RSS

Griddle pan tjops en anderster mash

28 Mar

As die griddle pan le en stof vergaar, en die aand le vaal voor jou uitgestrek, trek die pan nader, stof hom af, en skink ‘n lang glas – want hier kom ‘n ding.

0449581.jpg

Marineer tjops soos op die prent, in fyngekapte roosmaryn en Worcester sous.  As dit gedroogde roosmaryn is, maak fyn in die vysel en die stamper.  As jy nie ‘n vysel en stamper het nie, sit die vleis terug in die yskas, bestel pizza, koop more ‘n vysel en stamper, en begin weer.

Of gooi die roosmaryn in ‘n ziplock, en met die agterkant van ‘n dikboom glas, of beetslaai pot, probeer jy die roosmaryn in die ziplock fynkry, maar dit werk gewoonlik net goed met wanneer jy neute moet kleiner kry.

So doen maar die pizza.

Marineer darem so ‘n uur aan die vleis, en draai om dat die bo-kant kan onder le. 

Neem ‘n knoffelhuisie, en sny dit so fyn moontlik op.  Soos in puree, as jy kan.  Daai metode met die sout en die plat mes.   Anders, net baie fyn.

Neem ‘n blik keker ertjies, of beter bekend as chick peas, en ‘n blik botter bone, ook genoem butterbeans, en gooi ‘n skeut olyf olie oor hulle ruggies.  Nou vat jy ‘n blitzer, of ‘n bzzzzzit ding, daai met die blades wat fynslaan, en jy druk dit in die bone en erte in.  Gooi klein bietjie water by, want dit gaan ‘n stywe affering wees. 

As dit lekker fyn is, gooi die knoffel by, en lekker sout en peper.  Hierdie bykos moet reg gesout wees.  Nou blits jy weer met die lemme daar rond, net om die knoffel en die sout en peper deur te werk, en jy verhit dit in die mikro, of oor lae hitte in ‘n pan/pot/blikbord.  Kyk dat die samestelling soos mash lyk.  Dit is belangrik.

Ek sit vir griddel pan op die Cadac, en werk sy sake met die gas, sodat hy goed warm word en die lyntjies op die vleisie gaan laat.  Sit dan die tjops in, en braai beide kante tot na jou smaak.

Verwyder vleis uit die pan, gooi sout op en laat rus vir 5 minute, of terwyl jy die slaai en mash op die bord rangskik.  O ja, jy moet darem slaai ook maak.

En dan laat le jy ‘n tjoppie of drie oor die mash, in vreeslik dramatiese posisies, en slaan die asems weg van die mede-eters.  Want sulke lekker tjops en mash ken hulle nie.

Weereens ‘n Atkins dieet wenner, met al die proteiene.  Voor Platterfuss weer vra of ek werk skep vir Weigh Less!ispi039378.jpg

 
Lewer kommentaar

Posted by op Maart 28, 2008 in Lekker maklike kos

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: