RSS

Pasta & Bone Sop (vir hartseer dae of koue aande)

16 Apr

Hierdie is die minste moeite vir die lekkerste lekker wat jy ooit gaan raakloop.  En terwyl dit kook, kan jy terugsit voor die TV, of in ‘n boek verlore raak.

Sny ‘n medium grootte ui in blokkies, en braai tot glasig in olyfolie – gebruik ‘n pot wat plek het!  Keer ‘n blikkie heel tamaties, of gesnyde tamaties, of gemokerde tamaties om op die ui, en spoel die blikkie 2x uit met water, wat by die tamaties gevoeg raak!  Gooi 2 teelepels Ina Paarman hoenderaftreksel poeier by, of ‘n blokkie hoender aftreksel, of as jy nie het nie, los dit!

Sit die deksel op en laat die tamatiepitte rondspring in daai soppie.  Na sowat 20 minute, haal die deksel af, en gooi 3 fyn gesnyde knoffelhuisies by – fyn gesny, nie gekap, die knoffel moet gesien word in die dis!  As jou naam Skoor is, is dit ook net hier wat die chillies inkom…

Neem ‘n aartappel fyndrukker, en druk die tamaties (as dit heel was) stukkend.  Kook vir 10 minute sonder deksel, en terwyl dit gebeur, kan jy kruie soos tiemie of oreganum byvoeg, asook sout en swartpeper.

Neem ‘n blik botter bone, en ‘n blik Barlotti bone.  Of ‘n blik enige bone – hier word nie gewroeg oor dit of dat nie, hierdie is ‘n moerby resep!  Dreineer, en voeg by die tamatiesop.  Gebruik weer die aartappel fyndrukker, en druk omtrent ‘n derde van die bone fyn – die sop verdik dadelik, en die geur van die bone word lekker ingeprut in die sop.

Neem nou ‘n koppie pasta – ek het pasta raakgeloop wat soos ‘n strooitjie lyk, wat in 5mm stukkies gesny is.  Dit werk soos ‘n bom.  Maar alfabet pasta is ook ‘n treat, veral met die klein mensies wat saam eet.  Solank dit nie groot pasta is nie – as jy gladnie klein pasta kry nie, breek spagetti in klein stukkies op.  Gooi die pasta in die sop, sit die deksel op, en laat prut tot die pasta gaar is.

Roer ‘n teelepel suiker in, en ‘n teelepel suurlemoen sap.  Bedien met growwe brood, en bere bietjie vir more se middag ete.  Dis dood-eet-lekker!

 

 
2 Kommentaar

Posted by op April 16, 2008 in Lekker maklike kos

 

2 responses to “Pasta & Bone Sop (vir hartseer dae of koue aande)

  1. boendoe

    Mei 5, 2008 at 2:02 nm

    Ek wens ek kan van die dakkie af skree vir almal wat nie weet nie: hierdie sop is ‘n MOET!!! Ek het dit nou al hoeveel keer gemaak, en ek kan nie ophou vreet nie!
    Gelukkig het ek nou alfabetpasta en daai klein, fyn noedeltjies gekry om die sop mee te vervolmaak!

     
  2. Skoor

    Mei 5, 2008 at 2:12 nm

    Nou ja toe, mrs V, sien tog dat ek vir jou reseppies vir daai spinasie wat nog gaan gebeur, ook bymekaar gesit het. Dink net hoe sal daai in julle bospub afgaan.

    Dankie vir die terugvoer – altyd lekker om iets positiefs te lees.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: