RSS

Beskuit, beskuit, my blikke is leeg.

17 Apr

Ek sien op die search engine terms van die blog, mense is naarstiglik op soek na resepte vir beskuit.  Seker die koue, elektrisiteitslose oggende wat hierdie reaksie uitlok, of die feit dat die prys van ‘tuisgebakte beskuit’ die lug ingeskiet het.  Ek was verstom toe ek noudie dag by die beskuit rak stilstaan, en die pryse sien!

Daarom deel ek nog ‘n wenresep uit die Skoor kombuis – dis lekker min moeite, en die resultate is heerlik.

BRUISMEEL-KONDENSMELK-BESKUIT  

1.5 kg Bruismeel                               
250 g Margarien
200 g Suiker (250ml)                          
1 blik Kondensmelk (397g)
10 ml Sout                                         
1.5 – 2 Kondensmelkblikke water (of meer)
15 ml Anys                                          

Sif droë bestanddele goed saam. Voeg anys by en meng.

Vryf margarien met vingers in tot soos broodkrummels lyk. Maak holte in middel van mengsel en gooi kondensmelk en water by. Meng goed om stywe deeg te vorm. Maak bolletjies en plaas in gesmeerde pan.

Bak in oond van 180°C vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel, verdeel en droog in louwarm oond.  

 <><><>  

SEMELBESKUIT  

5 X 250 ml Semels                           
500 ml Suiker
1kg Bruismeel                               
1 x 500 ml Karringmelk
7.5 ml Sout                                    
 85 ml Olie
500 g Margarien  

 Verhit oond tot 180°C. Meng semels, meel en sout saam.

Smelt margarien en voeg suiker by. Roer die olie by en laat afkoel. Roer karringmelk by. Meng met die sout en droë bestanddele tot goed gemeng.

Bak in ‘n gesmeerde oondpan vir 1 uur. Laat afkoel, breek op of sny in  stukkies. Droog uit.

 
37 Kommentaar

Posted by op April 17, 2008 in Lekker maklike kos

 

37 responses to “Beskuit, beskuit, my blikke is leeg.

  1. Pikkelik

    April 17, 2008 at 12:36 nm

    Dankie tog skoor!!!!!!!!!! Jy red 4 lewens… Lekker dag!😆

     
  2. Nikita

    April 17, 2008 at 9:58 nm

    Ja, Dankie!! As jy ooit eendag iets vla-erigs blog…blog tog asseblief ‘n foto van ons vla-blik in SA ook…ek het 50 bl van google deurgegaan…ONsuksesvol! Wou vir ‘n Amerikaner wys hoe dit lyk…die Engelse se “birds”-vla is JIGGIE… kom nie NABY ons vla nie!😉

     
  3. Skoor

    April 18, 2008 at 8:50 vm

    Nikita, wanneer laas was jy in SA? Alles is nou dose. In dose, bedoel ek! 🙂

    Maar ek belowe jou, ek gaan met my sel vir jou ‘n vla doos snep, en dit vir jou email. Ek onthou so ‘n ronde, plastiek houer waarin vla ook eens verkoop is.

    Deesdae koop mens in elkgeval klaargemaakte vla – ook in ‘n doos.

    Die ingilse maak mos hulle eie vla met melk en eiers, jong. Kyk bietjie vir daai resepte op BBC Food se site. Ek is seker jy sal dit daar kry.

    Pikkelik, jy kan altyd sonneblom sade en sesam sade en lynsade ook ingooi by die tweede beskuit resep. Lekker heilsaam.

     
  4. Christine Nel

    Mei 22, 2008 at 9:40 vm

    Skoor ek soek ‘n beskuitresep wat met kitssuurdeeg gebak word. Soos boerbeskuit. Anys en soet. Help seblief

     
  5. Alan Bridgett

    Julie 19, 2009 at 11:57 vm

    what is the english for “semels”?

    Please e mail reply

     
  6. skoor

    Julie 19, 2009 at 1:37 nm

    Digestive Bran

     
  7. Wilma

    Augustus 9, 2009 at 12:41 nm

    Is daar dalk iewers ‘n rogmeel beskuit resep.

     
  8. Riana

    Augustus 10, 2009 at 12:59 nm

    Ek soek naarstig saam met Wilma na ‘n rogmeel (100%) beskuitresep asook ‘n broodresep van 100% rogmeel.
    (Allergie vir koringprodukte)

     
  9. Skoor

    Augustus 18, 2009 at 11:19 vm

    Wilma en Riana, ‘n wonderlike vrou het my geantwoord nadat ek op egafrikaans raad gevra het, maar ek het haar naam verloor.

    Sy skryf dat sy die meel soos voorgeskryf in die resep, eenvoudig met rogmeel vervang, en heerlike beskuit so bak.

    Hoop dit help. En dankie weer vir die ‘naamlose’ heldin!

     
  10. Adri Verster

    Augustus 24, 2009 at 8:11 nm

    Ek is ook naarstiglik op soek na ‘n rogbeskuitresep. Ek het nou al rogmeel en sojameel gekoop, maar weet nog nie presies hoe om dit in ‘n resep te gebruik nie.
    Kan iemand my groot ASSEBLIEF help?

     
  11. Skoor

    Augustus 25, 2009 at 8:05 vm

    Adri, lees asb. my kommentaar by nommer 9, net bo joue.

     
  12. Adri

    Augustus 25, 2009 at 8:38 vm

    Dankie vriendin. Nou wonder ek net, sal ek ‘n resep soos vir karringmelkbeskuit so kan aanpas? Ek gebruik nie suurdeeg nie, maar bruismeel. Dan sal ek seker net meer bakpoeier moet gebruik?

     
  13. Skoor

    Augustus 25, 2009 at 8:51 vm

    Nee Adri, jy is vanoggend hopeloos te tegnies vir my! Ek plaas resepte soos ek hulle gebruik, maar ek is dom met die aanpas en eksperimentele fase.

    Lyk my egter jy weet van. Miskien moet ek jou as adjunk aanstel, sodat jy al die variasies kan beproef en deurgee!

    Lekker bak😆

     
  14. Adri

    Augustus 25, 2009 at 10:14 vm

    Lyk my ek sal maar met “trial and error” moet probeer regkom! Dalk kan jy verkondondig dat ek in sulke soort beskuit spesialiseer (ek is maar net ‘n leek, nie gegradueer nie), maar die diabeetbeskuit wat ek tot dusver gebak het, kry groot aftrek. Dis nou net die koringvry wat ek moet regkry!
    Dankie dat jy gereageer het.

     
  15. Skoor

    Augustus 25, 2009 at 11:51 vm

    Adri, het jy ‘n blog? Of wil jy die diabeet beskuit met my deel sodat ek dit op die blog kan sit?

    Laat weet hoe die trial & error gerys het…

     
  16. Adri

    Augustus 25, 2009 at 3:35 nm

    Hallo Skoor.
    Nee, ek het nie ‘n blog (te dom daarvoor).
    Gee my net kans om my resepte fyn af te rond en te “vervolmaak”, dan deel ek dit met jou op jou blog.
    Behoort so teen die einde van volgende week te wees.

     
  17. Skoor

    Augustus 25, 2009 at 3:54 nm

    Ek wag geduldig Adri.

     
  18. Maureen

    Februarie 12, 2010 at 9:43 vm

    Kan iemand my dalk help met die resep vir ‘n aartappelsuurdeegplantjie?
    As ek reg onthou, kry ‘n mens dit aan die gang met kitssuurdeeg..
    Is dit sout of suiker wat jy byvoeg?

     
  19. Skoor

    Februarie 12, 2010 at 9:47 vm

     
  20. Maureen

    Februarie 12, 2010 at 9:50 vm

    Man! Dankie Skoor! Jy’s my hero! 🙂

     
  21. Skoor

    Februarie 12, 2010 at 9:51 vm

    Nie te danke. lees net die hele comment lys deur – daar is vele opinies. En dan vat jy wat jou geval.

    Groete

     
  22. Maureen

    Februarie 12, 2010 at 11:18 vm

    Nog ‘n navraag:
    Ek soek letterlik dekadeslank na die resep vir HOL vetkoek.
    Het dit in die sewentigs in die Kalahari gebak.
    Ek vermoed ons het brooddeeg gebruik.
    Ta in diep olie – HOL UITGEKOM.
    Gevul met maalvleismengsel of fyn hoendermengsel.
    Groetnis

     
  23. Skoor

    Februarie 12, 2010 at 11:40 vm

    Maureen, jy toets my vandag, maar ek moet erken, ek is goed, maar nie so bleddie goed nie!

    My raad: Hou ‘n lee blikkie. Bak ‘n vetkoek. Pons met daai blikkie ‘n gat. Vur hom. Eet hom!!!

    Laat my dink aan toe ons nog klein was. In die Kalahari Gemsbok park loop koop ons kinders eendag uit pure verveeldheid, ‘n KALAHARI VETKOEK. Ai, as Jamie Uys ‘n kamera byderhand gehad het toe daai vetkoek oor die winkeltjie se onderdeur na ons aangegee word, sou hy toekennings kon wen met ons gesiggies!!!

    10 mense het daarvan geproe. Dit was ‘n vetkoek so groot soos ‘n VW Beetle se blink wieldop. Gevul met steak, spek, eiers, tamaties, wors, blatjang, kaas en seker nog hope ander dinge.

    Jimmel, ‘n Kalahari Vetkoek moet ek eintlik re-konstrueer!

     
  24. Dorlene Terblanche

    Februarie 22, 2010 at 8:22 nm

    Maureeen, sover ek weet rol jy die brooddeeg met ‘n koekroller en sny in blokkies en bak in olie, dan behoor dit hol te wees. Ek het dit lank gelede gesien en toe gevra hoe hulle dit regkry, en dit was die antwoord aan my.

     
  25. Elle

    Maart 13, 2010 at 7:36 nm

    Hier is n resep…

    1 kg (2 1/4 pounds) white bread flour
    1 cup sugar
    1 teaspoon salt
    1 packet instant yeast
    1 litre lukewarm water (1 quart)
    Vegetable oil for deep frying

    METHOD

    In a large dish mix flour, sugar, salt and yeast together.

    Slowly add lukewarm water and stir. Combine until dough pulls away from sides of bowl.

    Cover with greased kitchen paper, put in warm draft-free place, and allow to double in size.

    Heat enough vegetable oil for deep frying.

    Fill another dish with cold water and place next to your vetkoek dough.

    Wet your hands in cold water before breaking off a piece of dough, rolling it into the shape and size of a tennis ball and carefully lowering it into hot oil. You can easily do five or six vetkoek at a time.

    Allow to turn golden brown on all sides by frequently turning. Remove from oil and drain on kitchen paper.

     
  26. Herman Ebersohn

    Augustus 21, 2010 at 9:55 vm

    Vir die van die ongelukkiges wat alergies is vir gewone meel, kan jy dit gerus met rogmeel vervang. Onthou net dat suurdeeg resepte net suksesvol werk as die gluten inhoud van die meel hoog genoeg is;- ‘n probleem as jy rogmeel gebruik. Probeer dus eerder resepte wat bakpoeier bevat. Indien jy nie alergies is nie en bloot van die smaak van rogmeel hou, kan jy helfte broodmeel en helfte rogmeel gebruik. Laat dit net ‘n bietjie langer rys. Dit help ook om die suurdeeg met ‘n kwart te vermeerder.

     
  27. Skoor

    Augustus 23, 2010 at 8:27 vm

    Dankie vir die tips Herman!

     
  28. Marina le Roux

    Oktober 5, 2010 at 8:59 vm

    Goeiedag. Ek moet dringend vir ‘n groep oumense diabetiese beskuit bak. Het jy dalk ‘n lekker ekonomiese resep.

    Groete
    Marina

     
  29. Skoor

    Oktober 5, 2010 at 9:19 vm

    Nee jammer Marina, hier val ek heel uit die bus uit!

     
  30. Toly Tucha

    Februarie 3, 2011 at 8:39 nm

    Herzlichen Dank, jetzt endlich habe ich dies begriffen

     
  31. Adri Verster

    Februarie 3, 2011 at 9:26 nm

    Stuur vir my jou e-posadres, dan kan ek jou dalk help met diabeetbeskuitresep.
    Sukkel nie meer om glutenvry te bak nie, dit kos heeltemal te duur.

     
    • Gerhard

      Maart 15, 2011 at 4:20 nm

      Ek is op soek na die Diabeet beskuit resep met bruinbrood meel asb.

      Baie dankie

       
      • Marina le Roux

        Maart 16, 2011 at 8:55 vm

        Sien uit na die resep. Baie dankie.

         
  32. Skoor

    Maart 16, 2011 at 8:26 vm

    Gerhard, ek kan jou ongelukkig nie help nie – ek het nognie op so ‘n resep afgekom nie.

    Adri, jy kan die resep stuur aan skoorbek@gmail.com, en ek sal dit plaas – miskien kan dit vir Gerhard help.

     
  33. Natásja Keyter

    Maart 1, 2012 at 10:27 vm

    Hi ek opsoek na diabetiese koekie resepte en diabetiese beskui5 resepte. Kan iemand my dalk help asb? Ek is self ń diabeet.

    Groete
    Natasja

    NB: Sal dit waardeer as iemand my kan uithelp met die resepte en ek sien uit daarna.

     
    • Skoor

      April 8, 2012 at 7:51 nm

      Ek hoop iemand het jou al te hulp gesnel Natasja?

       
  34. Nic Bester.

    September 26, 2012 at 2:58 nm

    Ek is opsoek na n resep vir anys beskuit. Kan iemand dalk help asb.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: