaartappels.  En moenie die knoffel in die sousmaak proses vergeet nie – geen gereg is afgerond as die vars knoffel nie bygevoeg is nie!

 
3 Kommentaar

Posted by op Maart 26, 2008 in Lekker maklike kos

 

3 responses to “Beeslewer vir die sterkes

  1. Pikkelik

    Maart 26, 2008 at 7:58 nm

    Jy is die beste…. Baie dankie!!!

     
  2. Skoor

    Maart 27, 2008 at 8:07 vm

    Sorrie vir die fout aan die begin, ek het dit reggestel – dit was jy, en nie Zee, wat wou weet.

    Nietemin, ek hoop dit proe vorentoe.

     
  3. Pikkelik

    Maart 27, 2008 at 12:08 nm

    Daai “Undercover” een is ‘n treffer! Tot Ouboet het saamgeëet aan daai een.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: