RSS

Boere Toskaanse Pork & Beans

26 Mar

In Tuscany is daar blykbaar mense wat jaar in en jaar uit bone eet.  Een maal per jaar, gewoonlik die begin van die lente, sit hulle egter varkworsies by die gereg, en bou ‘n feesmaal in ‘n pot.

Toe doen ons ook gisteraand die feesmaal ding.  ‘n Dankseggings ete.  ‘n Dekadente brassery met vuur en wyn en seekos en peuselgoed, wyl die pot P&B staan en prut op die gasstoof.  Dit was om die geilgeit van die seegawes, bietjie te demp.

Hierdie pot het 6 grootmense, en 2 halwe mense kos gegee.  En daar was bietjie oor.

Neem 2 uie, opgesny, opgekap, maak nie saak nie, sit net ‘n duikbril op vir die traan slag!  Gooi in ‘n pot – ek het die familie ysterpot gebruik, maar ‘n Bauer werk ook – met ‘n lagie olyfolie in, en begin braai. 

fba073.jpgSny pork bangers, of sausages, watookal die winkel gehad het, los van mekaar.  Ek het van die gevlegdes gekoop, so drie in ‘n bondeltjie, nege in ‘n pakkie.  Klein, pikante varkworsies.  Gooi die hele spul, dis ongeveer 30 worsies, in die pot, en meng deur met die uie.  Moenie te woes roer nie, die velletjies moet die worsies heel hou. 

As die worsies begin verbruin, gooi bietjie water, so ‘n halwe koppie, in die pot, gevolg deur ‘n teelepel vars, of gedroogte roosmaryn, en 4 huise fyngekapte knoffel. 

Gooi nou in:  1 blik gekapte tamaties, 1 blik canelonni beans, 1 blik red kidney beans, 1 blik butter beans, 1 blik black eyed beans, en ‘n pakkie tamatie puree.  Meng alles deur, sit die deksel op, draai die hitte laag, skink ‘n whiskey, en sit terug.

Na 30-45 minute, kan jy opskep.  Mits jy deur die kooktyd bietjie geroer het, anders kry jy aangebrande feeskos!

Die beste beste beste ietsie om by die kos te eet, is om te gaan soek na die bruchetta resep op hierdie blog, en dit dan so te maak, en voor te sit.  Jy sal NIE jammer wees nie!

 
5 Kommentaar

Posted by op Maart 26, 2008 in Lekker maklike kos

 

5 responses to “Boere Toskaanse Pork & Beans

  1. boendoe

    Maart 26, 2008 at 4:56 nm

    Dit lyk nie te ingewikkeld nie. Behoort dit regtig te kan baasraak!

     
  2. skoor

    Maart 27, 2008 at 7:55 vm

    Man dis so eezee, ek moes dit ‘moerby’ genoem het! Belowe.

     
  3. Dellie

    Maart 27, 2008 at 9:19 vm

    Dis op vanaand se spyskaart. Noudat Seun nie hier is nie, kan ek en Liefie bone en lewer eet!

     
  4. Pikkelik

    Maart 27, 2008 at 1:52 nm

    Die worsies is ‘n bargain maar die bone werk nie met my gesin nie! Ek dink ek gaan net ekstra whiskey insit!

     
  5. boendoe

    September 26, 2008 at 12:18 nm

    Moreaand is dit Toskaanse bone op die strand. 😉

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: