RSS

Spaanse Afrika hoender met rys. In die mikrogolf.

01 Apr

bxp28191.jpgAs jy oorskiet hoender in die yskas het, of ‘n gaar, afgekoelde hoender, en die moed is laag omdat jy uit idees hardloop as dit verder as chicken mayo broodjies gaan, vrees nie verder.  Hier is ‘n eenskottel gereg, so uit die boonste kosblik!

Neem die oorskiet hoender (of maak ‘n paar stukke gaar, laat afkoel, en doen daarmee soos die resep verduidelik) en ontvel en ontbeen die vleis.

Gooi die vleis in ‘n dieperige glasskottel – lees gou die resep klaar, en sien hoeveel daar nog moet inkom, voordat jy die ou klein Pirexie nader trek…

Sprinkel ‘n koppie rys, of bietjie meer oor die mengsel, gevolg deur ‘n bietjie olie – ongeveer 25ml.

Nou neem jy ‘n pakkie hoender noedelsop, maak dit aan in 500ml water, en gooi dit in die bak.  Volg op met ‘n blikkie tamatie en ui mengsel.

Sny ‘n groen-, rooi- of geelrissie in repies (half rooi, half geel sal vreeslik mooi lyk), en kap ‘n huisie knoffel fyn op.  Gooi oor die mengsel.

Sprinkel sout en growwe swartpeper oor na smaak, en bedek met kleefplastiek.

Mikro vir 30 minute op 70%, of medium krag.  Na 30 minute trek jy die kleefplastiek versigtig af, en moenie jou gesig in die stoom druk nie, die vals wimpers val netnou in die kos!

Roer met ‘n vurk deur, en kyk of die rys al gaar is.  Indien nie, kyk of die vloeistof nog genoeg is, en mikro weer ‘n bietjie.

Roer ‘n blikkie ertjies deur vir die finale afronding, en sit voor.

Onthou, hierdie gereg is ‘n moer-by.  Jy kan altyd ook ‘n blikkie sampioene in water byvoeg (dreineer tog eers, hoor!), of chorizo wors in skyfies sny, en so 10 minute voor die kookproses moet eindig, byroer.

Sprinkel paprika oor, en sien hoe die eters kwyl…

 
2 Kommentaar

Posted by op April 1, 2008 in Lekker maklike kos

 

2 responses to “Spaanse Afrika hoender met rys. In die mikrogolf.

  1. Linda Van Reenen

    Junie 22, 2011 at 6:42 nm

    Ek is so moeg vir kook………….dankie vir nuwe idees!

     
  2. Skoor

    Junie 23, 2011 at 9:46 vm

    Plesier Linda. Maklik en in jou taal. Gaan mal!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: