RSS

It’s not on top anymore, it’s inside…

02 Apr

cremora_06.jpg melkpoeier yskastert 

500g sakkie Cremora melkpoeier
1 koppie yskaswater
2 blikkies kondesmelk
250ml suurlemoensap
1 pakkie tennisbeskuitjies

  • Gooi Cremora in mengbak.  Plug die klitser in en voeg die yskaswater by die melkpoeier wyl jy dit klits tot glad.  As jy nie yskaswater wil gebruik nie, moenie hier kom spoeg omdat die tert geflop het nie.  Voeg die kondensmelk ook by, en hou aan klits.

 

  • Voeg nou die suurlemoensap bietjie vir bietjie by.  As jy dit alles op een slag wil ingooi, moenie hier kom spoeg nie…  Neem jou tyd, so 10 minute, wyl jy lepel vir lepel suurlemoensap byvoeg, en aanhou klits.  Die mengsel raak nou lekker dik.

 

  • Pak tennisbeskuitjies in bak uit en skep mengsel bo-oop, en krummel beskuitjies bo-oor.   Jy kan ook die tennisbeskuit krummel vir die kors – dis up to you.  Sprinkel ‘n bietjie van die krummel bo-oor, of rasper tjoklit oor.  Verkoel so vir ‘n uur as jy die geduld het, en trek los….

 Hoe dit ook al klink, hierdie is potent met die kilojules.  Maar ons lewe net een keer, en what the hell, ons eet met oorgawe!

 
3 Kommentaar

Posted by op April 2, 2008 in Lekker maklike kos

 

3 responses to “It’s not on top anymore, it’s inside…

  1. Pikkelik

    April 2, 2008 at 4:00 nm

    Ek ken hierdie een goed, baie, baie goed. My skaal ken hierdie een goed, baie, baie goed!

     
  2. Adelene

    Oktober 26, 2008 at 7:00 nm

    Hi daar ek was nou winkel toe en het al die bestanddele gaan koop! Nou gaan ek die wenbeskuit van jou maak…hou duimvas..sal laat weet

     
  3. skoor

    Oktober 26, 2008 at 7:08 nm

    Ek sit vanaand by ‘n vuur met ‘n rib op!

    Jy beat my dus in die fluksheids afdeling!! Lekker bak🙂

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: