RSS

Kole toe: ontbeende, gemarineerde lamsboud

23 Apr

As jy soos Skoorlief, sukkel met die skaapboud konsep, en eerder wegle aan ‘n rugtjop, dan is hierdie resep vir jou.  Met die verskillende geure wat jy bymekaar gaan voeg is dit verseker ‘n ongewone manier om jou skaap/lam te eet, maar hey, 20 jaar gelede het ons nie gedroom van resepte op die internet nie, ne!

Vra die slagter om die boud te ontbeen, of as jy ‘n eienaar van ‘n behoorlike mes is, kan jy die taak self aanpak.  Ek het met die eerste ontbeningspoging ‘n vinger so byna die ewigheid in gesny, maar nou is ek al heel fluks.  Hou net al teen die been langs – dis tog immers die deel wat jy uit wil he! 

In ‘n vysel en stamper, of ‘n elektriese koffiemeultjie:  ‘n lepel growwe sout, paar swartpeper korrels, 1 nealtjie, ‘n lepel koljander korrels, ‘n lepel komyn (jeera), ‘n teelepel gedroogde chillies, ‘n teelepel borrie, ‘n teelepel gedroogde roosmaryn. 

Met ‘n lepel bedoel ek so 5 gelyk teelepels, maar teen die tyd is ek berug vir my onvermoens as dit by die weergee van mates kom.  As iets te veel is, fear not, hierdie resep raak eintlik beter met meer…

Kap dit baie fyn, of zzzzitts dit deur die elektriese opsie – growwe sout by enige speserye vergemaklik die grinding of the spices – onthou dit.

Neem 2 klein houertjies ongegeurde yoghurt (Bulgaars.  Maar vir ekstra punch werk die Griekse een met sy botter en volroom smaak ook goed), en meng die fyngemaakte geure daarin.  Sit die ontbeende boud in ‘n plastiek of glashouer (metaal kan ‘n reaksie met die bestanddele he, en jou tande laat uitval, of jou naels laat omdop) en druk die sap van 2 suurlemoene oor die vleis uit, gevolg met ‘n gesmeerdery van die yoghurt- en fyngeurmengsel.

Laat staan vir 24 uur, en draai in die tyd die vleis darem om, en sorg dat die marinade oral gaan le.

Maak ‘n lekker vuurtjie.  Oor matige kole braai jy die oopgevlekte vreemdheid tot op die gaarte wat jy verkies, en bedien met ‘n rooiwyn.  Dit kan maar ‘n swaar enetjie ook wees, die geure van die vleis komplimenteer ‘n gewigtige druifsap perfek!

 
8 Kommentaar

Posted by op April 23, 2008 in Lekker maklike kos

 

8 responses to “Kole toe: ontbeende, gemarineerde lamsboud

  1. Pikkelik

    April 23, 2008 at 2:38 nm

    Mynick haat vleisbraai – can you believe it – maar sal ek dalk die outjie so teen 180 grade in die oond kan sit, of miskien in my Dovertjie?

     
  2. skoor

    April 23, 2008 at 4:28 nm

    Nee. Dan sal ek ‘n ander marinade doen – hierdie een gaan nie werk nie. Gee kans, ek sal iets uitwerk vir jou. Vir die Dover natuurlik.

    Blikemmers, my stoof staan in die garage en die misklike paliteit kry nie my huisplanne goedgekeur nie.

    Of ek gaan jou vertel van hoe mens braai. Want dis een te veel dat ‘n man nie hou van braai nie, maar met ‘n vrou se hanne is daar mos niks verkeerd nie!!!

     
  3. Pikkelik

    April 23, 2008 at 4:30 nm

    Slim plan – dankie Skoor 🙂

     
  4. Wipneus!

    Mei 3, 2008 at 2:52 nm

    Ja ek sien ook uit na die een in die Dovertjie!! Hoe lus kry ek al 😆

     
  5. Pikkelik

    Mei 3, 2008 at 3:03 nm

    En ek wag, en ek wag, en ek wag….

     
  6. skoor

    Mei 5, 2008 at 8:30 vm

    Okay, jou Dover marinade gaan bestaan uit:

    Jou ontbeende lamsboud, oopgegooi in ‘n plastiek houer. Sny ‘n groot ui in baie dun skyfies, en strooi dit bo-oor. Kap ‘n huis of 4 knoffel fyn, en gooi ook in. MOENIE GEKOOPTE CRUSHED GARLIC GEBRUIK NIE. DIT IS ‘N EUWEL EN STINK MEER AS OU VOETE!!!!!

    Neem ‘n halfkoppie olyfolie, ‘n eetlepel Worcester sous en ‘n skeut sesame olie. Sit dit eenkant.

    Sny ‘n suurlemoen deur, en drup die sap oor die vleis. As dit klein suurlemoene is, gebruik twee.

    Sny ‘n vars takkie roosmaryn baie fyn, of neem gedroogdes, en maak fyn (die gedroogde soort re-hidreer nie, en is nogal hinderlik as jy dit kry op die vleis wanneer jy eet – varses werk altyd beter, maar as jy nie het nie, maak fyn)

    Gooi nou die oliemengsel oor, gevolg deur die roosmaryn, en laat marineer vir ten minste 24 uur. Draai dit intussen om en sorg dat die uie bietjie aan die ander kant ook le.

    Nou sit jy dit in jou kleipot/oondbak, en Dover hom die heerlikheid in. Jounick sal dit like!

     
  7. Pikkelik

    Mei 5, 2008 at 11:23 vm

    Ag baie dankie, dit gaan nou sommer net betyds wees vir Sondag. My Pa se verjaarsdag!!!

     
  8. Skoor

    Mei 5, 2008 at 12:35 nm

    Geniet – onthou tog die sout en peper na smaak. Dis iets wat ek altyd vergeet om te se.

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: