My liewe antie Merie stuur vir my ‘n ton resepte per epos. Ek moet dit deurkyk, en dan plaas na goeddunke. Antie Merie is ‘n besige vrou, ek ook. Maar soms kan ‘n ou maar ‘n tydjie opsy sit om reseppies deur te gaan – maak tog asb net seker jou maag is vol, want resepte lees, is soos shopping sonder brekvis onder die ribbes: fataal!
Die Noedelslaai wat jy altyd by iemand anders eet en wens jy kon die leftovers huis toe vat…
Neem een pak (500g) skroef- of skulpnoedels en kook soos jy pasta sal kook.
Kap ‘n kleinerige ui baie fyn, en sny ‘n groenrissie (greenpepper) in pikante klein blokkies. As jy ‘n oortuigde avonturier is, neem ‘n halwe huisie knoffel, maak dit so fyn dat jy nie dit kan identifiseer nie, en gooi by die ui en rissie – meng deur.
Gooi die pasta in ‘n glas of plastiek houer – nie metaal, chemiese reaksies sal plaasvind met die bestanddele, en die volgende oggend het jou voortande dalk uitgeval van proe aan die kos!
Gooi die rissie, ui, en knoffel by, en meng deur.
Neem, meet, en voeg bymekaar in ‘n aparte mengbakkie: 125ml asyn, 200ml witsuiker, 250ml tamatiesous, 125ml sonneblom olie, 25ml matige kerriepoeier, ‘n paar druppels Tobasco.
Meng deur tot die suiker nie meer ‘kirts’ onder in die mengbakkie nie, en giet oor die noedels.
Bedek met kleefplastiek, en luister nou mooi: laat staan vir ten minste 24 uur. En roer die slaai so ‘n keer of wat gedurende die wagtyd.
Val weg en eet jou eie slaai, en eet jou eie leftovers, en lek die bak met jou vinger uit.
O, Vernon Koekemoer sou chillies ingekap het. Ek sou ook. Sal jy?
boendoe
April 15, 2008 at 2:16 nm
Jy meen dis DAAI pastaslaai? Baie dankie!
boendoe
April 16, 2008 at 10:29 nm
Ek moet dit net amptelik beken: DAAI pastaslaai is die beste ding wat ek nog op jou blog gekry het. Ek vreet my siek daaraan. (en 24 uur is nog nie verby nie)
Skoor
April 17, 2008 at 9:24 vm
Vanaand maak jy die bone en pasta sop, en jou week is volmaak. Veral omdat jou hartjie so lam is – dit sal alles kickstart (mits jy chillies insit)
Pluim
Januarie 8, 2010 at 7:23 nm
Dankie vir jou lekker resep. Ek het hom klaar gemaak en dit smaak lekker. Het hom nog nie laat staan nie.
Skoor
Januarie 11, 2010 at 3:54 nm
Welkom Pluim! Teen die tyd is dit seker darem al op 😆
rene
Februarie 17, 2010 at 8:58 vm
baie dankie, slaai klink lekker – soek pasta/noedselslaai wat ek vir 120 atlete kan gee, dag voor deelname> Hoender
stukkies byvoeg?
Skoor
Februarie 17, 2010 at 9:15 vm
Ja, hoenderstukkies met baie witsous sal perfek werk.
Jy kan selfs ertjies en spek ook ingooi – so ‘n knars soet tussen die hoender en pasta is altyd ‘n treffer.
Maar hierdie slaai met hoenderstukkies in sal net so goed werk!
Jennie
Junie 23, 2011 at 12:19 nm
Het die slaai eenmaal gemaak vir familie braai. Nou wip almal hulle as ek iets anders daar aanbring.
Kotie
September 24, 2011 at 7:02 nm
Ag dankie tog my resep het voete na my dogter toe gekry en daar gelby!!!
nou kan ek weer my slaai maak – maar is dit dan slaai?
Skoor
Oktober 14, 2011 at 11:53 vm
Jennie, jy het ‘n president geskep – jy sal maar moet aanhou.
Kotie, natuuuuurlik is dit slaai. Enigiets sonder skaapvleis, beesvleis of vark is slaai! 😆
Jenny
November 22, 2011 at 3:29 nm
Hi! Hoeveel mense kan hieraan eet? Ek moet vir 25 mense maak, so 3x aanmaak?
Skoor
Desember 20, 2011 at 2:23 nm
Nee Jenny, ek het nie ‘n clue hoe groot eters jy voor moet kosmaak, en hoeveel ander kosse daar gaan wees nie. Maak een batch, en eye hom so voor jy besluit.
Trudie
Januarie 23, 2012 at 8:14 nm
Ek wil die slaai maak vir ons personeel by die skool maar weet van ‘n hele paar wat nie groenrissie en knoffel eet nie! Sal dit die smaak beinvloed? Gaan hoenderstukkies en witsous byvoeg. Klink dit reg?
Skoor
Januarie 30, 2012 at 9:02 vm
Nee los die hoender en witsous. Dis ok as jy die knoffel en groenrissie laat staan, die smaak gaan netnie so potent wees nie.
Lekker kook!
Adelle Van Wyk
Februarie 8, 2012 at 12:01 nm
Kan ek die slaai in ‘n bottel saamvat bos toe? yskasplek is maar min- moet darem ook ‘n paar koue biere inpak 😉
Skoor
Februarie 9, 2012 at 11:13 vm
Natuurlik! En na so ‘n paar biere gaan jy nie worry as die slaai gis nie 😆
Geniet.
Bianca
April 24, 2012 at 11:09 vm
heerlik!
marinda
Februarie 4, 2013 at 6:26 vm
Eks mal oor kos maak en versamel resepte en d noedelslaai resep sal ek nie diep bere nie want ek gaan hom gereeld maak.
Tersia
Julie 4, 2013 at 3:32 nm
Skoor die resep klink baie lekker, maar ek is onseker oor die metode om dit te bottel. Kan jy help met instruksies?
Skoor
Julie 5, 2013 at 8:46 vm
Tersia, gesteriliseerde flesse is al wat jy benodig. Skep die slaai daarin, en eet wanneer die geit jou pak!
Belinda
September 19, 2013 at 11:50 vm
Skoor sê my whats up met die 24h storie. Is jy nou serious? Moet dit regtig rus vir 24 uur? Ek sali kan waggie!
Skoor
September 19, 2013 at 3:51 nm
Belinda waaroor moun jy? Maak 2 batches en hou een vir 24uur en sien self of ek gejok het dat dit beter smaak!!!
lynette
Februarie 1, 2016 at 1:52 nm
Ek het altyd my slaai ook op die manier gemaak . behalwe dat my sous gedeelte was knorr se Italian dressing salad…njam
Rika
November 22, 2016 at 5:28 nm
Hi, baie dankie vir die heerlike resep. Vie hoeveel persone is die slaai genoeg. Indien ek die slaai wil maak vir 35 mense – hoeveel keer moet ek dit aanmaak?
Anet le Roux
November 7, 2017 at 6:39 vm
Kan hierdie pastaslaai gevries word?
Ansie
Desember 18, 2017 at 11:32 vm
Was vir naweek by Weesgerus. Die slaai was oggend, middag en aand op tafel. Kon nie genoeg hiervan kry