RSS

Chowder van patat

10 Apr

PATAT VERLEIDING o.b.a ‘Chowder’ vir Boendoe

 

250g Spek, opgesny in blokkies

1 middelslag ui, gekap

1 rooi soetrissie, in blokkies

2 groot soetpatats, geskil en in klein blokkies gesny

4-5koppies hoender of groente aftreksel

1 blik mieliepitte – nie die room tipe nie

1 koppie melk

½ teelepel sout

Gekapte koljanderblare, of alternatiewelik pietersielie

 

– Braai die spek tot lekker bruin, en gooi die meeste vet af.  Gebruik ‘n diep pot

   vir hierdie oefening. 

– Voeg die ui en soetrissie by, en braai verder tot sag. 

 – Voeg die patats en die aftreksel by, en kook tot die patat sag is.

 – Gooi die mielies in, gevolg deur die melk en sout. 

   Laat prut stadig vir 5 – 10 minute 

Meng ‘n bietjie gekapte koljander of pietersielie in net voor opdiening.

 

Bedien met Quesadillas wat gemaak word van 2 tortillas wat warm gemaak is, en gerasperde kaas, gekapte chillies en koljanderblare tussen die 2 wraps kry, en dan soos ‘n pizza gesny.  Of roosterbrood met knoffel gevryf – altyd ‘n wenner!

 

Dankie Boendoe vir die verwysing na die webwerf vol ingelse kos

 

 
2 Kommentaar

Posted by op April 10, 2008 in Lekker maklike kos

 

2 responses to “Chowder van patat

  1. Pikkelik

    April 11, 2008 at 1:57 nm

    Hi Skoor, lyk my ek is al een wat aan daai, ‘weet-wragtig-nie-wat-om-te-maak-vir-ete’ siekte lei…. Ek is altyd eerste hier. Die patats lyk heerlik, die het ons darem vollop hier in die tuin. Gaan hom die naweek probeer…

     
  2. boendoe

    April 11, 2008 at 6:39 nm

    Hei, Pikkie, jy sallie verkeerd gaan nie! Dis voorwaar koningskos!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: