RSS

Warm Hoender o.b.a Chicken Tikka

21 Apr

1kg hoenderbors filette

1 eetlepel fyngemaakte gemmer

1 eetlepel gekapte knoffel

1/2 eetlepels fyn koljander

1/2 eetlepels fyn komyn

die sap van ‘n suurlemoen

1/2 teelepel garam masala

1/2 teelepel chilli poeier

100ml ongegeurde yoghurt

1 pakkie/blikkie tamatiepuree

1 eetlepel varsgesnyde chillies (opsioneel natuurlik)

 

Gooi al die bestanddele, behalwe die hoender, in ‘n houer en meng dit saam.  Neem kleefplastiek, en sit die filet op ‘n houtbord.  Sit die gladwrap bo-oor, en slaan die filet met ‘n glasbottel platter (dit is ook die manier om schnitzels te moker).  Doen dit met al die filette, en sit ‘n filet onder in ‘n glasbak, gevolg deur marinade, gevolg deur ‘n filet en so gaan jy aan die bou tot alles in die bak is.

Bedek met kleefplastiek, en marineer oornag.  Braai die filette in ‘n griddle pan, of op die kole, en bedien as ‘n hoender burger, of saam met slaai.

Bekbrand lekker!

 
Lewer kommentaar

Posted by op April 21, 2008 in Lekker maklike kos

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: